5 MAART 2018
Omdat hierdie ontleding van die groenskrif oor sogenaamde grondhervorming so ongelooflik belangrik is, het 349,477(driehonderd nege-en-veertig duisend, vierhonderd sewe-en-sewentig) mense dit al gelees. Dit is egter nog maar ‘n druppel in die emmer! Elke Afrikaner behoort dit te bestudeer sodat elkeen sinvol kan standpunt inneem en begryp dat géén onderhandeling, óf pogings om saam te werk om hierdie volksvernietigende stelsel te maak werk, enige iets anders as om die vyand te bevoordeel beteken nie!
In die verstaan van wat eintlik in Suid Afrika aan die gang is en meer nog, die grondslag wat hier gelê word vir die noodsaaklike sinvolle standpuntinname van elke Afrikaner, lê daar hoop! Ondersteuning vir hulle wat dink dat met die skrikmaakstories van voedselsekerheid die kommuniste tot insig gebring kan word, skuil die kiem van selfvernietiging!
Indien u dus ernstig is met ‘n verweer wat die potensiaal het om te slaag met die vryheidstryd in Suid Afrika, pleit die AVP dat u hierdie uiteensetting weer en weer met aandag sal bestudeer!
Joh. 8:12-59
“EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (:12).
Die opskrif van ons gelese gedeelte is: “Gesprek van Jesus oor sy goddelike sending.” En hierin verduidelik Christus vir die soveelste maal dat Hy deur God die Vader gestuur is om ons as mense uit die mag van sonde te bevry. Hy het gekom om ons van die duisternis te verlos en vir ons as Leidsman tot die ewige lewe op te tree.
Let tog asseblief mooi daarop dat Christus soveel maal hierdie boodskap verkondig. Hy het nie net gekom om gou aan ‘n vloekhout opgehang te word en weer tot God terug te keer nie. Die werklike en opregte besef dat dit wat op Gólgota gebeur het – die volmaakte offer wat daar vir my sonde gebring is – dat dit die begin van my geloofspad eerder as die einde daarvan is.
Hieronder volg n opinie wat die rondte doen op "whatsapp" oor die onwettige gryp van grond sonder vergoeding. Die redaksie het dit goed gedink om die reaksie te plaas en sodoende n breër perspektief op die onwettige handelinge van die ANC regering te plaas.....
"As 'n vyandige mag daarop uit is om jou te oorwin, en al sy hulpbronne en kragte vir die doel inspan, verkeer hy in 'n staat van oorlog met jou; en jy -- tensy jy aan oorgawe dink -- verkeer in oorlog met hom. Verder -- tensy jy verraad bedink -- sal jou doel, soos syne, wees om die oorwinning te behaal. Nie 'vrede' nie, maar oorwinning. Barry Goldwater
Terwyl kommentaar instroom oor die "onverwagte" besluit in die parlement oor grondonteiening, en liberaliste hakkel, stotter en stamel met verskonings oor hulle held Ramaphosa wat hulle dan nou so liederlik in die steek gelaat het, moet een ding nou vir die Afrikaner baie duidelik wees: Die 1996-grondwet en die versekerings daar rondom was 'n klug. Cyril Ramaphosa holds up the newly signed South African Constitution,
As dit gaan oor "grondhervorming" (gelees diefstal!), moet ons teruggaan in die onlangse geskiedenis en nugterheid verkry oor die oorsprong daarvan. Die verwronge politieke insig van Suid Afrika se leiers na die moord op dr. Hendrik Verwoerd, laat twee sake na vore kom. Die eerste is die betrokkenheid by die beplande moord op dr. Verwoerd en die tweede is die invloed van geheime organisasies op die ontvanklike inherente sluimerende liberale ingesteldheid van elke leier wat na dr. Verwoerd die land se leisels geneem het.
Dit is nie vergesog om hierdie twee sake met mekaar te verbind nie. Wat egter nou van belang is, is die gevolge van hulle onbesonne abdikasie aan die internasionale imperialistiese eise wat sedert ons volksbestaan poog om ons land van ons af te neem. 'n Oefening wat met goed en bloed deur al ons vorige volksleiers sedert Generaal Hertzog, tot en met dr. Verwoerd met standvastigheid en kundige staatsmanskap afgeweer is. Cyril Ramaphosa holds up the newly signed South African Constitution, alongside Nelson Mandela, president at the time, in September 1996. Picture: ROBBIE BOTHA/BUSINESS DAY
As jy besteel word, word dit nou ‘n positiewe ding! Jy moet nie daaroor in opstand kom en veral nie die wapen opneem om jouself en jou eiendom te verdedig nie. Dit is nie die bedoeling om jou te benadeel nie, net om ons te bevoordeel, sê Malema, Ramaphosa, Nkwinti en feitlik elke ander swarte tydens die debat oor grondhervorming sonder vergoeding.
News24 - 27 February 2018
Cape Town – The National Assembly on Tuesday set in motion a process to amend the Constitution so as to allow for the expropriation of land without compensation. The motion, brought by the EFF leader Julius Malema, was adopted with a vote of 241 in support, and 83 against.
Opening the debate on his motion, Malema said: "The time for reconciliation is over. Now is the time for justice." He said they did not seek revenge on white people, but a restoration of black people's dignity, which was deeply rooted in the land.
Prediker 5:1-19
“Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel. Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God.” (:17&18).
Hoe staan die saak dan nou? Lees ons nie juis in 1 Tim. 6:9&10 dat geld ‘n groot euwel is nie? “Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.