1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529174

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

REPUBLIEK NA 50 JAAR

WAAR SOU ONS GESTAAN HET AS DR VERWOERD NIE VERMOOR WAS NIE?

“Die nasie ly aan ‘n oordaad van voorspoed. ... [Verwoerd] kan daarop aanspraak maak dat Suid-Afrika ‘n skitterende voorbeeld is van vrede op ‘n beroerde kontinent”.

So het die Rand Daily Mail op 30 Julie 1966 geskryf. The Star van 27 Mei 1966 beskou die groeikoers van 6% en die inflasiekoers van 2% op daardie stadium as ‘n “wonderwerk”. Op 26 Augustus 1966 skryf die Amerikaanse blad Time dat “Suid-Afrika ... midde-in ‘n massiewe oplewing [is]”. The Financial Mail het gespekuleer hoe dit moontlik gaan wees om die ekonomiese groei te demp!

 Jan Botha, ‘n politieke opponent van dr Verwoerd het in sy boek Verwoerd is dead geskryf dat Verwoerd ‘n monument (die Republiek) gebou het, dat die Blankes saamgesmee is tot ‘n eenheid en dat die ekonomie dinamies en grotendeels selfonderhoudend geword het. Op daardie stadium was die Republiek van Suid-Afrika maar 5 jaar oud.

 

Komende van sy felste opponente behoef daar kwalik verdere getuienis van die sukses van dr Verwoerd se beleid. Dr Verwoerd was ‘n inspirerende voorbeeld van leierskap en onverskrokkenheid. Hy is bestempel as ‘n “kolos”, wat “getrou was aan die gloed van idealisme in die siel van sy volk” en wie reg en geregtigheid vir alle volke opgeëis is, en nie net vir die Afrikaner nie.

 

Dr Verwoerd wou, na aanleiding van die Hoek-verslag, wat gewaarsku het teen oormatige finansiële magskonsentrasie en die monopolistiese beheer oor strategiese kommoditeite, stappe neem om Suid-Afrika daarteen te beveilig. Hy is deur ‘n gehuurde Kommunis vermoor omdat hy as verpersoonliking van Afrikaner-nasionalisme vierkantig in die pad van hierdie imperialisme gestaan het.

 

Die kommunistiese ANC/SAKP-regime se rekord in 2011 – na 17 jaar van “demokrasie” - spreek vanself. Ons is die misdaad hoofstad van die wêreld, op die rand van anargie, kundige Blankes word uit diens gestel in die naam van “regstellende aksie” en onbevoegde Swartes is besig om elke staatsdepartement te vernietig. Die Blankes se kultuureie word geminag en boere van hulle plase onteien, net om toe te sien hoe eens voortreflike boerderye tot niet moet gaan. Die ekonomie word staande gehou deur buitelandse kapitaal wat sal onttrek die oomblik as die land in anargie verval.

 

As dr Verwoerd nie vermoor was nie en Afrikaner-nasionaliste soos mnr. Jaap Marais hom opgevolg het, sou ons na 50 jaar dié toonaangewende staat in die wêreld gewees het; omring deur state waar elke volk volwaardige selfbeskikking geniet het, waar elke burger (in plaas van net sekeres), ekonomiese voorspoed sou geniet het, en waar vrede eerder as moord en verkragting aan die orde van die dag sou wees.

 

As ons dan vra hoe moet ‘n Republiek vir ons volk lyk – ook in die toekoms – laat ons weer gaan kyk na die Republiek en die nalatenskap van daardie grootste volksheld wat ons volk ooit opgelewer het: dr HF Verwoerd.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie