1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5316098

Besoekers aanlyn

Ons het 33 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

Gerugte van 'n Rebellie

KOMMERDeur Ignatius Erasmus.

Ek sien hulle, hulle sit met geboë hoofde en klemmende kake in kerke. Hulle het gekom om weer moed te skep vir die nuwe ou donker-wolk wat weer kom kop uitsteek. Die nagmaal beker word stram vasgevat. Hulle sit daar en mymer, hoor nie werklik die boodskap nie. Hulle sit stil, en waaksaam. Die hele gemeente sluk sagkens aan die inhoud, van die bitter beker wat op hul wag, swygend. Tog as jy terug sit dan hoor jy die knallende gille en gekerm. Dis geruisloos vas gevang in wringende prokureurs hande. Die bankier krap ongeduldig aan die kant van sy neus. Dis boere hande wat soos die kloue van ń grou-dier om psalm-boeke geslaan is. Dit alles vertel die storie van groot benoudheid.

Gebed van n boerEk sien hulle op boeredae, die lekker het so half verdwyn. Gewoonlik was dit spog stories oor die beste bulle en vinnigste perde. Daar word byna met afkeuring aan die bier geteug, die T-bene lê en droogbak op al kleiner wordende kole. Daar word hande agter rûe gevat, koppe word met onbegrip geskud. "Hoe kan dit wees," sal hulle vra? "Alles vir die wind en wolwe gooi, my oupa had hier begin met 4 Afrikaner verse. Ons was so arm, ma moes uit meel-sakkies onderbroekies aan mekaar stik. Boetie moes terug myn toe om geld te loop maak. Ons het negosie geskort en moes aanteel koop. Bedags het pa gaan skuil vir die bankbestuurder. Ons het sawens met swepe om ons krale geslaap. Die leeus was volop, en ammunisie was ń skaarste wat net op eet-vleis uit geskiet is. Leeus moes maar met sweep klap van ons kuddes weg verjae word" so sal die oudstes mor, hulle reken die komende onreg, kom hulle nie toe nie.

Ek sien hulle rondtrap, die jong klomp, soos ongetemde hingste, self versekerd en so donners stupid. Die moontlikheid van ń skoot af trek, bring ń opgewonde blink op sy sagte gesig, van hulle het selfs 'n baard wat kol-kol uitslaan, sag en onseker soos jaar-grassies na die eerste reent. Hy weet hoe die dinge werk. Jare van Sondag se 8 uur flieks het hom wys gemaak. Die ding moet nou kom dat hy sy pêlle kan wys, dat hy nie verniet die beste in Counter Strike was nie.

Jongmense se kragsteunDeur die opgewektheid van die jongspan, kyk die manne wat die dorsheid en die agter kant van die kap-lyn gesien het. Hulle kyk jammerlik en met bestraffende smarte na hulle seuns. Hulle oë is donker onheilspellende spelonke. Hulle staal hul self. Hy het dit gedoen!!! lank gelede in ń land weg van sy geliefdes, hy weet nie of hy dit vandag weer wil doen nie. Hoe doen hy dit weer hier tussen sy geliefdes? Hy ken die skelheid en verwyt wat ń koel maak as hy vlees klief, hy weet hoe ‘ń gapende maagwond ruik. Die klank van ń sterkman wat soos verwonde steenbok vir sy ma roep. Daai is dinge wat hy soms nog oor droom.

Die Ekonome is darem bestand teen al die emosie, die markte maak op en afwaartse wendings, dis maar die norm hulle ken die mag van leë beloftes, wat die Rand kan laat klim soos ‘ń ribbok teen onheilige hoogtes, hy weet ook hoekom die Rand afwaarts tuimel soos ‘ń roofvoël wat prooi sien. Die belowende segsman se skielike tirade wat soos kommunisme ruik, skrik gewoonlik die buitelandse belegger af. Die Ekonome is egter steeds so selfversekerd, daar word selfs video grepe op sosiale media versprei. "Kort termyn oplossings" noem hulle dit. "Maak skuld dat dit bars, belas jou eiendom."

Die banke sien die vuur van vernietiging. Hy skud sy kop, hy gaan nie sy geld verder waag aan ‘ń minderheidsgroepie wat slim plannetjies beraam nie.

Dan is daar die studente, hy mag nou wettig rook en ‘ń dop vat. Hy is begeesterd en was al drie keer die jaar smoor verlief. Hy sit in gemengde klasse in filosofie en inleiding tot die politiek 111. Hy verstaan sake die beste. "Mense moet chill," #liefdewen is sy voorstel. "Dis die "system" bra, dis die illuminati wat julle so op syc. Julle bra's moet begin Bob Marley en Jack Johnson luister. Fok chomma jy moet Oppikoppi toe kom, jy sal sien hoe gel die dudes daar. Fokkofpolisiekar was laas jaar legend"

Onderhandeling van die liberalesDie liberaal sit ook breed geskouer en gedug. Die situasie moet eers geanaliseer word. "Kom ons reël ń gesonde debat, julle mag nie die ras-kaart speel nie." Dit sal deur die ander gedoen word. Julle sorg dat julle kom met feite, ons sal dit afbreek met propaganda, en ons sal dan later ‘ń braai reël, met Quito musiek om te wys ons wil saam werk.

Tussen die selfversekerde wanhoop het ‘ń nuwe woord sy opwagting gemaak. #whiteguilt!!! noem eerlike mense dit.

Ek sien hulle op my TV, wriemel-ende lywe met grypende hande, duime wat wys hoe kele gesny gaan word. Ek sien nuwe hoop in hulle oë, die swart messias wat die armoede kom uitwis, is hier, met opgerolde rooi overalls wat nog nie ‘ń dag se eerlike werk gedoen het nie. Hy dans rond, die Rolex horlosie hang soos ‘ń vink aan sy pols, wat 'n gebalde vuis ondersteun, sy glasie blits nou en dan soos donderweer tussen die argumente oor armoede, korrupsie en grondgrype.

Dan daar vêr oor die bult tussen miskoek en bulkende koeie, daar kry jy my. Ek sit ook kop onderstebo, nie oor ek skielik ontnugter is nie, nie oor ek vrees nie. Bloot oor ek nie verstaan nie. Ek is lief vir die grond, my voormense stap al lank saam met die grond. Ek hoop eendag my kinders kan ook die liefde vir die grond koester. Dit hou jou nederig en op jou knieë.

Ek sukkel om te begryp in my kop! Hoekom al die skielike geskarrel? Wat is die haas, hoekom nou eers !!!!!! vra ek myself. Waar was al die planne en woede toe ons moes terug staan vir BEE? Waar was die patriotisme toe sussie met haar 11 onderskeidings en wit velletjie nie medies kon doen nie, oor sy wit is? Waar was ons toe Totius se standbeeld verwyder was van die Puk af? Die man wat die begeerte gekoester het, vir ‘ń eie universiteit in Afrikaans! Waar was ons werklik toe daar intussen 2400 Boere vermoor is? waar was ons met die nasionalisme, toe Overvaal deur 'n trop barbare beset was? Waar was ons toe kwota sisteem regverdig gemaak is?

WAAR WAS EKMeer belangrik as al die dinge, WAAR WAS EK?? Ek was maar hier en daar en eintlik nêrens. Tog vandag staan ek sterk en vol durf. Ek is eerlik en bemoedigend. Ek baklei met die wolwe binne my, my hart skreeu ek moet skiet, skiet dit wat boos is, verdelg dit wat my en my soort bedreig. My kop gil dat ek te sag is vir 'n sel in ‘ń koue tronk. My kop smeek my, om my tassie te pak. Hy hoor hulle boer lekker in Australië met Brahmane. My hart troef my deur te sê: " Jy is te lief vir Rooibosse en die blaf van ‘n koedoebul. Jy hou van Tarzan vellies dra, en jy eet melktert en kaiings. Jy voel goed as jy kan bid en skel in Afrikaans. Jy hoort hier want jy is van hier."

Ons het foute gemaak, ons doen steeds, ons het verbonde aangegaan, wat ons volgens die Woord nie moes aangaan nie. Ons het heilige Geloftes verbreek. Ons gaan nog baie ween, ons gaan nog baie bloei. Ons sit met 'n hawelose massa wat dreig tot rewolusie, 'n menigte wat maai waar hy nie gesaai het nie. 'ń Wese wat kind en grysaard nie sal ontsien nie. Hoe stop jy ń rewolusie met ń rebellie?

Waar jy ook al sit, weet net daar is nog van jou soort, jy is nie heeltemal alleen nie. Sorg dat jy deel word. Hou op apaties wees en gord jou self met kennis en gebed. Ja gebed, want welkom in jou donkerste uur. Tog blink die toekoms, ons gaan los breek uit die roet van die puin hope, ons moet dit net saam doen. Onthou een ding. Ons is ons, en hulle is nooit ons nie. Gaan heen en gee jou beste.

Mooiloop en boere liefde van hart na hart.

Ignatius Erasmus.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Geloftefees 2018

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie