Rook wek onrus by die mens.
Daar moet iets in die geheue van die mens vassteek wat telkens gewek word by die aanskoue van rook.
Die sielkundiges weet van die onrus wat rook by die mens baar, waarskynlik ook elke politikus en vakbondleier wat kennis dra van Moskou se metodes van rewolusie.
In die wêreld van die drama, dis nou daardie drama wat hom op die verhoë en voor die televisiekameras, ook televisienuuskameras, afspeel, is die effek van rook op die kyker en toeskouer bekend.
Hierdie kennis word waarskynlik oorgedra onder die opskrif, Rook en spieëls.
Lees gerus weer hierdie berig wat in Beeld verskyn het en vergelyk dit dan met Genls. Louis Botha en Jan Smuts se optrede in 1914 soos wat dit rapporteer is in die Advertiser van 1914. Dat die liberaliste, die mynmagnate en imperiale regerings nog altyd hand om die blaas loop, slaan telkens soos vetkolle op ʼn bruin papiersak waarin jy biltong probeer wegsteek, uit.
Marikana moenie beleggers afskrik’ (OF MOET DIT?)AVP se vraag.
2012-09-18 21:56
Leopold Scholtz
Brussel. – Die regering is ondanks die onlangse myngeweld by die Marikana-myn in volle beheer van die situasie. Beleggers moet dus nie afgeskrik word nie, was pres. Jacob Zuma se gerusstellende boodskap gistermiddag hier.
SIMPATIE VIR DIE AFRIKANERSAAK , REEDS IN 1900.
In ʼn voorval op die 4e April 1900, vuur 16 jarige Jean-Baptiste Sipido van Brussels twee skote met ʼn handwapen na die Prins van Wallis. Die prins van Wallis en sy vrou was op ʼn trein op pad na Kopenhagen toe Sipido op die trap van die trein spring by die Brussel spoorwegstasie en twee skote op kort afstand op die Prins afvuur. Die skote het die Prins wonderbaarlik gemis.
Brussels was ʼn sentrum van protes teen die Britte se oorlog teen die Boere in Suid Afrika en hulle argwaan was hoofsaaklik teen die Koninklike familie gerig. Sipido het aan die polisie gesê dat hy die Prins wou dood omdat hy so baie mense in Suid Afrika se dood veroorsaak het.
DHR. VAN KLAVEREN: "
ISLAMITISCHE EERWRAAK IS SLECHTS HET TOPJE VAN DE IJSBERG"
Onlangs heeft de Partij voor de Vrijheid aan de bel getrokken betreffende het bij moslims in zwang zijnde, middeleeuwse gebruik van de zogenoemde 'eremoorden'. Meestal is het slachtoffer een vrouw of meisje dat om de eer van de familie te redden vermoord moet worden met de nadruk op moet (n.s Ons beklemtoon die woordjie 'moet', omdat dit die heilige plig van 'n moslem is, dat 'n meisie of vrou vermoord moet word om die eer van die familie te red)
Het kan dan om iets heel onschuldigs gaan zoals een meisje dat met een jongen heeft gepraat of hem maar zelfs heeft aangekeken. Omdat moslims weten dat de straffen in westerse landen zeer laag zijn laten ze het vuile werk dikwijls door een minderjarige opknappen. dat kan een neefje of broertje zijn van het slachtoffer maar het komt ook voor dat een vader of moeder of zelfs tante of oom de moord pleegt. De PVV wil dat er een eind aan deze gruwelijke praktijken word gemaakt en heeft reeds Kamervragen gesteld. We vragen het Tweede Kamerlid meneer Joram van Klaveren hoe deze mensonterende zaken voor eens en altijd kunnen worden uitgebannen.
Handelinge waarvoor de Klerk deur Afrikaners onthou sal word:
Optredes sonder mandaat.
Dat hy in 1990 die destydse Suidwes-Afrika, wat deel van Suid-Afrika was, weggegee het sonder ’n mandaat van die kiesers. Dit terwyl duisende Suid-Afrikaners met hulle lewens moes betaal in grensoorloë.
Dat hy sy belofte oor ’n tweede referendum nie nagekom het nie en ’n oorgawe aan die ANC beklink het sonder 'n mandaat van die kiesers. Want op 17 Maart 1992 is ’n referendum onder die kieserspubliek gehou oor die vraag of die regering moes voortgaan met onderhandelinge met die ANC al dan nie. Volgens De Klerk sou daar na afloop van die onderhandelinge ’n tweede referendum wees om die toekomstige staatsbestel goed/af te keur.
Die twyfel wat deur moderne “skrifgeleerdes”, indien nie Fariseërs nie, oor die inhoud van die Bybel gesaai word en as fabels afgemaak word, het by baie gelowiges verwarring en onsekerheid laat ontstaan sodat gelowige ankers begin losraak.
Lukas wat ʼn mediese dokter was het egter reeds in die tyd rondom die gebeure waarvan ons vandag lees, veral sedert die geboorte van Jesus tot by Sy kruisiging en opstanding, die twyfel gemerk en noukeurig navorsing gaan doen deur met mense wat daar was, die gebeure gesien en selfs daarby betrokke was, gaan praat en dit geboekstaaf.
Ons het dus nie met fabels te make nie, maar met geskiedkundige gebeure wat noukeurig nagevors en opgeteken is deur met mense wat dit gesien en beleef het te praat en chronologies te boekstaaf. Lees Lukas se besorgde stelling oor die baie vertellings van wat werklik plaasgevind het en sy besluit om orde daarin te bring. Ook sommige ander gedeeltes wat die waarheid onomstootlik bevestig!
DIE AVP SE NUWEJAARSBOODSKAP VIR 2013
DEUTERONÓMIUM 11:12 ’n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
Wanneer gelowiges ʼn nuwe dag, ʼn nuwe week, ʼn nuwe maand, maar ook en veral ʼn nuwe jaar betree, sonder om ons God en Vader in aanmerking te neem, is chaos ons voorland. Hy het Sy oë altyddeur op die land. Nie net by die aanvang van die nuwe jaar nie, maar tot aan die einde daarvan!
As ons Afrikanervolk terugkyk op 2012, kan ons tereg wonder of Suid Afrika nog onder God se sorg val, en as daar twyfel by ons is moet ons dadelik deur selfondersoek ons eie en persoonlike aandeel aan die rede vir die gebrek aan die sorg van God vir Suid Afrika vasstel voordat ons dit op enige ander plek of by ander redes gaan soek.
Die wonderlikste versekering wat ons egter kan hê vir 2013 wat voorlê, ongeag van wat reeds vooruit bepaal kan word op grond van wat nou al reeds sigbaar is, is die versekering uit die Bybel dat God se oë van die begin van die jaar tot die einde van die jaar, altyddeur op Suid Afrika gerig is! Maar wat is dit wat Hy verwag om te sien?