1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529193

Besoekers aanlyn

Ons het 43 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

SAGMOEDIGHEID

Lees: Num 12:1-3

Salig is die sagmoediges want hulle sal die aarde beërwe – Matt 5:5

Die skrywer van Spreuke het gesê ‘n sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom – Spr 15:1. ‘n Mens ondervind dit byna daagliks dat ‘n persoon wat sagmoedig is en ‘n sagte antwoord gee, die woede tot bedaring bring. Op ‘n stadium het Aäron en Mirjam met Moses rusie gemaak omdat hy met ‘n Kusitiese vrou getrou het.

 Moses stel egter vir ons die voorbeeld en tree sagmoedig teenoor hulle op. In Num 3:3 staan daar geskrywe: Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem. En kyk wat het hierdie sagmoedige Moses nie alles vir God en die volk Israel vermag nie.

 

Ongelukkig is dit ook so dat diegene wat sagmoedig is soms vertrap word, terwyl hulle wat gewelddadig optree baie keer gerespekteer word. Jesus draai egter die volgorde om en sê dat dit juis hierdie sagmoediges is wat eendag die aarde sal beërwe, dit is die nuwe aarde wat kom. Waar Moses bekend gestaan het as die sagmoedigste mens op aarde, kom Jesus en vervolmaak dit deur vir ons aan die kruishout te sterf. Hierdeur maak Hy dit vir ons moontlik om eendag die nuwe aarde te kan beërwe. Soos ‘n lam wat ter slagting gelei word, aanvaar Jesus sy leiding en kruisiging deur vir ons die voorbeeld te stel van sagmoedigheid. Hierdie voorbeeld moet deur kinders gevolg word by die skool. Dit moet deur ouers gevolg word by die werk. Dit moet veral ook in die huwelik en gesinslewe na vore kom. Want, salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

 

Gebed: Onse Vader, plaas ‘n wag van sagmoedigheid oor my lippe, my dade en ook my denke. AMEN.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie