1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
10649374

Besoekers aanlyn

Ons het 107 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Godsdiens

VERVOLGING VAN GELOWIGES NEEM TOE

altDit blyk uit ʼn jaarlikse studie van Open Doors International dat nagenoeg 100 miljoen Christene wêreldwyd vir hul geloof vervolg word.

So skryf Leopold Scholtz in die Beeldkoerant van Woensdag 9 Januarie 2013. Juis in Afrika waar die Christendom die vinnigste gegroei het in die afgelope eeu, is dit ook waar die meeste vervolging plaasvind. Dit blyk uit ʼn jaarlikse studie van Open Doors International dat nagenoeg 100 miljoen Christene wêreldwyd vir hul geloof vervolg word. Hierin is die Islamitiese wêreld weer die grootste sondebok.

In ʼn ander berig word vertel van ses mense in ʼn kerk in Nigerië wat tydens ʼn diens afgemaai is wat die leraar insluit.

In beide die Amerikaanse en Suid Afrikaanse grondwette wat hulle aanvanklike grondslag op die Christelike geloof gebou het, is dit nou uitgeskryf en ook uit die skole uitfasseer. Die gevolglike verval is dus onafwendbaar en verg ernstige en toegewyde gebed van die gelowiges wat nog oorgebly het. Volgens Beeld van 14 Januarie 2013, het Top TV n tweede aansoek ingedien om pornografie te vertoon. In die lig van die naakte pornografiese beeldsendings wat reeds gebeeldsend word, is dit verbasend dat daar hoegenaamd beswaar kan wees. Terwyl die Satan, die Owerhede, die wereldheersers van hierdie eeu en die Bose Geeste in die lug onverpoosd voortgaan met hulle aanslag met behulp van die godlose regerings, het die gelowige steeds n onwrikbare anker.

In MATTHÉÜS 5:10 staan geskrywe: “ Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele”

MATTHÉÜS 5:11

Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

22. MATTHÉÜS 5:12

Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

23. MATTHÉÜS 5:44

Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

HANDELINGE 7:52

Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;

II TIMÓTHEÜS 3:12

En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

63. OPENBARING 12:13

En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;

 

Daarom, geloofsgenote, staan dan vas en verdiep u geloof en vertroue op God onse Vader omdat dit is waar ons redding vandaan sal kom.

 

Dankie o Vader dat ons op U mag vertrou, want aan U kom toe die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid, amen.

 

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie