1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529579

Besoekers aanlyn

Ons het 81 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

AFHANKLIKHEID AAN GOD

Lees:Matt 5:1-3

Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele – Matt 5:3 

Salig beteken gelukkig of geseënd en dit is ‘n uitroep wat in die Ou Testament dikwels voorkom. Deur hierdie woord te gebruik kondig Jesus die hoogste geluk aan van iemand wat vrede met God het. In die Ou Testament beteken armes van gees diegene wat hulle afhanklikheid aan God erken en hulle vertroue op Hom alleen plaas. Ons kan dus met reg sê dat diegene wat hulle afhanklikheid aan God erken, salig of geseënd is.

Mense dink baie keer dat hulle op eie krag sekere dinge doen. Nebukadnésar het op ‘n stadium op die dak (meer iets soos ‘n balkon) geloop en oor sy koninkryk uitgekyk. Hy het homself al die eer gegee en homself geprys oor die koninkryk wat hy opgebou het. Dadelik het God hom gestraf en sy verstand van hom af weggeneem. Hy het soos ‘n dier geword wat gras eet totdat hy sy afhanklikheid aan God besef het. Herodes het homself ook as ‘n god beskou en van die mense verwag dat hulle aan hom die eer moet gee. God het ook hom gestraf en wurms het hom reeds voor sy dood begin verteer. Aan die ander kant het Dawid gereeld sy afhanklikheid aan God bekend gemaak en sy koningskap is geseën tot aan die einde van die wêreld.

Al die luukshede en gawes kom van God af. Die motor wat ons ry, die huis waarin ons woon, die plaas waarop ons boer. Alles kom van Hom af. Geseënd en gelukkig is die persoon wat weet hoe afhanklik hy van God is. Want aan so persoon behoort die koninkryk van die hemele.

Gebed: Here, dankie vir al die genadegawes in my lewe. Leer my om my afhanklikheid daagliks aan U te erken. AMEN.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie