PERSVERKLARING
As Verwoerd hom soos Zuma gedra het
Indien hierdie verbale diarree van Dana Snyman as joernalistiek moet deurgaan, is dit duidelik dat die Beeld koerant, saam met die nuwe Suid Afrika wat weer en nog steeds heel laaste kom in Wetenskap en Wiskunde prestasie in die Wêreld Ekonomiese Forum se beoordeling van 64 lande, in pas is met mekaar!
Wat Snyman betref is dit loshande die swakste van swak artikels wat seker ooit sy pen verlaat het. Om iemand van die statuur van dr. Verwoerd met Zuma te vergelyk en dan nog op die banale wyse waarop hy dit doen, is daar nie woorde voor nie. Dit dui egter onteenseglik op die dieper donker kant van Snyman se denkwyse wat nou die stroom van dekadensie wat tekenend van die “Democracy” geword het, in die verval navolg!
Waarom gebruik jy nie eerder die “edele” Nobel pryswenner de Klerk vir hierdie soort twak as jy niks opbouends het om te skryf nie? Jy behoort voorwaar bang te wees vir jouself as jy sulke snert kan uitdink en dan nog bereid is om dit te laat publiseer, want dit sal jou onder Afrikaners, verséker ten gronde rig en jou reputasie as die vertolker van Afrikanersentiment by uitnemendheid, in die doofput stop!
Danie Varkevisser
Leier van die Afrikaner Volksparty.
Hier is ‘n uittreksel uit verskeie geskrifte wat ook elders verskyn het, maar wat nie genoeg klem kan kry in die lig van ons eie mense se twyfel oor ons identiteit en die aanhoudende twyfel wat daaroor gesaai word nie. (Die AVP plaas dit met erkenning aan wie ookal die moeite gedoen het om dit saam te stel)
WIE IS ONS? Soos wat ons voorsate van buite gesien is. Het daar nog iets hiervan oorgebly in ons huidige geslag? Natuurlik het daar!! Wag net en sien!
Field Marshal Bernard L. Montgomery
FEDERAAL, KONFEDERAAL EN DEELSTAAT. ‘N NKANDLA IN JOU KOP!
Of dit nou n federasie of konfederasie is, die uiteinde daarvan is dat die meerderheid in beheer sal wees en in die geval van Suid Afrika, is dit die swartes. So het dr. Verwoerd by geleentheid in ʼn toespraak geredeneer.
Die vraag lê nie in die moontlike ontstaan van Bantoestate nie, maar wel daarin dat Suid-Afrika een Bantoestaat kan word. Hierdie selfde gedagte het Verwoerd twee weke later op die Transvaalse kongres as volg geformuleer: " 'n Mens kan jou nie 'n toekoms vir Suid-Afrika voor-stel wat nie in een van die twee rigtings ontwikkel nie: of die Bantoe sal sy regte moet hê in sy eie gebiede en die blanke volk beheer in sy gebied, of daar sal 'n deurmekaar Suid-Afrika moet wees met die heerskappy in die hande van die meerderheid, nl. die Bantoe. Daar is geen ander uitweg nie. Die keuse is nie of daar Bantoestate sal wees waar die Bantoe hul regte sal hê nie en of daar sulke state sal wees nie; die keuse is of die hele Suid-Afrika deur die Bantoe, wat die meerderheid is, geregeer sal word of nie."' Soos wat ons gekry het toe F.W. de Klerk en sy kabinet De Villiers Graaf en die VP se beleid oorgeneem het met Mandela, Mbeki en Zuma nou in beheer. Reeds bykans twintig jaar word dr. Verwoerd se politieke insig en voorspellings reg bewys wanneer jy enige beleid aanvaar wat ʼn vennootskap met die swartes behels.
LIEG EN BEDRIEG, MOOR, VERKRAG EN STEEL! KOM ONS REIK UIT NA HULLE SÊ PIK.
Dit is wat ons sal moet doen as ons die krisis wil voorkom by die kruispad waarvoor ons nou te staan gekom het, aldus Pik Botha, een van die inisieerders van die krisis waarna hy verwys asof hy daar niks mee te make gehad het nie!
In dieselfde koerant waarin hy sy oproep doen, verskyn ‘n paar verdoemende uitsprake oor die produk waartoe hulle hul laat oorreed het, in teenstelling met bestaande riglyne vanuit die geskiedenis, ons voormalige Afrikaner Nasionalistiese volksleiers, die Bybel en Afrika as aanskouingsles. Daartoe het hulle ook ‘n aansienlike deel van die Afrikanervolk beweeg deur dreigemente van ‘n bloedbad en noodsaaklike veranderinge wat ons sal moet aanbring as ons as ‘n volk wil bly voortbestaan!
AS JY POLITIES SIEK IS, IS JY SIEK TOT DIE DOOD TOE!
Mnr. Jaap Marais het telkens die opmerking gemaak dat sommige politici sal eers moet uitsterf. Hulle nageslag mag dalk regkom, want aan hulle self is daar nie salf te smeer nie. Dié stelling van hom het dadelik by my opgekom toe Pik Botha in Beeld van Vrydag 26 Oktober weer sy mond vol gehad het met “Reik uit na mekaar”
‘n Mens sou die stommiteite wat hy kwytraak aan sy 80 jaar kon toeskryf as dit nie was dat dit opsigtelik duidelik is hoe hy steeds die detail van hulle geknoei agter die skerms onthou en elke nou en dan nog ‘n “stuiwer in die armbeurs” kom gooi nie.
Hy hoop die boek sal uiteindelik help bydra dat Suid-Afrikaners meer na mekaar begin uitreik.
So het oudminister Pik Botha gister in Pretoria gesê by die bekendstelling van die historikus prof. Herman Giliomee se boek Die laaste Afrikaner-leiers: ’n Opperste toets van mag.
JESAJA 29:13-24
13 En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’n aangeleerde mensegebod is,
14 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.
15 Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?
16 O Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?
‘N NUWE POLITIEKE PARTY MET ‘N OU VERBLYKTE EN ONHAALBARE BELEID
Persverklaring
Nuwe Party vir Blanke Regte
Op 10 Oktober 2012 is die Federale Vryheidsparty van Suid-Afrika (FVP) amptelik bekendgestel in Capital Park, Pretoria. Die party is reeds by die OVK as party geregistreer.
Hierdie was In geskiedkundige gebeurtenis, wat die hertoetrede van die blankes van die land tot die hoofstroom politiek aangekondig het. Die FVP is gestig om die regte van blankes in Suid-Afrika vanaf die openbare verhoog en vanuit ʼn publieke forum te bevorder en te beskerm.