1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529567

Besoekers aanlyn

Ons het 65 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

NG-KERKLEIDING GAAN ONVERPOOSD VOORT OM AFRIKANERVOLK TE VERNEDER

Die NG kerk-leiding in die Wes- en Suid-Kaap het tydens hulle sinodesitting met ‘n groot meerderheid besluit om die Belhar “Belydenis” as ‘n verdere belydenisskrif in die NG Kerk te aanvaar. Daarmee word die tafel gedek vir die aanvaarding deur die Algemene Sinode van hierdie “belydenis”. Maar wat staan in die Belhar-geskrif?

Reeds geruime tyd is liberale NG-predikante besig om lidmate te breinspoel oor die “Christelike inhoud” van Belhar. So het ‘n predikant selfs tydens ‘n erediens, sonder om aan sy gemeente te vertel dat hy uit Belhar aanhaal, sekere dele daarvan aan sy gemeente voorgehou, sy ondersteuning daarvoor verklaar en toe die gemeente versoek om op te staan as hulle dit onderskryf. Enkele gemeentelede het geweet wat dit was, geweier om op te staan en selfs die erediens verlaat, maar die res het ewe gedwee opgestaan en aan die dominee se versoek voldoen. Eers daarna moes hulle hoor dat dit Belhar was wat hy aan hulle voorgehou het! Hierdie optrede is nie net slu nie, maar kenmerkend van ‘n dissipel van die duiwel.

 

Belhar is geen belydenis nie, maar ‘n klagskrif teen apartheid. Dit stel dat die aardse geskeidenheid van mense en volke sonde (en derhalwe kettery) is en dat daar aardse strukturele (kerklike) eenheid moet wees. Belhar is in sy wese gerig teen apartheid en aparte kerk instellings.

 

Die kerk se belydenis het altyd te doen met die verlossing in Jesus Christus en nie met die kulturele en politieke gedragspatrone van die mens nie. Belhar gee aanvanklik voor om, by wyse van herhaling van wat in die ander erkende belydenisskrifte staan, ‘n belydenisskrif te wees. Maar dan gaan dit voort en word apartheid aangeval. Die “eenheid” van mense moet “sigbare gestalte” kry. Aparte kerkformasie is sonde. In tipiese terminologie van die bevrydingsteologie, word bevryding van die “verontregtes” bepleit.

 

Belhar is ‘n haatskrif teen die Afrikaner. Wanneer jy iets verwerp, moet jy dit ook aktief teenstaan. En as iets sonde is, moet jy dit uit jou en jou volk se lewe weer. Belhar is primêr gerig teen die Afrikaner. Die NG Kerk het Belhar in die verlede verwerp, maar die liberaliste wou daarmee nie vrede maak nie. Allan Boesak het aanvanklik in voormalige KP-voorbokke soos dr Andre Bartlett, en nou ook in die liberale nes van die Wes- en Suid-Kaap, bondgenote gevind om Belhar ingesmokkel te kry in die NG Kerk. Hulle sal nie rus voor Belhar deur die NG Kerk aanvaar is nie. 

 

Belhar is maar net nog ‘n faset van die wyd-vertakte aanslag teen die Afrikaner. Afrikaners wat Belhar aanvaar en “bely” moet besef dat hulle daarmee hulle hele geskiedenis as sondig en misdadig bely. En om te wil aanvoer dat hulle voorvaders dit goed “bedoel” het met apartheid, maar nie besef het dit was verkeerd nie, is ‘n vergryp teen jou volk. Daarmee word ook ‘n oneer gedoen aan die beter insig wat ons voorvaders gehad het oor die saak van apartheid.

 

Meermale is al verwys na die insig van die Bybelvertaler en volksman, Totius. Van die Psalms wat hy berym het, word nou nog in die NG Kerk gesing. As diep gelowige mens het Totius se handelinge gesag gedra in ons volk. In 1944 het hy in ‘n referaat getiteld “Die Godsdienstige Grondslag van ons Rassebeleid” aangevoer dat hy nie met ‘n enkele Bybelvers apartheid kan regverdig nie, maar wel met die hele Bybel. Sy argument was dat God (as Hammabdil), die groot Skeidingmaker is. Reeds op die eerste dag maak God skeiding tussen lig en duisternis, en op die tweede dag skeiding tussen die waters deur die uitspansel. Op die derde dag maak Hy skeiding tussen die droë grond en die see. Op die vierde dag maak Hy skeiding tussen hemelligte; tussen nag en dag; op die vyfde dag maak hy skeiding tussen die lewende visse en voëls en op die sesde dag skeiding tussen diere volgens hulle soorte. God skep ‘n onderskeid tussen man en vrou, die hoogste werk van sy skepping. En wanneer God uit een bloed al die nasies van mense maak, tref Hy weer onderskeid en bepaal ook die tye en grense van hulle woonplek.

 

Soos Totius dit stel, na aanleiding van die woorde in Genesis 10:

 

“In die godsbevel lê die wet van vermenigvuldigheid wat aan die mens die geleentheid gee om in verskillende volkstipes uiteen te gaan, terwyl dit alles geskied onder die beskerming van sy voorsienigheid en onder bevrugting van sy ‘algemene genade’”.

 

Elke volk het ‘n roeping om na te kom, en dit sal duur tot die voleinding toe. Dit beteken dat volke hulleself moet handhaaf. God het ‘n veelheid van volke gewil. God het self die geskeidenheid daargestel. Ons as mense kan dit nie saamvoeg nie. Die hoëre eenheid in Christus is geestelik van aard, nie struktureel nie. Gelykstelling openbaar die Babiloniese plan van gelykmaking wat deur God in die vlakte van Sinear verydel is. Ons roeping is om as Christene, Blankes en Afrikaners in Suid-Afrika te leef en te werk. Daardie geskeidenheid het God gewil en dit moet ons so behou. Dit laat geen vrye keuse nie. Dit bind ons. Maar dit is ‘n gebondenheid waarin ons vreugde vind. Dit is ‘n gebondenheid waarin ons geborge voel.

 

Daar is al menigmaal verwys na die destruktiewe rol wat die NG-kerkleiding, die Broederbond en die NP sedert Vorster in ons volk gespeel het. Dit is duidelik dat hierdie liberale knoeiers nog lank nie met hulle vernietigingswerk klaar is nie. Wat hulle doen is om ons volk voor sy vyande te verneder. Asof ons volk nie genoeg beswadder en verniel is nie. Om hulle knoeiery boonop ‘n “Christelike” etiket om te hang, is laag en gemeen. Daar is baie van ons waarvan die beker volgeloop het. Hierdie liberale pappery moet bid en hoop dat hulle nie die wrewel van ‘n ganse volk waarvan die beker volgeloop het, gaan beleef nie.

 

Die aanvaarding van Belhar raak meer as net enkele lidmate van die NG Kerk. Dit raak die ganse Afrikanerdom. Dit sal ‘n onoorbrugbare kloof in Afrikanergeledere meebring. Regte Afrikaners (en daar is nog van hulle in die NG Kerk), word opgeroep om Belhar en ook die Belhar-dissipels met minagting te verwerp. Belhar is kettery. Belhar wil die verguisde en vernederde Afrikaner verder kruisig. Ons sê met alles wat ons het en in ons duisende: Nee!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie