Goeie môre
Ek het ’n gevoel hier binne my oor die hele saak van die aardbewing in Christchurch wat dan seker nie met hedendaagse gevoelens sal strook nie, miskien is ek heeltemal verkeerd en kan u my reghelp.
Daar is nou 200 mense dood of vermis, volgens die laaste verslag wat ek gehoor het van Christchurch. Daar word ’n vreeslike bohaai daaroor opgeskop en ons eie mense is in trane daaroor, kan nie genoeg treur daaroor nie.
By baie Afrikaners is daar vandag twyfel in hulle gemoed oor die toekoms van die Afrikaner. Talle het moed opgegee oor die nut van die stryd hier in Suid-Afrika en dink dalk daaraan om hulle lewe elders in te rig, weg van die misdaad en diskriminasie wat hulle hier beleef. Wanneer dit bloot om persoonlike veiligheid en -redes gaan, kan daar natuurlik nouliks fout gevind word met so ‘n redenasie. Dit is tog bloot menslik om veiliger woonplek te soek. So sal mens bloot om veiligheidsredes eerder in ‘n klein dorpie of rustiger woonbuurt wil bly as in Hillbrow. Daarom is dit in hierdie opsig verstaanbaar dat plekke elders in die wêreld bo Suid-Afrika gekies word om in te leef. Veral as kinders ter sprake is…
Die prys van alle petrol styg op 2 Maart met 43c en die prys van diesel met 63c per liter vir motor diesel (diesel met 'n swawelinhoud van 0,005%). Dit beteken dat 95-oktaanpetrol in Suid-Transvaal R9,42 en 93-oktaanpetrol R9,27 per liter sal kos. Op 'n tenk van 60 liter veroorsaak die die verhoging 'n kostestyging van sowat R26,00, wat meebring dat die motoris wesenlik drie liter minder petrol as tans vir dieselfde bedrag geld ontvang. Vir diesel is die toestand selfs erger. Die prysverhoging van 63c per liter beteken dat 'n tenk van 60 liter in Maart R38,00 meer as in Februarie sal kos – die gelyke van byna vier liter.
Met die gebeure wêreldwyd en veral die opstande en revolusies in die Arabiese lande is die vraag vir ‘n verdrukte en vernederde Afrikanervolk:
Volgens Groen van Prinsterer spruit revolusie uit ateïsme en afgodery en is dit ‘n daad van ongeloof.
In die woorde van Jaap Marais:
Ons roem is dat ons die kwaad teengestaan en beveg het toe dit in die beginstadium was en ons nie deur valse versekerings en valse beloftes van koers laat bring het nie. Dit gee aan ons ’n getuigskrif van integriteit, wat vir ’n politieke party ’n kosbare bate is. Dit gee aan ons betroubaarheid en geloofwaardigheid. Dit gee aan hom innerlike krag. Dit gee aan hom die wil om te staan en te veg en te wen.
By alles wat met ons volk gebeur is een van die verbasendste dinge dat daar min, indien enigiets is, wat mense nog tot aksie oorhaal. Selfs moord en roof doen nie meer veel om volksgenote aan te spoor tot optrede nie. Wat het dan fout gegaan in volksgeledere en wat
Watter boodskap kry die Afrikaner as hy elke dag lees van die een of ander grusame misdaad op volksgenote? Wel, sonder effektiewe teenoptrede is daar beslis net een boodskap wat uitgaan: Ons volk leef in vrees en wanhoop en is tot stomheid geslaan.
Deur Jaap Marais
Die Afrikaner Volksparty beskou dit as van die uiterste belang dat veral die Afrikanervolk, maar ook elke ander persoon wat belang by ons voortbestaan en toekoms het, self kan sien tot watter uiterstes daar gelieg en bedrieg is om ‘n oordrag aan die kommuniste bewerk te kry.
As ‘n man van die statuur van van Zyl Slabbert so blatant en selfs brutaal lieg oor onomstootlike, feitlik en bewysbare gebeure, en saam met hom feitlik elke sogenaamde “regse” wat daarby betrokke was, dien dit elke Afrikaner vir wie die vryheid van ons volk belangrik is, om dit in gedagte te hou vir die stryd wat voorlê! Elkeen wat nasionalisme versaak het, het vir ons ‘n vyand geword!