Americans have in fact become so open to everything that they have become closed to the idea that something might be right and something else wrong
Die AVP plaas hierdie uittreksel uit ʼn boek van Dave Hunt as ʼn oortuiging van onskatbare waarde vir elke Christengelowige. Hy behandel argumente wat ʼn mens daagliks op die lyf loop en veral deur liberale en humanistiese vrydenkers as onomstootlik beskou word. Veral in die lig van die politieke gelykstellingsdogma is Hunt se argument vir gelowiges wat begin twyfel het of die beginsel van verskeidenheid wel verdedigbaar is, ʼn koel bries van nugterheid van denke, gerugsteun uit Gods Woord wat ook die dreigende onheil in ons onderwys uitwys!
In Defense of the Faith (Dave Hunt)
“A Higher Power by Whatever Name”?
Question: Why are Christians so adamantly opposed to the many other concepts of God that are honored in other religions? I agree with what Vice President Al Gore said at the 1993 Presidential Prayer Breakfast in Washington D.C.: “Faith in God, reliance upon a Higher Power, by whatever name, is in my view essential.” Think of the unity there could be if religions would stop quarreling and honor all concepts of God in an open-minded and brotherly fashion!
As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
Die AVP stel dit onomwonde dat ons die oorsaak en gevolg nie beter kan stel as die God wat ons dien dit aan Jesaja beskryf het nie. Dit dien die Afrikanervolk om met aandag hierdie gedeelte uit die Heilige Skrif te bestudeer ten einde perspektief te verkry oor waarom ons in hierdie benouende toestand verkeer, wie dit veroorsaak en hoe dit omgekeer kan word. Mag u daardeur inspireer word
1 DIE gesig van Jesaja, die seun van Amos, wat hy gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem, in die dae van Ussía, Jotam, Agas en Hiskía, die konings van Juda.
2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
3 ’n Os ken sy besitter en ’n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
7 Julle land is ’n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ’n wildernis soos by ’n omkering deur vreemdes.
Die dilemma met die afbreek van die rasgrens is dat ander grense wat noodsaaklik vir ʼn Christelike en ordelike, beskaafde en wetsgehoorsame samelewing was, nou ook in die doofpot gestop is.
Sedert die afskaffing van apartheid in 1994 om toe te gee aan die imperiale moondhede se druk vir die daarstelling van die onbestaanbare “nierassigheid”, is daar ʼn hele spul grense wat in die slag gebly het. Die tragiek is dat grense nie net bloot oorgesteek is nie, hulle het fisies tot niet gegaan soos die Suid Afrikaanse Spoorweë se lyndrade wat die spoorlyne veilig en privaat moes hou, eenvoudig met draad, stut- en ankerpale kompleet verwyder is en vandag om elke gehuggie in elke plakkerskamp pryk.
In Sondag se Rapport, 3 Februarie 2013 skryf Jacques Pauw van ʼn nes van bedrog! Rapport onthul vandag hoe die land se grootste boufirmas meer as ’n dekade lank deur bedrog en oëverblindery gekonkel het om die koste van reuse-bouprojekte kunsmatig op te stoot. Asof Rapport geen aandeel gehad het in die lê van die fondasie wat die geleentheid geskep het vir dekades se bedrog, oëverblindery en gekonkel, toe hulle die NP DA met beriggewing gesteun het en dr. Verwoerd afgekraak het met alles tot hulle beskikking nie!
Beide seëninge en vervloekinge is voertuie van bo-natuurlike handelinge. In die geval van seën raak dit die ontvanger daarvan positief terwyl in die geval van ʼn vloek, dit ʼn negatiewe uitwerking het. Die oorsprong van albei word in die Bybel verduidelik en kan ʼn persoon, ʼn instansie of ʼn volk raak.
HOE WORD SEËN VERKRY?
DEUTERONOMIUM 28:
1 AS jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
(Die AVP se standpunt is dat die aller rede die DA en genote is wat “nie-rassigheid” en integrasie as beleid het en onder die waan verkeer dat dit demokrasie verteenwoordig!)
In die referendum van 1992 is die toentertydse blanke kiesers deur F. W. de Klerk en sy kabinet gevra om "ja" of "nee" te stem op die volgende, oënskynlik onskuldige, vraag: "Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van 'n nuwe grondwet deur onderhandeling?"
Die gevolge van die omstrede meerderheid ja stemme op dié vraag, het nie in die wildste drome van die ja-stemmers se gedagte die besoldiging sonder verdienste, van elke “hooggeagte” swarte in Suid Afrika ingesluit nie. Waarskynlik was dit ook nie deel van die beperkte politieke insig van sommige lede van daardie rampsalige kabinet nie. Nie dat hoegenaamd enige gevolg van verraad by die verraaier, uitgesluit die persoonlike bevoordeling, bereken word nie. Die nadelige en vernietigende gevolge word deur die Afrikanervolk wie se goedertrou so gruwelooslik misbruik is gedra soos wat die berig uit die Beeld koerant hier onder duidelik die omvang daarvan op slegs een enkele terrein aandui.
'n DA wat aan bewind kom, sal Suid Afrika nie 'n snars baat anders as ʼn pigmentverkleuring nie.
2013-01-26 15:00
Johannesburg – Mense moenie bang wees dat die Demokratiese Alliansie apartheid sal terugbring as die party aan bewind sou kom nie, het Helen Zille, die party se leier, Saterdag gesê.
“Ons sal nooit apartheid terugbring nie. Inteendeel, mense wat dink die lewe was beter onder apartheid behoort nie in die DA nie. Ons sal nooit jul toelaes en huise wegneem nie,” het sy gesê.
Dit blyk uit ʼn jaarlikse studie van Open Doors International dat nagenoeg 100 miljoen Christene wêreldwyd vir hul geloof vervolg word.
So skryf Leopold Scholtz in die Beeldkoerant van Woensdag 9 Januarie 2013. Juis in Afrika waar die Christendom die vinnigste gegroei het in die afgelope eeu, is dit ook waar die meeste vervolging plaasvind. Dit blyk uit ʼn jaarlikse studie van Open Doors International dat nagenoeg 100 miljoen Christene wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Hierin is die Islamitiese wêreld weer die grootste sondebok.
In ʼn ander berig word vertel van ses mense in ʼn kerk in Nigerië wat tydens ʼn diens afgemaai is wat die leraar insluit.