...En op die voorstoep van 2013. Wat lê agter u wat oorgebly het van u verwagtings en wat lê voor u wat u met sekerheid kan voorspel?
9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;
10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
JESAJA 46
1 Bel het inmekaargesak, Nebo staan krom; hulle afgode is vir die diere en die vee; beelde wat julle rondgedra het, is opgelaai, 'n vrag vir die vermoeide diere.
2 Saam staan hulle krom, inmekaargesak; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangenskap gegaan.
Nie die kwessie van die aanskaf en vertroeteling van honde nie, maar die fokus op die handhawing van eie kultuur en karakter wat jou onderskei van ander soos wat dit in die skepping bedoel was. Alles volgens hulle soorte, plante, diere, insekte, voëls en uiteindelik ook volke.
Dit is betekenisvol dat die hoofstroom media dit goedvind om Zuma oor hierdie spesifieke uitspraak aan te val en te verneder deur dit te trek oor die boeg van die troeteldier, nl. Die hondjies waarna Zuma verwys het. Dit is egter ooglopend duidelik dat Zuma die voorbeeld van die hond gebruik het om sy vermaning aan sy eie volksgenote en veral die jeug te versag om nie afstand tussen hom en die jeug te vergroot nie.
Die Aanloop
Lank, lank gelede, in die jaar 1994 is die orde versteur in ons land. Die gevolg van transformasie. Romeins Hollands na Romeins Heidens. Boekgeleerdheid vervang met intellektuele vryheid, uitkoms gebaseerd! Geletterde parlementariërs is ʼn onding, daarom word skoolboeke in die rivier gegooi, want n geleerde vis wat vrek van besoedeling het meer waarde as ʼn geletterde skolier. Enige Janswaap en sy maat kan mos die titel, Sy Edele verwerf deur blote eleksie, solank hy net militant genoeg is. Wie sal ooit die grille en giere van die voorvadergeeste verstaan? Slegs n tradisionele leier se dollosbene kan die storie vertel en dit is gewoonlik nie ʼn mooi storie nie.
DIE GRENSOORLOG EN DIE VAL VAN RHODESIË EN SUIDWES MAAR OOK DIE PORTUGESE BEWIND IN ANGOLA EN MOSAMBIEK
(Henry) Kissinger sou 'n sleutelrol speel in die groter Suider-Afrikaanse teater waarin al die Christelike regerings tot 'n val gebring is. Die val van die Blanke bewind in 1994 in Suid-Afrika is maar 'n nadraai van gebeure in Suid-Afrika se noordelike buurstate.
Die feit dat dit weens beplanning van Amerikaners en besonderlik die toedoen van karakters soos Kissinger gebeur het, word deur historici en joernaliste onderbeklemtoon. Ook die bewind van P.W Botha het hom skuldig gemaak aan hierdie sonde. Veel is byvoorbeeld gemaak van stellings soos dié van die Sowjet-leier Leonid Breznjef dat die Sowjet-Unie en sy surrogate die verowering van Suid-Afrika in die visier het, terwyl Richard Nixon, die president wat Kissinger aangestel het, verklaar het dat die Amerikaners hul ten doel stel om die Midde-Ooste met sy olie- en gasbronne, sowel as mineralebronne van Suid-Afrika te beheer. Waarom moet sulke rykshonger uitsprake as van minder gevaarlik en van minder erns beskou word net omdat Westerlinge en oënskynlike Westerlinge dit doen? En so bloedig soos die Sowjet-Unie en sy surrogate se beplannning was, so bloedig was die gevolge van die Amerikaners se beplanning.
Daar het vanoggend 'n verontrustende berig op 'n webwerf verskyn wat betref 'n buitengewone oplewing in Amerika se militêre betrokkenheid in Afrika.
Aangehaal: A US army brigade will begin sending small teams into as many as 35 African nations early next year, part of an intensifying Pentagon effort to train countries to battle extremists and give the US a ready and trained force to dispatch to Africa if crises requiring the US military emerge. General Carter Ham, the top US commander in Africa, noted that the brigade has a small drone capability that could be useful in Africa. But he also acknowledged that he would need special permission to tap it for that kind of mission.
Die Bloemfontein verkiesing.
Die uitslag van die 2012 verkiesing van die Nasionale Uitvoerende Komitee (NEC) van die ANC, bevestig die AVP se voorspelling dat Zuma homself deeglik beskerm het omdat hy enersyds die Afrikastyl politiek verstaan en andersyds omdat hy in ʼn onbenydenswaardige posisie sou verkeer indien hy verloor het. Derhalwe het nie ʼn enkele teenstander van hom die eerste 6 topposte gehaal nie.
Dat alles glad verloop het is egter om onverantwoordelik met die waarheid om te gaan. Vele stemme van erge protes oor die wyse waarop die verkiesing bestuur is het al opgeklink, dog sonder dat dit êrens grondvat.
Paul Trewhela says the Mangaung elective conference was determined by fraud
"Widespread irregularity" within the ANC - and the "forces of change"
Is dit nie waarom die Afrikanervolk en ons sogenaamde leiers by die VN, Swart Kommunistiese Regime, Sieners en buitelandse moondhede ons heil verwag nie? Vanweë ons ongeloof?
MARKUS 9:17-22
17 En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat ’n stomme gees het, na U gebring;
18 en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.
19 Toe antwoord Hy hom en sê: O Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.
20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
21 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;
22 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.