1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
5136061

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

WAAROM DIE ANGSTIGHEID OM ZUMA TE VERWYDER AS SY TERMYN FEITLIK UITGEDIEN IS?

LIESBETHier is ‘n eienaardigheid aan die gang wat nadere aandag verdien. As in ag geneem word dat Zuma se bedenklike integriteit vroeg reeds bekend was, soveel so dat hy as adjunk president ontslaan is en die stelsel van Een-Mens-Een-Stem hom instaat gestel het om in beheer te kom van beide die ANC en Suid Afrika, maak al hierdie geskarrel om hom voortydig uit te kry, nie sin nie.

Met agt onsuksesvolle mosies van wantroue wat deur meerdere stemme afgeweer is, is daar mos ‘n paar sake wat duidelik geword het. Vir selfs Zuma wat sukkel met getalle, was dit binne sý begripsvermoë dat meer, meer is as minder! Daar moet net meer hande wees,(selfs sonder enige intellek) wat vir jou in ‘n stemming opgaan wat jou in beheer laat bly!                                                         

                                                                                           Foto: Inews UK.

Nog ‘n saak wat daardeur bevestig is, is die wanstaltigheid wat telkens tot stand kom by die implimentering van getallepolitiek wat noodwendig kwaliteit met kwantiteit vervang. Hoe slim moet jy nou regtig wees om dít te verstaan!  Die feit dat nasionaliste wat “bekeer” is tot die liberalisme geestelik verweer het tot onherroeplike politieke waansin, is nog ‘n gevolg. Alles gevolge wat bekend is, waarteen gewaarsku was en wat iets sê van die intelligensie van diégene wat hulle daarvoor beywer.

As dit dan bekend is dat Zuma op sy meerdere getalle steun en dat selfs met die uiterste pogings van die totale mediameganisme en samesnoering van al sy opponente se stemkrag, hy steeds die stuurwiel hou, waarom hierdie byna waansinnige pogings om hom verwyder te kry as sy termyn in elk geval binnekort verstryk?

Vir die gewone man op straat wat deur die agente van die magte wat Suid Afrika as noodsaaklike buit beskou, uitoorlê is om die bestaande orde omvêr  te werp, het dit nou duidelik geword dat hulle ‘n verkeerde perd opgesaal het! Die minagting vir die wysheid van Afrikanerleiers soos dr. Malan, Strydom, Verwoerd, Hertzog, Jaap en Willie Marais, is besig om die minagters uit te klee vir die politiekedwaalgeeste wat hulle is. Polities geskool bokant hulle begripsvermoë ten koste van ‘n hele volk en alles wat hy deur die genade van ons Hemelse Vader tot stand gebring het. Sienderoë pêrels voor die varke maar blindelings daarmee voortgaan terwyl dit glashelder duidelik is dat ons op totale vernietiging afstuur!

Terwyl dit noodsaaklik is dat die Afrikanervolk se verdeeldheid gestaak moet word en op beginsel verenig, is daar steeds organisasies wat mense saamsleep onder die voorwendsel dat daar net saam gewerk moet word om hierdie veelrassige waansinnigheid te maak werk. Omstandigheid van die oorwig van getalle, die sogenaamde onomkeerbaarheid van de Klerk se een-mens-een-stemstelsel, ons gebrek aan wapentuig en militêre organisasie, dit alles moet dien om die beginsel van afsonderlike ontwikkeling te vervang met begrippe soos selfbeskikking, volkstate en derglike meer.

Met hierdie waansinnigheid aan die gang is daar volksvreemdes wat sien en begryp wat hier in Suid Afrika aan die gang is, terwyl dit al deur President Paul Kruger was wat vir die Engelse gesê het, dit is nie vrede wat julle wil hê nie, dit is my land wat julle wil hê!

British ‘State Capture’ of South Africa Must End! by David Cherry, is ‘n artikel wat die rol van die Britse imperialisme in Suid Afrika, en hulle behoefte om die regering te verander voordat BRICS ‘n stewige vastrapplek deur middel van Zuma in Suid Afrika kan verkry, verduidelik sodat begrip vir wat besig is om hier in Suid Afrika, ten koste van die Afrikanervolk afspeel!

South African President Jacob Zuma, facing a many-sided regime-change scheme, narrowly survived a parliamentary vote of no confidence by secret ballot on Aug. 8, in which at least twenty-six MPs of his own party, the African National Congress (ANC), voted against him. This was not merely a constitutionally recognized procedure; it was part of a larger, British directed regime-change mobilization. Americans and South Africans may not realize that they suffer from the same problem—British neocolonialism—including, at this moment, parallel attempts at regime change. The propaganda war to overthrow President Trump is at full tilt, including public incitements to his assassination. (Aldus Cherry)

Ons plaas by ‘n later geleentheid sy hele artikel.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie