1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9986301

Besoekers aanlyn

Ons het 92 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

GEVOLGE VAN WANSTALTIGE BESLUITNEMING

alt(Die AVP se standpunt is dat die aller rede die DA en genote is wat “nie-rassigheid” en integrasie as beleid het en onder die waan verkeer dat dit demokrasie verteenwoordig!)

In die referendum van 1992 is die toentertydse blanke kiesers deur F. W. de Klerk en sy kabinet gevra om "ja" of "nee" te stem op die volgende, oënskynlik onskuldige, vraag: "Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van 'n nuwe grondwet deur onderhandeling?"

Die gevolge van die omstrede meerderheid ja stemme op dié vraag, het nie in die wildste drome van die ja-stemmers se gedagte die besoldiging sonder verdienste, van elke “hooggeagte” swarte in Suid Afrika ingesluit nie. Waarskynlik was dit ook nie deel van die beperkte politieke insig van sommige lede van daardie rampsalige kabinet nie. Nie dat hoegenaamd enige gevolg van verraad by die verraaier, uitgesluit die persoonlike bevoordeling, bereken word nie. Die nadelige en vernietigende gevolge word deur die Afrikanervolk wie se goedertrou so gruwelooslik misbruik is gedra soos wat die berig uit die Beeld koerant hier onder duidelik die omvang daarvan op slegs een enkele terrein aandui.

 

KONINGS ROL LEKKER IN GELD

2013-01-27 23:02

Maryna Lamprecht

Suid-Afrika se tien konings rol in die geld. Hulle kry nie net elk ’n salaris van R1 miljoen per jaar van die regering nie, maar ook heelwat ander byvoordele en toelaes. Belastingbetalers het die afgelope jaar meer as R650 miljoen opgedok vir Suid-Afrika se tien koningshuise en ander tradisionele leiers. Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake het bevestig dat tien konings, 829 senior tradisionele leiers en 5 311 hoofmanne en -vroue op die departement se betaalstaat is. Die konings se amptelike salaris is R927 000 per jaar, maar elke provinsie bepaal watter bykomende voordele en toelaes sy konings kry.

KwaZulu-Natal het verlede jaar R59 miljoen aan die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelithini (64), se huishouding bestee. Daarbenewens het Zwelithini ’n bykomende R18 miljoen gevra om onder meer ’n paleis vir die jongste van sy ses vroue te bou. Hy het ook R3,6 miljoen gekry om sy plase in stand te hou. Zwelithini het 27 kinders. Die Oos-Kaap se vier konings het elk die afgelope jaar ’n splinternuwe Mercedes-Benz ML 320CDI van sowat R703 000 gekry. Onder hul voordele is ook ’n dubbelkajuitbakkie, ’n brandstoftoelae van R120 000 per jaar en ’n jaarlikse selfoontoelae van R24 000. Hul mediesefondslidmaatskap van R33 000 per jaar, asook elektrisiteit, water, munisipale dienste, opknappingswerk by hul paleise, instandhouding van voertuie, reiskoste, verblyf en spyseniering word betaal.

 

In sommige provinsies ontvang konings net hul jaarlikse salarisse en minimale voordele. Tradisionele leiers se salarisse en jaarlikse verhogings word vasgestel deur die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers. Suid-Afrika se Grondwet bepaal dat tradisionele leiers erken moet word. Prof. Pierre de Vos, grondwetkenner, het gesê die Grondwet sê egter niks oor die vergoeding van tradisionele leiers en koninklikes nie. “Dit sê net hul status moet erken word. Dit is ’n simboliese en seremoniële erkenning. “Die apartheidsregering het tradisionele leiers betaal om hulle om te koop. Tradisionele leiers word steeds om politieke redes betaal,” het De Vos gesê. Volgens prof. Marinus Wiechers, grondwetkenner, kry tradisionele leiers nie net staatsgeld nie, maar ook “geweldig baie geld van hul onderdane”. “Hulle het baie min invloed en speel baie min van ’n werklike rol in ’n demokratiese bestel. “Dit word ’n bodemlose put – hulle teer op die staat. “Dit is hoog tyd dat ’n ondersoek gedoen en ’n verslag aan die parlement voorgelê word oor wat dié mense se rol is,” het Wiechers gesê.

 

Beide hierdie twee professore is uiters liberaal en teen apartheid gekant. Dit val vreemd op dat die verloop van uiterste misbruik van staatsinkomste nie in hulle berekening van die gevolge van rasgelykheid in ʼn land met die samestelling van swart oorwig wat deurgaans sigbaar was en waaroor uitvoerig gewaarsku was, nie aanvanklik in aanmerking geneem is nie. Om nou daaroor te kerm is nie ʼn poep in die wind werd nie! Die skade deur hierdie humanistiese en liberale politieke misvatting, is onberekenbaar!

 

Patekile Holomisa, voorsitter van die kongres vir tradi¬sionele leiers (Contralesa), het gesê tradisionele leiers speel ’n baie belangrike rol in Suid-Afrika soos om gemeenskapsake en ontwikkelingsprogramme te bestuur, wet en orde te handhaaf en met die regering te skakel. John Steenhuisen, DA-skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê dit is ongelooflik dat die regering so baie aan tradisionele leiers bestee. “Ek aanvaar tradisionele kulture moet beskerm word, maar ek dink nie die manier om dit te doen is om reuse-begrotings aan die koninklikes en hul families te gee nie.”

 

SA se konings

Oos-Kaap:

Buyelekhaya Zwelibanzi ¬Dalindyebo

Zwelonke Sigcawu

Mpondombini Sigcau

Ndamase kaNdamase

 

KwaZulu-Natal:

Goodwill Zwelithini

 

Mpumalanga:

Makhosonke Enoch ¬Mabhena

Mbusi Mahlangu

 

Vrystaat:

Lekunutu Cavendish Mota

Thokwane Mopeli

 

Limpopo:

Kgagudi Kenneth Sekhu-khune (waarnemend)

 

Soveel kos konings:

 

Die totale koste van tradisionele leiers vir die boekjaar 2011-’12 het meer as R650 miljoen beloop.

 

Jaarlikse salarisse:

 

10 konings teen R972 319 elk

829 senior tradisionele leiers teen R170 096 elk

5 311 hoofmanne en -vroue teen R71 644 elk

Een voorsitter van die nasionale huis vir tradisionele leiers teen R657 077

Een adjunkvoorsitter van dié huis teen R502 563

21 lede van dié huis teen R270 530

Sewe voorsitters van die provinsiale huise van tradisionele leiers teen R541 191 elk

Sewe adjunkvoorsitters van dié huise teen R463 803

 

Die konings in Mpumalanga:

 

’n Mercedes-Benz ML 320CDI elk van R703 000

Koning Goodwill Zwelithini:

R59 miljoen vir sy huishouding

R3,6 miljoen vir instandhouding van sy plase

 

Die konings in die Oos-Kaap:

 

R33 120 vir siekefondslidmaatskap

’n Mercedes-Benz ML 320CDI elk van R703 000

Brandstoftoelaag van R120 000

Motorinstandhouding

Selfoontoelaag van R24 000

’n Dubbelkajuitbakkie elk

Elektrisiteit

Munisipale dienste

Reiskoste

Verblyf

Spyseniering

HOEVEEL KOS DIE KEISER SE KLERE?

2013-01-28 23:00

Behoort Suid-Afrikaners jaarliks honderd-miljoene rande te betaal om die land se koninklikes en tradisionele leiers te onderhou? Maryna Lamprecht het probeer uitvind.

’N Ondersoek van Beeld het gewys die land se tien konings en ’n paar duisend tradisionele leiers het die belastingbetaler die afgelope jaar meer as R650 miljoen gekos.

Buiten die jaarlikse salaris van R1?miljoen wat elke koning verdien, dok die belastingbetaler ook op vir luukse motors en deftige paleise waarin die konings woon.

Ses van die konings het onlangs elk ’n blink nuwe Mercedes-Benz ML 320CDI gekry om mee rond te rits.

Selfoontoelaes van R24 000 per jaar word betaal, brandstoftoelaes, motorinstandhouding, verbeterings aan huise en paleise, elektrisiteit, munisipale dienste, reiskoste, verblyf, spyseniering. Die lys is lank.

 

Dan kry 829 senior tradisionele leiers en 5 311 hoofmanne en -vroue ook salarisse uit die staatskas. Saam kos tradisionele leiers en konings die land ’n aardige bedrag geld.

Net die uitgawes wat Beeld met sekerheid kon vasstel, was meer as R650 miljoen die afgelope jaar. Die vraag is: Waarom betaal Suid-Afrikaners honderdmiljoene rande elke jaar om koningshuise en tradisionele leiers in stand te hou? (Die AVP se antwoord: Omdat die Afrikanervolk verraai is deur juis diegene wat nou daaroor skryf en kerm!)

 

Kan dié geld nie beter aangewend word nie? (Die AVP antwoord: Nie solank as wat hierdie Onchristelike, swart meerderheidsregime die politieke beheer het en ons Afrikaners bereid is om dit te aanvaar en poog om dit te laat werk nie)

 

Volgens prof. Fanie Cloete, beleidsontleder van die departement van openbare regeerkunde aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), is daar in talle lande spanning tussen moderne demokratiese stelsels en ou aristokratiese gebruike. “Dit is nie net by ons ’n probleem nie. Dit is deur die hele Afrika heen ’n probleem. Ook in ’n land soos Indië waar daar tradisionele prinse is, is dit baie problematies. “In Engeland is daar ’n uitgebreide koningshuis wat klomp toelaes van die staat ontvang. Dit werk ook so in Nederland en in Swede. “Oral is die vraag: Verdien dié mense dit net omdat hulle so gebore is?

 

“In ’n demokratiese staat moet jy vra of dit quid pro quo is. Is die teenprestasie wat hulle lewer genoeg om die uitgawe te regverdig?” Volgens Cloete verdien die koningshuis en koninklikes jaarliks honderdmiljoene vir die Britse ekonomie deur toerisme, maar in Suid-Afrika is dit nie die geval nie. “In Suid-Afrika sou jy kon sê tradisionele leiers oefen ’n beheerfunksie uit oor hul mense. Hulle vervul ’n regeringsrol. Maar wat van die buitensporige toelaes wat betaal word? Is die bydra wat hulle lewer goed genoeg vir dit wat hulle betaal word?”

 

Volgens prof. Willie Breytenbach, politieke ontleder aan die Universiteit van Stellenbosch, is tradisionele leiers aanvanklik deur die NP om politieke redes aangestel en betaal. “Daardie jare is die koningskap en hoofmanskap vir opportunistiese en politieke redes aangewend. “Toe was dit NP-politiek en nou is dit ANC-politiek.” Die NP het tradisionele leiers aangestel om mense in tuislande te beheer in ruil vir vergoeding, het Breytenbach gesê. Volgens Cloete het dit sake vererger. “Die probleem is vererger deur die NP-regering wat vroeër jare kunsmatig die manne aangestel het omdat hulle die middelmatiges was en ’n buffer was vir die NP teen die radikale aktiviste van daardie tyd. “Nou is hulle daar, hulle is aangestel en hulle moet betaal word.”

 

Nes die NP destyds tradisionele leiers om politieke redes gebruik het, net so gebruik die ANC-regering vandag dié leiers om politieke mag te behou, het prof. Marinus Wiechers, grondwetkenner, gesê. “Hulle het baie gesag onder die ouer generasie. Dit is die regering se manier om stabiliteit in die tradisionele omgewing te behou en om stemme vir die ANC te wen.” Kragtens die Grondwet moet tradisionele leiers erken word, maar daar word nie bepaal dat hulle betaal moet word en hoeveel dié vergoeding moet wees nie. Volgens prof. Pierre de Vos, grondwetkenner, gebruik die regerende party, nes die NP destyds, tradisionele leiers om mense in landelike gebiede te beïnvloed en te beheer. “Die stelsel hou mense gelukkig en dan stem hulle vir die ANC. Dit is ’n afkopery.”

 

Phatekile Holomisa, voorsitter van die kongres vir tradisionele leiers (Contralesa), meen egter tradisionele leiers speel ’n baie belangrike rol in Suid-Afrika. “Hulle beheer gemeenskapsake, is verantwoordelik vir ontwikkelingsprogramme, die toekenning van grond aan gemeenskappe en hulle handhaaf wet en orde.” Hulle is ’n belangrike skakel tussen tradisionele gemeenskappe en die regering, het Holomisa gesê. “Jy kan nie ’n prys op goeie regering plaas en die rol wat hulle speel nie.” Lennox Mabaso, woordvoerder van die departement van tradisionele sake in KwaZulu-Natal, het gesê tradisionele leiers lei die stryd teen armoede en morele verval en help met sosiale kohesie. “Ons moet ontslae raak van die mite en die verkeerde persepsie dat tradisionele leiers net ’n geldelike las is en geen waarde toevoeg tot die versterking van ons demokrasie en die uitroei van maatskaplike probleme nie.”

 

Volgens Cloete moet daar bepaal word of die rol wat tradisionele leiers vervul die koste regverdig. Hy stem saam met Wiechers dat ’n ondersoek gedoen moet word en ’n verslag aan die parlement voorgelê moet word oor die rol van tradisionele leiers. “ ’n Ondersoek kan help om te bepaal hoe tradisionele leiers ’n nuttiger of meer aanvaarbare rol kan speel. As hulle beter benut word, sal daar beter regverdiging wees vir dit wat hulle verdien.  “Dit kom terug na quid pro quo.” Volgens Breytenbach is so ’n ondersoek ’n uitstekende idee. (Die AVP se mening: ʼn Hersenskim, soos wat Lennox Mabaso hierbo bevestig)

 

“Hoekom betaal ons nou nog al die tyd ten duurste vir dié koningshuise? Dit is om politieke redes. Om stemme te wen. “Dit is een van die redes waarom die ANC goed vaar in plattelandse gebiede. Die regering betaal genoeg aan die konings en hoofmanne om hulle en hul onderdane aan die regering se kant te hou.” John Steenhuisen, DA-skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê dit is “ongelooflik” dat die regering so baie aan tradisionele leiers bestee en daar is geen rede waarom dié leiers nie hulself kan onderhou nie. (Die AVP se standpunt is dat die aller rede die DA en genote is wat “nie-rassigheid” en integrasie as beleid het en onder die waan verkeer dat dit demokrasie verteenwoordig!)

 

Dat Suid-Afrika se koninklikes gou hul eie brood en botter sal moet verdien, lyk egter onwaarskynlik. Breytenbach het gesê die ANC sal nie besluit om tradisionele leiers af te skaf of ophou om hulle te betaal nie. “Dit is vir hulle ’n nuttige steunbasis. As jy die konings en hoofmanne mobiliseer en aan jou kant kry, maak dit polities sin.” Cloete meen solank die ANC aan die stuur van sake wil bly, kan hy nie anders as om tradisionele leiers gelukkig te hou nie. “Maar dit bly ’n dilemma en demonstreer die punt dat daar ’n manier gevind moet word om uitgediende praktyke met moderne verkose politieke praktyke te versoen

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie