1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5310703

Besoekers aanlyn

Ons het 69 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GRONDBESETTING SONDER VERGOEDING IS ONWETTIG!

Grondgryp in WitwatersrandLees hierdie berig wat in die Beeld Koerant verskyn het en tree onmiddellik op om voornemende gronddiewe van jou grond af te kry! Hierdie grondgrypaksie is niks minder as ‘n oorlogsverklaring teen die blankes van Suid Afrika nie en ons het die reg om ons daarteen te verweer.

Die AVP maan opnuut dat effektiewe verweer berus op gesamentlike optrede. Vermy dié sake waaroor daar verskil is en konsentreer slegs op verdediging en selfbeskerming deur samewerking met jou naaste bure. Dit is ‘n gemeenskaplike bedreiging ongeag waaroor daar verskil word. Effektiewe organisasie kan ‘n aansienlike verdedigingsmag op kort kennisgewing laat saamtrek om beide aanvalle en besetting suksesvol af te weer.

Om op die SAPD te wag is so goed as om jou grond en jou lewe te verloor. Die onderstaande artikel stel dit baie duidelik!

SAPD VAT BESETTERS VAS (Beeld 5 Apr 2018 Hanti Otto)

HOFUITSPRAAK DRA VRUG Interdik is nie nodig, sê regter .Dringende optrede in elk geval vereis

 Grondbesetter getimage

Foto: FELIX DLANGAMANDLA’n Grondbesetter kap ’n paal in die grond in Mnandi buite Olievenhoutbosch. Die foto is op 12 Maart geneem.

Die uitspraak oor ses maatskappye en beslote korporasies se dringende hofaansoek om die polisie te dwing om op te tree waar grond onwettig beset word, het reeds vrug gedra vir die applikante.

Hoewel regter Shahnaz Miah die applikante se aansoek Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys het, is die bevindings in haar uitspraak aan die Olievenhoutbosch-polisiekantoor se bevelvoerder gestuur toe daar Sondag weer probleme met grondbesetters was.

Die polisie het daarna gou ingegryp.

Die hofaansoek verlede week het gevolg nadat die polisie in Olievenhoutbosch verlede maand gesloer het om grondgrypers te verwyder.

Luidens hofstukke het ongeveer 1 000 mense, van wie talle in luukse voertuie opgedaag het, op 9 Maart ’n stuk grond van sowat 6 000 ha in Olievenhoutbosch, tussen Midrand en Centurion, onwettig beset. Sikander Mohammed, ’n sakeman en een van die grondeienaars, het afgekom op ’n tent van die Verkiesings kommissie (VK) en groepies mense wat erwe afgemerk het waar hulle glo besig was met “grondonteiening sonder vergoeding”. Mohammed is na die VK-tent, waar mense “geregistreer” is sodat hulle erwe kan ontvang. Die mense was aggressief en hy is toe na die Olievenhoutbosch-polisiekantoor, maar dié het luidens hofstukke geweier om ’n dossier aan te lê.

Mohammed is die volgende dag terug na die polisiekantoor, waar hy uiteindelik klagte van intimidasie en betreding kon indien. Tog het die polisie steeds nie dadelik gereageer nie.

Miah het in haar uitspraak daarop gewys dat die Olievenhoutbosch-polisie nie ’n openbare-orde-eenheid het nie. Hulle moet ’n span van elders ontbied as ’n situasie dit sou vereis.

‘‘ Die eienaars moet optree voordat besetters strukture oprig.

— ZEHIR OMAR, PROKUREUR

Sy het egter bygevoeg dat die minister van polisie se Nasionale Opdrag 7 van 2017 wel van toepassing op alle polisielede is.

“’n Hofbevel hoef nie uitgereik te word om die polisie te dwing om te doen wat vereis word nie.

“Ek het begrip vir die polisie se hulpbron beperkings en dat hulle nie altyd oral kan wees nie. Ek moet (egter) byvoeg dat daar prosesse is om hulle (die polisie) verantwoordelik te hou,” het Miah bevind.

Zehir Omar, die aansoekers se regsverteenwoordiger, sê die oorwinning vir hulle is dat die regter bevind het dat die polisie “in gebreke gebly het om hul werk te doen” en dat Nasionale Opdrag 7 van 2017 toegepas móét word.

Dié opdrag, gerig aan alle stasiebevelvoerders, bepaal dat wanneer iemand ’n klag indien oor onwettige grondbesetting, die polisie dadelik moet optree.

Die polisie moet die besetters inlig dat die grondbesetting onwettig is en hulle beveel om die grond te verlaat.

As die besetters nie gehoor gee nie, moet hulle in hegtenis geneem word. “Solank mense onwettig eiendom betree, is dit ’n strafregtelike oortreding wat die polisie moet hanteer.

“Die probleem is dat indien die betreders strukture oprig, hulle nie meer betreders is nie, maar onwettige okkupeerders, wat beskerm word deur die Wet op die Voorkoming van Onregmatige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond (PIE).

“Dan kan die polisie hulle nie verwyder nie. Die eienaar moet dan siviele regstappe doen,” sê Omar.

Om dié rede is dit noodsaaklik dat die polisie dadelik en “met dringendheid” optree, soos die nasionale opdrag beveel.

Omar sê sy kliënte is tevrede met die uitspraak, veral nadat dit Sondag gehelp het om die polisie blitsig by nog ’n poging tot grondbesetting te laat ingryp.

Die uitspraak bevestig ook dat grondeienaars vinnig moet optree teen besetters om te voorkom dat hulle ingevolge Pie beskerming kry en die eienaars die grond verloor.

“Kontak die polisie, dien ’n klag in en skryf in jou verklaring dat jy wil hê die polisie moet ingevolge Nasionale Opdrag 7 van 2017, soos beveel deur die minister, met dringendheid optree.

“Daar is ’n verkiesing in 2019. Die EFF gebruik grondbesetting as ’n politieke instrument en dit kan daartoe lei dat eienaars hul grond verloor.

“Die eienaars moet optree voordat die besetters strukture oprig.

“Hierdie uitspraak van regter Miah kom daarop neer dat as die polisie nie die nasionale opdrag uitvoer nie, dit tot groot siviele eise teen hulle kan lei,” sê Omar. ‘‘ As die polisie nie dadelik optree nie, kan dit tot groot siviele eise teen hulle lei.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie