1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5061614

Besoekers aanlyn

Ons het 100 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAT WAS HIERDIE INDABA VAN 2016 NOU WERKLIK WERD?

QUO VADIS AFRIKANERDie naÏwiteit van georganiseerde landbou wat ons boeregemeenskap voorgaan en lei in gesprekke, onderhandeling en samewerking met die swart kommunistiese terroristebende wat die regime van die “Nuwe Suid Afrika” verteenwoordig, laat ‘n mens ineenkrimp van verbystering! Het daar dan géén nugterheid by die huidige boeregemeenskap oorgebly terwyl daar legio geskrifte van kundige Afrikanerleiers en die hele Afrika as voorbeeld en aanskouingsles beskikbaar is.

Het omstandigheid ons lewens-en-wêreldbeskouing en gelouterde beginsels en suksesvolle beleidsrigtings só vertroebel dat nugterheid nou plek gemaak het vir selfvernietiging?    SOU ORANIA DR. VERWOERD SE OPLOSSING GEWEES HET?

Opwindend, bewierook die verslaggewer Andries Gouws hierdie Limpopo Kongres van 2016! “Daarom moet landbouondernemings so bestuur word dat ʼn opvolggeslag gefinansier en bemagtig kan word om die huidige geslag se nalatenskap geslaagd te laat voortleef” (aldus Gouws) En nou in 2018? Watter opvolggeslag van watter nalatenskap? Reeds beplan hierdie swart “broers” nou die onteiening van grond sonder vergoeding! QUO VADIS Afrikaner? Waar gaan julle heen?

Die afwaartse spiraal van Suid Afrika is besig om spoed op te tel ten spyte van al hierdie futiele pogings om die “Nuwe Suid Afrika” te laat slaag en al verweer wat diegene buite die AVP kan bedink is, wat het júlle bereik, asof dit die argument is wat alle ander argumente van die tafel moet afvee!

Verset is die wagwoord! Verset teen die leuens, verset teen die onreg, verset teen onderhandeling oor dit wat regmatig ons eiendom is, veral verset teen deelname aan die bestel! Verset en weerstand teen onteiening sonder vergoeding wat niks minder as ‘n oorlogsverklaring teen die Afrikanervolk is nie, is ons sterkste en effektiefste wapen wat beskikbaar is. Waarom daarvan wegskram? Aanvaarding en deelname aan die bestel is die sterkste wapen wat die vyand teen ons het en suksesvol aanwend!

As daar Afrikaners is wat dít nie verstaan nie, kom bespreek dit dan met ons en kom sit u oplossings op die tafel dat ons daaroor kan besin! Maar skei uit met die verdere ondergrawing van ons volk se weerbaarheid in ons vryheidstryd!

Opwindende Agri-Limpopo kongres September 7, 2016

 Daadwerklike pogings tot nouer samewerking binne die georganiseerde landbou in Limpopo, beloofde beter dienslewering deur die Departement van Landbou en ʼn oproep om saam te bid dat Suid-Afrika van die juk van korrupsie verlos word, was die hoogtepunte van Agri-Limpopo se indaba en kongres wat by Nylstroom (Modimolle) gehou is.

Omri van Zyl en Johannes Moller AGRI SA

 Omri van Zyl, hoofbestuurder en Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, in gesprek met die direkteur-generaal van landbou, Mike Mlengana.

ʼn Landbou-indaba is voor die kongres gehou waarna al die verskillende rolspelers in die georganiseerde landbou uitgenooi is. Dit is ongelukkig dat net TLU SA opgedaag het om te deel in die strewe van Agri-Limpopo om landbou in die provinsie vorentoe te neem.

Dit was groot nuus om van die Direkteur-generaal van Landbou, Mike Mlengana, te hoor dat nuwe lewe in die departement geblaas word om beter diens te lewer. Hy het die boere op hul voete gehad met sy versoek dat saam met hom gebid moet word om die land van korrupsie en enkelinge wat hulle ten koste van die land bevoordeel, te bevry. (AVP beklemtoning)

Die oorhoofse boodskap was dat daar ʼn toekoms in die landbou is, maar dat dit in die boere van die land se hande is om die verantwoordelikheid te aanvaar om die landbou sy regmatige plek as bydraer tot die ekonomie, voedselsekerheid en werkskepper te laat inneem.

Daarom moet landbouondernemings so bestuur word dat ʼn opvolggeslag gefinansier en bemagtig kan word om die huidige geslag se nalatenskap geslaagd te laat voortleef. – Andries Gouws, Veeplaas

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie