As jy agter die wêreld aanhardloop, sál jy melaats word!
11KONINGS 5:
EN Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was ’n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die HERE aan die Arameërs ’n oorwinning gegee; en die man was ’n dapper held, maar melaats.
2 En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die land van Israel ’n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Naäman se vrou gekom het.
3 En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samaría is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.
4 Toe gaan hy in en gee dit aan sy heer te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die land van Israel kom.
5 En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil ’n brief aan die koning van Israel stuur. En hy het gegaan en tien talente silwer en sesduisend sikkels goud en tien stel klere saam met hom geneem,
6 en aan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Naäman na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem.
DIE DE DOORNS DEBAKEL
Ek haal enkele opmerkings uit ʼn berig van SAPA aan ten einde lig te werp op die debakel by de Doorns en lewer dan lopend kommentaar om hierdie dreigende en gevaarlike tendens in perspektief te plaas.
Johannesburg - A farmer was arrested after he allegedly fired a shot at protesting farm workers in De Doorns on Tuesday, Western Cape police said. "The farm owner has been arrested for attempted murder," said Lieutenant Colonel André Traut. He said about 8 000 farm workers gathered to protest in De Doorns on Tuesday. "The situation is calm. They are slowly dispersing and more police have been deployed to maintain order."
Die aanvaarde beginsel om ‘n maatreel aan te wend ten einde jou lewe en eiendom ,(huis en haard) te beskerm deur die bedreiging af te weer, word hier nie net in die doofpot gestop nie, maar as ‘n kriminele oortreding hanteer waar die slagoffer gestraf en die aanvallers beskerm word!
Wouter Kriel, spokesperson for agriculture MEC Gerrit van Rensburg, said the reasons for the protest were not immediately clear. "There is no specific leadership, and no list of demands... one thing that is very important is to get dialogue going." The N1 highway was closed between Touws River and De Doorns on Monday when farm workers gathered on the road.
MNR. BOS: "DAARDIE FEES IS 'N HEIDENSE EEN".
De gezamenlijke fractie van de ChristenUnie en de Staatkundig Gereformeerde Partij te Zoetermeer hebben onlangs hun grote zorg geuit ten aanzien van het uit Amerika overgewaaide heidense Halloween gebeuren, wat thans in het geseculariseerde Nederland een stevige voedingsbodem lijkt te hebben gevonden. Het zal bekend zijn bij de lezers dat dit 'feest' gepaard gaat met heksen, spoken en andere griezelige figuren en dat kinderen zich ook uitdossen als toverkol, zombie of wat dies meer zij.
Het is opvallend dat net als bij bijvoorbeeld yoga, Halloween op 'n zeer subtiele wijze geïntroduceerd word als zijnde 'iets wat er gewoon bij hoort en zelfs plezierig is'. Lekker griezelen wie wil dat nu niét is de boodschap. Tja en wie niet mee wenst te doen die hoort er gewoon niet bij.
AMERIKAANSE VERKIESING
Die Amerikaanse verkiesing waarin Barack Obama Vir ʼn tweede termyn van vier jaar verkies is as President van Amerika is ʼn belangrike gebeurtenis in meer as een opsig. Die invloed van die Council on Foreign Relations (CFR) in die presidensiële verkiesings in Amerika, is wel bekend. In die mate waarin die CFR internasionale en buitelandse aangeleenthede van Amerika en selfs die wêreld beïnvloed, bepaal dat dit nie werklik saak maak of dit Mitt Romney of Barack Obama is wat die leisels vat nie, omdat besluite op daardie terreine reeds geneem is en die president net sy stempel daarop moet sit. Natuurlik ook in sy eie belang! ʼn Sterk individuele inslag in daardie hoë pos kan lewensgevaarlik wees, selfs ver buite die Amerikaanse landsgrense soos oa. dr. Verwoerd.
“As jy ’n man by sy huis aanval, moet jy verwag dat hy jou sal slaan met alles wat hy het,” het Mashaba gesê.
Hierdie stelling sny twee kante toe! Die AVP waarsku Mashaba dat dit voortaan elke blanke se ingesteldheid sal wees wanneer hulle by hulle huise aangeval word. Ons sal die aanvallers slaan met alles wat ons het! Op sterkte van die woordvoerder van die “president” van die land en van die ANC, regerende politieke party se uitspraak!
‘n Besoek aan ons eiendom sal voortaan beskou word as ‘n aanval op ons tuiste en ons sal dit gewelddadig teenstaan! Enige gewelddadige botsings sal die “besoekers” (gelees aanvallers) se skuld wees.
PASSING THE BUCK!
In die Citizen van 2 November verskyn hierdie berig waarin de Klerk enersyds die blaam vir die gevolge van die kranksinnige politieke besluite van die NP onder sy leiding, op die ANC plaas en terselfdertyd in die filistyne se koor van: “dis Apartheid se skuld” sing! Kennelik poog hy om die verantwoordelikheid wat hy as destydse staatshoof gehad het en wat hy aan Mandela in ruil vir die Nobelprys gegee het, verskans deur nou al die blaam op die ANC te plaas sodat die aandag van hulle verraad afgewentel kan word.
Sy politieke misvattings sal egter saam met hom graf toe gaan, ongeag sy pogings om dit te vergoeilik, behalwe as hy dit in die openbaar sal erken en dan ‘n bydrae maak om dit ongedaan te maak!
Hoe lyk die God wat die Afrikanervolk vandag aanbid? Is dit ook ‘n god wat geterg kan word met ongehoorsaamheid ? Ons terg Hom met Sondagsport, met “open 7 days a week”, met swak of geen behoefte om self Bybel te lees of huisgodsdiens te hou nie en vele meer. Het ons nie ook soos die Egiptenare geword nie en wat kan ons dan verwag?
16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.
EXODUS 9:13-35
13 VERDER het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
14 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.
15 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;
16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.
17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?