1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9986902

Besoekers aanlyn

Ons het 79 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

MOORD OP BLANKES DUUR ONVERPOOSD VOORT!

altBeeld berig die aanval het plaasgevind terwyl lt.genl. Mzwandile ­Petros inwoners van die misdaadgeteisterde gebied toegespreek het.

Net om die liggelowiges te waarsku dat Suid Afrika steeds die misdaad Mekka van die wêreld is. Onder die Swart Meerderheidsregime met sy Kommunistiese grondslag waarmee die verraaierregering van de Klerk die Afrikanervolk in sy ernstigste krisis sedert sy ontstaan, gedompel het, is n lewe nie veel werd nie. ‘n Paar uittreksels uit News24 dui duidelik aan in watter toestand ons land verval het.

 

Man sterf toe hy vrou teen rowers beskerm

2013-01-25 10:11

Johannesburg – 'n Man is doodgeskiet toe rowers by 'n woonhuis op 'n gesin toegeslaan het, het die polisie aan die Wesrand Vrydag gesê.

Die man het Donderdag by sy huis ingestap en gesien hoe drie mans sy vrou met 'n vuurwapen aanhou, het insp. Solomon Sibiya gesê.

"Volgens die vrou was daar 'n struweling vir die vuurwapen en een van die rowers is met hulle eie vuurwapen geskiet. Haar man is toe twee keer in die bors geskiet en is later dood."

Die vrou is ongedeerd en die rowers het gevlug.

"Toe ons daar kom, het ons die vuurwapen, wat in die skietery gebruik is, 'n koevoet en 'n plasmaskerm-televisie wat die rowers wou steel, gevind," het Sibiya gesê.

 

Beeld berig die aanval het plaasgevind terwyl lt.genl. Mzwandile ­Petros inwoners van die misdaadgeteisterde gebied toegespreek het.

 

Muldersdrift het sedert Julie gebuk gegaan onder moorde en huis- en sake-rooftogte.

Volgens The Star word 'n spesifieke straat geteiken, met 93% van huishoudings in Clinicweg wat geteiken is.

 

Vyf vas oor gewelddadige misdade in Muldersdrift

2012-12-26 15:00

Johannesburg – Vyf verdagtes wat vermoedelik verbind word met gewelddadige misdade in Muldersdrift, is Woensdag in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.

Die mans is aangekeer nadat 'n gesin verlede week tydens 'n rooftog met vuurwapens aangehou is.

Owerhede het die inhegtenisnemings beskryf as 'n groot deurbraak in die stryd teen misdaad in die gebied, waar verskeie aanvalle vanjaar plaasgevind het.

 

Die polisie in Gauteng glo die vyf mans wat in hegtenis geneem is, is deel van 'n sindikaat wat verantwoordelik is vir die onlangse gewelddadige huisbrake en rooftogte in Muldersdrift.

Die mans is vasgetrek nadat 'n kredietkaart wat tydens 'n gewapende rooftog gesteel is, die polisie na Diepsloot gelei het. Supt. Lungelo Dlamini het gesê die polisie het ook beslag gelê op ander items wat vermoedelik in die aanvalle gesteel is. Hy het gesê 'n voertuig is ook in die mans se besit gevind.

Die verdagtes verskyn Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof.

 

Pa voor vrou, seun (3) doodgeskiet

2012-11-19 14:17

Johannesburg – 'n 51-jarige man van Muldersdrift in noordelike Johannesburg is die afgelope naweek ten aanskoue van sy vrou en hul driejarige seun doodgeskiet. Dit was die tweede gewelddadige aanval op die hoewe Elandsdrift in twee dae, het Beeld Maandag berig. Jacques Botha se vrou, Anél, het die paartjie se seun Saterdagmiddag na die huis gedra toe sy sien hoe drie mans haar man oorval en op hom begin skiet. Sy het probeer wegkruio met die kind, maar die misdadigers het haar gevang en geëis dat sy 'n skootrekenaar en 'n selfoon aan hulle gee.

 

Ná die rowers gevlug het, het Anél vergeefs by die hoewe se opsigter om hulp probeer aanklop. 'n Buurman op die hoewe het Botha na die Life Fourways-hospitaal gehaas, maar hy is onderweg na die hospitaal dood. David Carter, wat in ’n ander huis op die hoewe woon, het vertel hoe vier mans ook Vrydagaand sy kamerdeur afgeskop en hom met pistole geslaan en met ’n mes gesteek het.

 

Volgens Dawn was haar seun ná die aanval vol bloed en het daar bloed by sy mond uitgeloop.

“Die chirurg het gesê dat hy baie gelukkig was omdat die mes sy sternum getref het,” het sy gesê.

“’n Paar millimeter links of regs kon glo sy lewe gekos het.”

Volgens Beeld se inligting het vermoedelik dieselfde rowerbende Saterdag ook ’n man wat in die pad langs die hoewe gestap het, in die been geskiet en was hulle moontlik later dieselfde aand by ’n sakerooftog in die gebied betrokke.

 

Die polisie se nasionale misdaadintelligensie-eenheid is nou op die bende se spoor. Die Elandsdrift-hoewe is sowat 10 minute se ry van die straat waar die 13-jarige Alyssa Botha en haar 50-jarige buurman, André Jordaan, in September in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet is.

 

Vrees ná moorde in Muldersdrift

2012-12-03 09:14

Johannesburg – 'n Boer van Muldersdrift wie se twee werknemers in 'n rooftog in die teregstellingstyl geskiet is, het gesê inwoners in dié gebied leef in vrees, berig Eyewitness News. Vyf gewapende rowers het Vrydag 'n gat in die elektriese heining om die plaas gesny en na die mans se kamers gegaan.

 

Paul Starkney het Sondag gesê hy en sy vrou het aandete geniet en met hul terugkeer na die plaas op die moordtoneel afgekom. Hy het gesê die groep het ook met sy werknemers se lone gevlug. Een van die twee plaaswerkers is op die toneel dood, terwyl die ander een om sy lewe veg in die Helen Joseph-hospitaal. Starkey het gesê plaaslike inwoners ry rond met wapens in hul voertuie weens die onlangse moorde in die gebied.

"Inwoners is regtig, regtig kwaad. Die hele gebied is in opstand. Mense dra hul vuurwapens oral saam met hulle."

 

 

Man erken dat hy meisie (5) verkrag, vermoor

2013-01-22 16:21

Kaapstad – ‘n Man het in Khayelitsha se landdroshof verskyn in verband met die moord op ‘n vyfjarige meisie oor die afgelope feesseisoen, het ‘n koerant berig. Daily Voice berig aanklaers het aan die hof gesê dat die beskuldigde, Charles "Bhuti" Makgetha (39), vroeër ‘n verklaring afgelê het waarin hy in detail verduidelik het hoe hy Lilitha Mgwebi vermoor het.

 

“Die beskuldigde het in ‘n skulderkenning gesê dat hy die slagoffer vermoor en verkrag het. Die staat sal dus borgtog teenstaan,” het die aanklaer, Phelan Stuurman, gesê. Makgetha het glo vir sy regsverteenwoordiger gesê hy moenie aansoek om borgtog doen nie, want hy wil nie die hof se tyd mors nie. Die saak is tot 28 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel. Die slagoffer se ontbinde lyk is verlede week op ‘n bed in ‘n plakkershut in Khayelitsha gevind. Makgetha het glo dié woning vir ‘n vriendin oor die feesseisoen opgepas.

 

 

 

 

Vrou sterf in huisroof in Pta

2013-01-17 07:01

Johannesburg – 'n Vrou is dood nadat sy tydens 'n huisroof in Monavoni in Centurion in die maag geskiet is, het die polisie in Gauteng gesê. Die voorval het vroeg Woensdagoggend plaasgevind toe die vrou se man gehoor het die honde blaf en ondersoek gaan instel het, het kapt. Bonginkosi Amos Msimango, polisiewoordvoerder, gesê.

 

Terwyl die man buite was, het hy 'n skoot in die huis gehoor. Sy vrou is op die toneel dood. Msimango het gesê die vrou se selfoon is gesteel. "Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort."

 

Parys-plaasmoord: Verdagte vas

2013-01-16 12:27

Johannesburg – ‘n Verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas buite Parys, Vrystaat. RSG berig die polisie sê die verdagte is op 'n naburige plaas vasgetrek nadat hy na bewering Ernst van Rooyen en sy vrou, Annetjie, vermoor het. Hulle was albei in hul 70's.

 

OFM het vroeër berig die egpaar se lyke is in 'n snoepwinkel, wat hulle uit hul motorhuis bedryf het, gevind. Die vrou se lyk is glo in ‘n kisvrieskas gevind, terwyl die man se lyk op die vloer van die snoepwinkel gekry is. Thandi Mbambo, ‘n polisiewoordvoerder, sê die egpaar se huishulp het op die gru-toneel afgekom.

 

Dié moord kom enkele dae nadat ‘n bejaarde egpaar van Belfast, Mpumalanga, ook vermoor en in ‘n vrieskas gedruk is. Die nuusagentskap Sapa berig twee verdagtes is reeds in verband met dié gru-moord op Rudolph van Heerden en sy vrou, Elma, vasgetrek. Die egpaar, wat albei 79 jaar oud was, is met 'n stomp voorwerp oor die kop geslaan. Hul hande en voete is ook met kabels vasgebind.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie