1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5061627

Besoekers aanlyn

Ons het 98 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

AFRIKANER, VERWEER USELF, U VROU, U KINDERS EN U EIENDOM!

boere strydersDit is baie maklik om dit van die kantlyn af te sê! Die vraag is waarmee en hoe? Wat moet ek doen as ek “oënskynlik” niks het nie? Die groot vraag is egter, besef ek dat ek bedreig word? Nie soos in ‘n misdaadmekka nie maar soos in ‘n oorlog?

In die lig van die toenemende aantal aanvalle sedert Ramaphosa se verkiesing, wat selfs baie blankes, en tragies genoeg, baie Afrikaners toegejuig het, sê die AVP aan veral ons Afrikanermans en vrouens na aanleiding van die geskarrel in sosiale media, plaaslik en internasionaal: staak die paniek, staak die vrees, staak die verwagting van hulp uit die buiteland! Kry uself gereed vir oorlog!

"As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy, tensy jy aan oorgawe dink, verkeer in oorlog met hom. Tensy jy verraad bedink, sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie 'vrede' nie, maar oorwinning”.      Barry Goldwater

Dit beteken noodwendig ook , nie saampraat, nie onderhandel , nie sy onwettige beheer en onwettige grondwet aanvaar en derhalwe nie deelneem aan sy strukture, verkiesings en registrasies OM TE GAAN STEM NIE! Bly buite die bestel! Dit is huidig ons sterkste vorm van verset in voorbereiding vir oorwinning van ons vryheidstryd!

Psalm 121: ’n BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?

2   My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

3   Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

4   Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

5   Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.

6   Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.

7   Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.

8   Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

 

Ek slaan my oe op na die bergeDít is waar u moet begin as u dit nog nie gedoen het nie, want dit is by Hom wat ons hierdie erfenis, Suid Afrika gekry het! Of glo u nie dat dit God was wat ons voorgeslagte by Bloedrivier, Magersfontein, Amajuba en vele ander veldslae die oorwinning laat behaal het nie? Daarby moet u alles in u vermoë doen om uself en u geliefdes en eiendom te beskerm! Beveiliging deur te besef dat ons in ‘n oorlog verkeer waar die vyand se doel is om die Afrikanervolk uit Suid Afrika uit te dryf en by gebreke daaraan, uit te moor, is noodsaaklik!!

 

Kry uself dus fisies en geestelik paraat vir oorlog! Bewapen uself! Beplan veiligheid in en om u huis, Wees waaksaam wanneer u in of uit beweeg of reis. Maak seker dat u een of ander alarm het wat u in die nag sal wakker maak, hetsy ‘n hond binne of een of ander geluid wat u kan wakker maak en genoeg tyd gun om u veiligheidsplan wat u moet uitwerk en met u gesin moet oefen, in werking te stel!

As die AVP dit eenmaal gesê het, het ons dit al honderdmaal gesê. As iemand dit in sy kop kry om jou aan te val, moet hy seker wees, hy neem sy lewe in sy eie hand en sy kanse om dit te verloor moet by ons’n prioriteit word indien dit nie is nie!

 

Die media en politieke ontleders wat die aanvalle op ons volk as misdaad beskou en propageer is handperde van die vyand. Hulle ontledings is stories vir die vaak. Daar word ‘n eensydige oorlog teen ons gevoer met aanbiedinge van uit die buiteland waarheen ons kan vlug, so asof Suid Afrika ontruim moet word vir die swartes wat dit opeis!

 

Suid Afrika is die Afrikanervolk se land! Moet u dus nie laat bangpraat om dit op te gee vir ‘n volkstaatjie of te vlug na die buiteland net omdat die swartes dink dat ons nou genoeg uitgedun is om met hulle grondgryp diefstal te kan begin nie! Agri SA en TLU wat die Boere se belange moet bevorder is besig om klaaglik te faal met hulle onderhandelings wat niks anders doen as om tyd te koop vir die vyande van ons volk om ons verder te ontmagtig instede daarvan om hulle hakke in die grond te slaan en die boere daarvoor voor te berei nie.

 

vergadering van verraaiersNog minder moet u toegee om met die regime te probeer saamwerk om die “reënbooggemors” te laat werk asof hulle ‘n reg op ons land het nie. Bly weg van die verraaiersbyeenkomste van die FW-Stigting- Solidariteit/Afriforumalliansie wat daarop gerig is om die uiteindelike algehele kommunistiese swart oorname te laat slaag. Of hulle besef waarmee hulle besig is al dan nie, die uitslag sal dieselfde wees!

 

Skakel in by enige Afrikanerorganisasie wat openlik sê dat hierdie land óns land is en bereid is om daarvoor te veg! Dit is tyd om ons geledere te versterk oor gemeenskaplike sake soos veiligheid en besit, bo-oor die onderlinge verskille tussen ons!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie