In Rapport van 19 Desember 2010 bied Jan-Jan Joubert ‘n artikel met politieke pitkos vir hierdie Kerstyd aan.
Met die woord “pitkos” verwag ‘n mens kragtige voedsel soos wat die woord veronderstel, en meer nog omdat Jan-Jan dit aanbied spesifiek met die oog op Kerstyd. Dat Jan-Jan vir Rapport skryf is betekenisvol! Dat hy egter bereid is om op sy eie beeld as berekende, onpartydige en intelligente joernalis te gaan sit ter wille van die anderkant van die waarheid, is verstommend!
Iemand wat in die Suid Afrikaanse politiek belangstel sal die outobiografië van Pik Botha, Peter Brown en Leon Wessels lees, bloot vir die waarde van die perspektief van hulle politieke geknoei agter die skerms. ‘n geknoei wat hulle, nou dat die Swartes in “beheer” geplaas is, as heldedade en met vermetele minagting vir al die leed wat dit veroorsaak het, laat uitbasuin! Kragtige voedsel is dit bepaald nie!
Die gelofte soos voorgelees deur Sarel Celliers aan die Voortrekkers
in die laer van Andries Pretorius
gedurende die week voor 16 Desember 1838 te Bloedrivier
◊
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde
om 'n gelofte aan Hom te doen, dat,
as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
ons dié dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring,
en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.