Defence lawyers said they intended calling two more witnesses to back up Loots' evidence.
The State, for its part, said it would call at least 10 witnesses to refute Loots' claims.
Die Boeremagsaak is steeds aan die gang met kapt. Deon Loots wat getuig. Twee berigte oor kapt. Loots se getuienis, een in ʼn Engelse en een in ʼn Afrikaanse koerant. In verband met die aantekening van Loots se verklaring op die oorkonde (hofrekord): In 'n vorige berig het ons gelees dit (kan slegs?) dien tot strafversagting. Bid jou aan!
Dit is interessant dat in meeste van die “regse sameswerings” se onthullings, die naam van Jacques Pauw as verslaggewer telkens uitslaan. Pauw wat as linkse onder die hande van 'n sekere Odendaal deurgeloop het, was glo op sterwe na dood na 'n vreemde motorongeluk naby Van der Bylpark, Vereeniging.
Dit was ook Odendaal wat Gustav Muller se beweerde sekseskapades aan Pauw onthul het. Hierdie selfde Odendaal is ook deur die Zuma-bewind as lid van 'n kontingent huursoldate wat Ghaddafi moes beskerm ingespan. As mens nou ingedagte hou dat Pauw en Max du Preez albei by die vergane Vrye Weekblad werksaam was en dat dit hulle twee was wat op loop gegaan het met Dirk Coetzee van Vlakplaasfaam se onthullings en dan onthou dat adv. Piet Pretorius in Volksverraad geskryf het dat Max du Preez vir Militêre Intelligensie gewerk het, raak die interne verraadnetwerk so inmekaargevleg dat ʼn regter en/of landdros ʼn bykans onmoontlike taak het om waarheid en leuen te onderskei. Die kans dat die “Boeremaglede” ʼn regverdige verhoor sal kry lyk in die lig van alles wat nou openbaar raak, onhaalbaar. As daar dan nog regters, advokate, aanklaers en prokureurs praktiseer wat met hierdie politieke aangeleenthede te make het en dieselfde ingesteldheid het as Chaskalson en Gauntlet bv., is hul kanse ʼn ronde nul!
JOHANNES 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry
Wat ʼn belofte!
JOHANNES 10:10 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape
As ons die skape is, is die weiding dan nie God’s Woord nie?
ANC deputy president Cyril Ramaphosa will never be president of South Africa, if supporters of President Jacob Zuma have their way.
In ʼn berig wat in die Mail & Guardian verskyn het, word die bewese waarheid soos oor eeue waargeneem, opnuut bevestig. Wanneer daar twis en/of verskille op veral politieke gebied tussen swartes ontstaan, kan jy dit maar gaan soek by die verskil in etnisiteit en nege uit tien keer sal jy die oorsprong dáár vind. Die stelling dat bloed dikker is as water, slaan hier weer soos ʼn vetkol deur.
Die AVP het verskeie kere daarna verwys dat Jacob Zuma besig is om homself te verskans teen die aanslae wat hy deeglik van bewus is wat teen hom beplan word. Daar moet in gedagte gehou word dat ten spyte daarvan dat beide hy en Thabo Mbeki top Kommuniste was terwyl hulle in ballingskap die ANC se stryd met ander magte se geld en ondersteuning gevoer het, die etniese verskil nie gepla het nie.
RUSSIA SEES AMERICA'S ERROR, MAY BAN PUBLIC HOMOSEXUALITY [Excerpts] 
Die Russe openbaar groter nugterheid oor die gevaar wat homoseksualisme vir ʼn samelewing inhou as Amerika en die res van die wêreld, Suid Afrika ingesluit!
Russia is preparing to debate and act on legislation barring homosexuality from the public arena, including homosexual "pride" parades. The country is moving to ban same-sex "marriage" and even public acts of affection between homosexuals.
The Associated Press reports that the bill, which comes up for a vote later this month in the Russian parliament, is "part of an effort to promote traditional Russian values as opposed to Western liberalism, which the Kremlin and the Russian Orthodox Church see as corrupting Russian youth...."
GOUD EN DIAMANTE
Die ANC se planne om die land se mineralerykdom te “nasionaliseer” is so oud soos die Freedom Charter. Voor die ANC se bewindsaanvaarding het hierdie voornemens verder beslag gekry in beleidsdokumente van die organisasie.
Gunter Schickelgruber skryf in Dokument X (p. 109) vooraanstaande ANC’s was reeds voor 1994 by die smokkel van sogenaamde rou goud (amalgaam) betrokke. Hy noem Ramaphosa, Tokyo Sexwale en Thabo Mbeki se name in dié verband. Ramaphosa sou volgens Schickelgruber as die hoofsekretaris van die COSATU-vakbond NUM, Swart mynwerkers aangemoedig het om amalgaam van die myne te steel. “Hierdie operasies het selfs na 1994 voortgegaan. In Sexwale se premierstyd is die goud glo in voertuie van die sogenaamde Gautengse wetgewer vervoer en in die ANC-hoofkantoor Shell-Huis in Johannesburg opgegaar.
Dan, opsienbarend, onthul die skrywer (p. 109): “Willem Lotter, ʼn boer van Lotterkrans, distrik Perdekop, het die amalgaam verwerk.
Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing. (sê Dawid)
Wonder u somtyds as dit met u swaar gaan of daar werklik ʼn God is? Wonder u selfs of u gered is? Wonder u nie ook in die lig van ons eie leiers se ontrouheid waarom God dit toelaat nie? Wonder u ook oor die opregtheid van die kerk wat u besoek om God’s Woord te hoor? Met die uitsprake van Teoloë oor die inhoud van die Bybel en die horisontale preke van bedienaars van die Woord, wonder u nie ook oor die waarheid daarvan nie?
U hoef werklik nie verder te wonder nie! Die antwoord op elke moontlike vraag of kommer wat u mag hê, sal u vind in die Woord van God. As u nie self gereeld die Woord van God lees nie, aandagtig, biddend en bestuderend lees nie, begin dan vandag sodat die Heilige Gees u kan leer! Want ons volk gaan ten gronde vanweë ons eie en persoonlike ongeërgdheid in ons omgang met God en Sy Woord wat lewend geword en onder ons kom woon het. Hier is maar net enkele verse uit God se Woord om u te prikkel om opnuut ʼn Bybelstudent te word wat dit waaroor u wonder sal wegneem en u in verwondering oor die krag daarvan sal bring en voorberei vir u ontmoeting met die Koning van die Konings wanneer Hy kom!
In die lig van die skokkende onthullings van kapt. Deon Loots en hoe die Regering doelbewus mense in ‘n lokval gelei het om ʼn “regsegevaar” te skep, kom nuwe bewerings oor hoe Suid-Afrika twintig jaar
gelede deur FW de Klerk en sy trawante verkoop is. Vir 2 dekades word vermoed dat die FW de Klerk-regering geld ontvang het om die kommunistiese oorname in Suid-Afrika te bewerkstellig. Fluisteringe van groot bedrae in Switserse bankrekenings kon nooit bewys word nie. Inligting wat nou op verskeie webblaaie verskyn het, word deur die AVP as belangrik geag, veral omdat dit in dieselfde gees van veragting vir menselewens en die Afrikanervolk se toekomsverwagtings figureer as die gebeure waarna Kapt. Deon Loots in sy verklaring verwys.
UITERS SKOKKENDE INLIGTING WAT LATER IN DIE ONDERSTAANDE DOKUMENT AAN DIE LIG KOM,Wat as dit waar is, F.W. de Klerk in ʼn onbenydenswaardige posisie sal plaas.