Die ANC Jeugliga het in ‘n lofrede aan die ontslape professor Carel Boshoff gesê dat prof Boshoff die nuwe demokratiese Suid-Afrika aanvaar het, maar daarop aangedring het dat die Afrikaner ook sy eie grondgebied moet hê waar hy homself kon uitleef. Dit was prof Boshoff se standpunt, naamlik dat niks gedoen sou kon word aan die realiteit van die nuwe Suid-Afrika nie, en dat ‘n nuwe staat vir die Afrikaner daargestel moes word.
Die uitgerekte sage by Kovsies oor die sogenaamde Reitz-video, waar Blanke studente vir jare verneder moes word oor ‘n onskuldige stukkie studentepret, en die onlangse gebeure by ‘n swemgala, waar laasgenoemde afgestel is omdat daar glo te min Swartes was wat kon swem, bring die saak van rasse en rasseverskille weer op die voorgrond.
Terwyl talle predikante hulle Sondae besig hou met praatjies oor verbroedering, gebede dat die barbaarse regime tog beter moet regeer en sedelessies oor moets en moenies, is dit verrykend om te lees wat dr Tobie Muller, eertydse teoloog gesê het oor ons Christelike plig.
Dr Muller se standpunt was dat nasionalisme ons Christelike plig is. Dus, nie verbroedering en gebede vir die barbaar om tog more net minder van ons dood te maak nie, maar volksbinding, volkskrag, volkseie, volksregering, volksgeloof. Hoe teenstrydig is dit nie met dit wat ons vandag hoor nie!
Selfs die blad Foreign Affairs wat deur die internasionale geldmagte se Council on Foreign Relations (CFR) uitgegee word en bekend is vir sy links-liberale standpunte, moet nou en dan toegee dat nasionalisme die mees formidabele mag is waarmee hulle te doen het.
SGP-GOUDA MAAKT ERNSTIG BEZWAAR TEGEN PAASEVENEMENT
De Staatkundig Gereformeerde Partij(SGP) in de Zuid-Hollandse stad Gouda, alsmede de predikanten van de Gereformeerde Gemeente en de Gereformeerde Gemeenten (in Nederland), hebben het College van Burgemeesters en Wethouders middels een brief verzocht geen medewerking te verlenen aan een opvoering van het muziekspektakel 'The Passion' wat op 21 April zou moeten plaats vinden.
Dominee Clements,dominee Schultink en dominee Geuze, verbonden aan reeds genoemde kerken alsmede meneer Versteeg fractievoorzitter en meneer Hooglander voorzitter van de SGP kiesvereniging zeggen in het schrijven het zeer ongepast te vinden om een dergelijk popevenement te gebruiken om Gouda te promoten. Men verwijst hier naar onlangs verschenen publicaties waarin de verfilming van scenes en muzikale (pop) optredens de kern van het spektakel vormt.
Terwyl die politieke klimaat in Suid Afrika sigbaar besig is om te verhit met swartes wat wedywer vir posisies en mekaar selfs vermoor om konkurente uit te skakel, top kabinetsministers met mekaar oorhoops lê oor be-oogde beplanning om die kleurling en Indiërverteenwoordiging aan bande te lê, en ongeduld oor basiese dienslewering, werkverskaffing en gebrek aan prestasie tov. Verkiesingsbeloftes dag na dag toeneem, is daar nog ander gebeure wat ook ons aandag dringend vra.
Met ‘n aardskok wat 9.8 op die Richterskaal registreer het op Vrydag 11 Maart 2011 naby die Japanese kuslyn, en ‘n reeks skuddings langs die sogenaamde vuurlyn met ‘n al korter wordende frekwensie, is die aandag vir ‘n oomblik afgewend van die mensgemaakte Tsunami wat deur sameswering in Tunesië begin is en al gou soos ‘n veldbrand deur die noorde van Afrika en die midde-Ooste versprei het.
Dit was die Leeu van die Noorde, adv JG Strijdom wat gesê het: Die stryd duur voort! Dit was ‘n gewilde leuse van ‘n geliefde leier. Daar was min leiers wat so volhardend geveg het vir sy volk se voortbestaan as juis adv Strijdom. Mnr Jaap Marais het egter hierdie leuse veel meer betekenis gegee toe hy gestel het: Stryd is lewe! Dit het geïmpliseer dat stryd nie net (somtyds moeisaam) van tydvak tot tydvak voortgesit moet word nie, maar dat stryd dit is waaroor die lewe gaan. Dit gee aan stryd ‘n positiewe eerder as ‘n negatiewe betekenis.
Toe die HNP gekies het om die beginsel van “Hierdie land is ons land” te laat vaar, het die verantwoordelikheid om hierdie vlam te laat brand, vierkantig op die skouers van die AVP geval. Op die beginselbasis van Christenskap, Blankeskap en Afrikanerskap moet die AVP nou koers aandui hoe die Afrikanervolk weer sy vryheid binne ‘n eie vaderland sal herwin.
Op hierdie webblad is daar al heelwat geskryf oor moontlike aardbewings wat Suid-Afrika kan tref. Daarvoor is verskeie bronne aangewend en kan onder andere gelees word by die skakels HEWIGE AARDBEWING IN SUID-AFRIKA NET ‘N KWESSIE VAN TYD ; HOE NABY IS SA SE VOLGENDE AARDSKUDDING? ; WÊRELDRAMPE: WANNEER SA SE BEURT?
Daar heers toenemende kommer uit verskeie oorde oor die moontlikheid dat 'n hewige aardbewing Suid-Afrika kan tref. Wat egter waar is, is dat geen mens by magte is om 'n datum aan so 'n Godsbeheerde gebeure te heg nie. Tekens word wel aan die mens gegee en ons moet ons daaraan steur, daarom praat mense daaroor en behoort ons voorbereid te wees op so 'n moontlikheid.