DIT HET NIE GISTER BEGIN EN GAAN NIE MÔRE OPHOU NIE!
Met die afsterwe van twee aartsliberaliste en Afrikanerhaters, Chaskalson en Gerwel, wat die lewensbeskoulike beginsel van afsonderlike ontwikkeling van die Afrikanervolk met hand en tand beveg het, verskyn die satanaanbidder Gaga op die toneel om verder by te dra tot die ondergrawing van die beginsel van Christelike waardes van ons volk.
‘n Bevestiging en seker bewys aan strydmoë Afrikaners dat stryd nie gister begin het en nie more gaan ophou nie. Stryd is ewigdurend en beproewend vir die Afrikaner se sin vir verantwoordelikheid, veral sy geloof, standvastigheid en moed. Dit is by gebrek aan hierdie kwaliteite dat ons volk hand-oor-hand ingesleep word in die wêreldse maalkolk van dekadensie waarvoor die liberale en Humanistiese gelykstellingsbenadering van Gerwel, Chaskalson en genote die weg help voorberei het. Dat ons volk op bedenklike wyse ingesleep is in hierdie stroomversnelling van verval, met diaboliese werksmetodes deur gesante van die bose wat jammerlik nog vandag in die lewe oorgebly het,is sekerlik waar maar nie ʼn verskoning vir dié van ons wat dit nou aanvaar en daaraan meedoen nie.
HABAKUK 3: 12-19
ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak.
In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.
13 U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.
14 U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.
15 U betree die see met u perde, ’n hoop magtige waters.
16 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak.
17 Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —
18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
19 Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
O Vader, hoe het die sorge van die lewe ons oë verblind dat ons op prinse begin vertrou en U almag vergeet het! Laat ons lippe weer tril en ons ingewande bewe sodat ons geloof in U versterk mag word en ons kan wag op U wat nasies dors in U toorn! Trek tog uit tot redding van U volk, o Vader, in Jesus se Naam pleit ons by U.
Deur dr. Patrick Slattery (op David Duke se webwerf) – In die hele (Amerikaanse) herfs en terwyl die res van die land die perderesies tussen Obama en Romney dopgehou het het ek berigte gelees oor Joodse aanvalle op hul teenstanders in Gasa.
Die feit dat Israel se aanvalle die afvuur van primitiewe vuurpyle uit die Gasa-ghetto voorafgegaan het, is buite (verhewe bo) kennisname én nie ter sake nie. Wel ter sake is dat sedert 2007 Israel Gasa onder beleg hou met Israel in beheer van die lug, kuslyn en sy grense.
In hierdie tyd het nie 'n enkele vliegtuig aangekom of vertrek van Gasa se deur bom-verflenterde-lughawe nie. Op die min skepe bestem vir Gasa het Israel se vloot met geweld beslag gelê, die skepe se bemanning in hegtenis geneem of vermoor. Palestyne van Gasa wat te na aan die heining waag wat deur Israel opgerig is ten einde Gasa se mense in gevangenisskap te hou, word doodgeskiet, ook 'n seun wat vroeër vandeesmaand sokker gespeel het, sy dood wat voorspelbaar 'n futiele vuurpylaanval ontlok het en deur Israel aangewend is as voorwendsel vir hul volksmoordstandpunte.
Zuma is dalk nie bekend met al die fyner dialektiese punte in die bedryf van 'n kommunistiese rewolusie nie, die strominge en onderstrominge in die vloei van Afrika-mag het hy wel op die punte van sy vingers.
Met sowat twee weke oor voor die ANC se leierskapverkiesing in Bloemfontein lyk die kanse rooskleurig vir Jacob Zuma om vir 'n tweede termyn sy giftige ANC-heerskappy oor die land en die Afrikanervolk voort te sit.
Zuma se teenstanders; en dis nie in die eerste plek opponente soos Kgalema Mothlante wat ANC-strukture na vore kan stoot nie; lyk maar soos 'n paar verdwaalde uile op 'n paar verdwaalde kluite met min of geen geen relevansie tot wat hom binne enkele weke in Bloemfontein sal afspeel nie.
Dis inderdaad nog net die buitengewone, soos 'n sluipmoord of 'n toeval, wat die land van nog 'n termyn van wegholkorrupsie en groot en skynbaar belowende indabas (soos gemoedelike etes saam met “behoudende” Afrikaner-BBP's), met 'n kenmerkende Zuma-stempel kan red.
In September vanjaar was daar nog swanger afwagting oor moontlike verwikkelinge in die ANC-leierskapstryd. Met die Marikana-slagting het Julias Malema boonop terug op die leierskaptoneel gebars en dit het gelyk of die ANC 'n keisersnitleierskap tegemoet gaan, Malema wat met vreemde Britse aanmoediging (toe hy onder meer in Londen was tydens die Olimpiese Spele), die kontroles van die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) uit die hande die Zoeloe van Nkandla kon gryp.
Die Burger - Philip de Bruin 19-10-12
KAAPSTAD. – ’n Vrou wat erg deur voorvadergeeste geteister is, moet in haar pos heraangestel word, al het sy ’n maand verlof geneem sonder haar werkgewer se toestemming.
Dié uitspraak is deur drie regters in die arbeidsappèlhof gelewer. Die regters het na hul uitspraak verwys as “iets nuuts”. Die tyd het aangebreek dat aanvaar word die tradisionele Westerse kultuur in Suid-Afrika kan nie die Afrika-kultuur van baie mense oorheers nie.
Die uitspraak word in die jongste uitgawe van die prokureurstydskrif De Rebus bespreek.
I/S: Boereregte om hulle eiendom te beskerm.
Die AVP het hierdie brief wat in die Landbouweekblad gerig is ontvang en plaas dit graag ter wille van die Boere wat dit nie gelees het nie en terselfdertyd in landsbelang ter wille van elke Blanke wie se eiendom en lewe bedreig word met die skynbare goedkeuring van die regime.
Adv. A. J. Murphy
16 November, 20121
Die Redakteur
Landbouweekblad
Geagte Heer,
I/S: Boereregte om hulle eiendom te beskerm
Ek het verlede week oppad na my plaas in die Karoo, deur de Doorns gery en het aanskou hoe boere se wingerde afgebrand word deur werkers. Wat my veral opgeval het is die onbehulpsaamheid waarmee die Suid Afrikaanse Polisie die situasie hanteer het. Praat nie eers van die feit dat die land se hoofroete tussen die moederstad en die binneland vir dae deur niks anders as boewery gesluit en die verkeer ontwrig is nie; dit is onverskoonbaar dat die regering en veral die Polisie toelaat dat mense se eiendom op so „n misdadige wyse vernietig word en dat hulle soos n spul padbobbejane langs die hoofweg sit en toekyk hoe die vernietiging voortgaan sonder om 'n vinger te veroer nie.
AGRI SA SE OPLOSSING VIR DE DOORNS
Dit verstom ‘n mens dat liberale organisasies deur hulle optrede en uitsprake die indruk bly wek dat die gewone blanke landsburger se intelligensie en hulle s’n op dieselfde vlak lê, terwyl die verloop van die politiek in Suid Afrika sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd nou al by herhaling bewys het dat hulle intelligensie met dié van die res van Afrika vergelyk kan word as dit by politieke oplossings kom.
Probeer sin maak uit Agri SA se stelling dat: Boere in die Wes-Kaap wie se werkers onwettig staak moet toegelaat word om self te besluit wat die mees geskikte optrede teen hulle sal wees, het Agri SA Vrydag gesê.
"Wetteloosheid en kriminele aktiwiteite kan nie geduld word nie en die skuldiges moet deur die gewone vervolgingsproses tot verantwoording geroep word," het Anton Rabe, hoof van Agri SA se arbeidskomitee, gesê. Werkgewers moet besluit hoe om teen stakende werkers op te tree, omdat die staking onwettig is, het Rabe gesê. Hierdie berig het in die Rapportkoerant verskyn en sê tegelyk dat die Boere moet self kan besluit en dat die skuldiges deur die gewone vervolgingsproses tot verantwoording geroep moet word.