Markus 12:18-27 “God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. ...” (:27). Is dit nie ironies dat daar verwys word na Abraham, Isak en Jakob wat alreeds gesterf het en dit dan pertinent gestel word dat God nie ‘n God van dooies is nie, maar van lewendes? Die feit dat al drie hierdie manne reeds oorlede is, is nie al wat hulle in gemeen het nie. Hierdie drie manne was erfgename van God se beloftes. Hierdie drie manne was manne wat in God en in Sy beloftes geglo het.
MNR. HUGO BOS: "ONS SAL BLY VEG TEEN HIERDIE VERVAL"
Op Saterdag 10 Maart het die Christelike organisasie Civitas Christiani 'n vreedsaam protes gehou in die stad Nijmegen, teen die klerebedryf Suitsupply wat homoseksuele uitings dmv. reklame propageer. Omdat Civitas Christiani se siening is dat die huwelik bedoel is vir 'n man en 'n vrou is die deelnemers in hulle gesig gespoeg en het die vuilgoed met reënboogvlae gewapper. Hulle kon dit kennelik ongesteur doen want die polisie het nie gehelp om dit te voorkom nie.
Nav die protesdemonstrasie het ons 'n insiggewende vraaggesprek in die Nederlands gehad met die woordvoerder mnr. Hugo Bos.
Die AVP plaas graag hierdie brief van mnr. MEINHARD PETERS ter beskaming van professionele en amateur joernaliste wat terwille van die gees van die tyd, artikels skryf en plaas sonder om die waarheid en werklikheid in aanmerking te neem. In belang van hulle inkomste neem hulle deel aan klimaatskepping, ongeag die gevolge daarvan!
Die AVP heg ook inligting wat soos in mnr. Meinhard se skrywe vermeld word, vrylik beskikbaar is om aan te dui hoe bedenklik die media se omgang met die waarheid geword het as hulle sonder grense, grense van welvoeglikheid, waarheid en werklikheid begin opereer binne die beleid en raamwerk van die vyande van die Afrikanervolk. Die doel? Onteenseglik die bevordering van die oogmerke van ons vyande. Die gevolg? Reeds dit wat rondom u waarneembaar is in vergelyking met voor 1966!
12 April 2018
Aan: Die Bestuur van Afrikaanse Programme, SABC
Afskrif: RSG-Nuuskantoor.
Geagte Bestuur,
Oor die afgelope dae het u daagliks omstandig berig oor die afsterwe van mev Winnie
Mandela, die gewese gade van Nelson Mandela. Ons het die volgende waargeneem:
Die naÏwiteit van georganiseerde landbou wat ons boeregemeenskap voorgaan en lei in gesprekke, onderhandeling en samewerking met die swart kommunistiese terroristebende wat die regime van die “Nuwe Suid Afrika” verteenwoordig, laat ‘n mens ineenkrimp van verbystering! Het daar dan géén nugterheid by die huidige boeregemeenskap oorgebly terwyl daar legio geskrifte van kundige Afrikanerleiers en die hele Afrika as voorbeeld en aanskouingsles beskikbaar is.
Het omstandigheid ons lewens-en-wêreldbeskouing en gelouterde beginsels en suksesvolle beleidsrigtings só vertroebel dat nugterheid nou plek gemaak het vir selfvernietiging? SOU ORANIA DR. VERWOERD SE OPLOSSING GEWEES HET?
Ons volk moet die koers weer helder sien. Terug geroep word van die dwaalweë wat heers.
Die Volkslaer moet weer getrek word om die magte wat ons ondergang bedreig te oorwin.
VRYHEID is n GODGEGEWE REG van elke volk. Niemand is gebore om ‘n ander se slaaf te wees nie. Laat ons weer die draers wees van hierdie Heilige ideaal. Laat ons weer uitroep:
Die Afrikaner wil en gaan niemand se slaaf wees nie!
Númeri 22:1-41
“Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.” (:34).
Die gelese gedeelte val ‘n mens soms vreemd op. Daar word ‘n gesantskap na Bíleam gestuur en hy trek nie sommer net met hierdie mense op versoek van koning Balak weg nie. Hy raadpleeg eers die HERE in die saak waarin hy uitdruklik deur God verbied word om saam met hulle te trek. Koning Balak stuur egter weer ‘n gesantskap na Bíleam en hierdie manne was meer en aansienliker as die eerstes.
Malema se uitdaging van die wet oor oproerige byeenkomste, waaronder hy gedagvaar is dat hy sy volgelinge opgesweep het om grond te beset, is ‘n tipiese Britse uitoorlê taktiek om die aandag af te trek van die feit dat daar reeds op die hoogste vlak van die regime aangedui is dat die Afrikanervolk se grond gevat gaan word, en dit sonder enige vergoeding!
Die foefie van grondwetverandering is ewe-eens om die stemvee by wie verwagtings geskep is, in bedwang te hou tot na die verkiesing volgende jaar. Dit is in die Britte en Amerikaners se belang dat Ramaphosa, hulle handperd, dan verkies moet word! Archive cnx