Lees: Matt 18:23-35
Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word – Matt 5:7
Ons het gister stilgestaan by geregtigheid. Barmhartigheid is die eerste vrugte van geregtigheid en moet daarmee gepaard gaan. Geregtigheid sonder barmhartigheid is hard en ongenaakbaar. Dit het nie medelye met die swakhede en gebreke van andere nie. Aan die ander kant is geregtigheid met barmhartigheid liefdevol en vol deernis. Van diegene wat God se barmhartigheid in hulle lewe ervaar het, verwag God ook barmhartigheid vir hul medemens.
Lees: Num 12:1-3
Salig is die sagmoediges want hulle sal die aarde beërwe – Matt 5:5
Die skrywer van Spreuke het gesê ‘n sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom – Spr 15:1. ‘n Mens ondervind dit byna daagliks dat ‘n persoon wat sagmoedig is en ‘n sagte antwoord gee, die woede tot bedaring bring. Op ‘n stadium het Aäron en Mirjam met Moses rusie gemaak omdat hy met ‘n Kusitiese vrou getrou het.
Lees:Matt 5:1-3
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele – Matt 5:3
Salig beteken gelukkig of geseënd en dit is ‘n uitroep wat in die Ou Testament dikwels voorkom. Deur hierdie woord te gebruik kondig Jesus die hoogste geluk aan van iemand wat vrede met God het. In die Ou Testament beteken armes van gees diegene wat hulle afhanklikheid aan God erken en hulle vertroue op Hom alleen plaas. Ons kan dus met reg sê dat diegene wat hulle afhanklikheid aan God erken, salig of geseënd is.
Lees: Matt 5:4
Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word – Matt 5:4
Wanneer treur ‘n mens? ‘n Mens treur in krisistye. In die gelykenis van Lasarus en die ryk man het Lasarus ook getreur. Hy het baie krisisse gehad. Hy was oud, siek, honger en sonder vriende. Hy moes bedel vir krummels. Die honde het aan sy swere gelek. Aan die ander kant was die ryk man gesond, goed geklee en het elke dag vrolik en weelderig gelewe. In die oë van die mense was die ryk man ‘n gesiene persoon terwyl Lasarus ‘n boemelaar was. Jesus sien dit egter anders.
deur Izak de Vllliers
" Toe skreeu die manskappe en die ramshorings blaas. Toe stort die mure inmekaar en die manskappe gaan oor, die stad in. ( Jos. 6:20 )
"Dit moes 'n drama gewees het om te ervaar. Die optog van die priesters wat die ramshorings blaas, die gewapende manne, die verbondsark van God, sewe dae rondom die verskanste, ommuurde stad Jerigo. En die opdrag is: alles wat gebuit word moet in die skatkis van die Here kom.
Weer is die Here se aanvalsplan en metode net mooi andersom as wat ons sou verwag het. Ons sou dink dis strategies beter dat die ark as heilige simbool liefs so ver as moontlik van die gevegstoneel gehou word. Maar nee, die ark gaan voor.