Op 10 Oktober 2014 het die AVP sy sesde jaarkongres by Fort Skanskop gehou, met as tema: "‘n OORLOG SONDER KOEËLS” Om die kongres af te sluit het ons gereël dat daar ‘n simboliese kanonskoot afgevuur sal word wat ons tema vir die volgende jaar ingelui het. Met die goedgunstige samewerking van die monumente komitee, was dit ‘n swanger oomblik, gelaai met emosie opgebou uit die ontleding en riglyne van die betrokke sprekers en is dit deur mev. Veronica van Rooyen vasgevang in ‘n puik foto met ongeëwenaarde tydsberekening.

S
ACSIS – the South African Civil Society Information Service, wat daarop gerig is om as nie-winsgewende nuusagentskap kommentaar wat gerig is op die bevordering van sosiale geregtig heid te publiseer. Is juis ook een van die voorstanders van die verwydering van apartheid en deelnemers aan die proses van transformasie, wat nou kerm omdat slegs een uit elke vier Suid Afrikaners honger gaan slaap! Instede van sosiale geregtigheid was en is hulle deelnemers aan juis die vernietiging daarvan met die skepping van totale toekomstige hongersnood in Suid Afrika as maar een van die gevolge van hulle soort geregtigheid! Dit het tyd geword dat die Afrikanervolk ontslae raak van hierdie breinlose rugryers wat die mening toegedaan is dat alles reg gepraat kan word! Sosiale geregtigheid onder ‘n onbevoegde, Swart Kommunistiesbeheerde regime is nie haalbaar nie en is wêreldwyd oor en oor bewys met akklamasie op die afgelope 21 jaar van hulle beheer in Suid Afrika! Die skepping en/of ondersteuning van ‘n stelsel wat géén potensiaal het om geregtigheid te vestig of te bevorder nie, maar net onreg en konflik gesteun deur rassespanning, maak jou aandadig aan die ongeregtigheid van hongersnood, wetteloosheid, moord, verkragting en elke ander verwerplike praktyk wat daardeur bevorder word. SACSIS moet maar daarvan kennis neem dat géén gepraat dit sal regmaak wat hulle gehelp het om ongeregtigheid te laat seëvier nie! Onderstaande is enkele van SACSIS se standpunte:
‘n OORLOG SONDER KOEËLS
INLEIDING
Dit was mnr. Jaap Marais wat gesê het dat politiek ‘n oorlog sonder koeëls is. Hy het verder ook gesê dat politiek die kroonrat van ‘n samelewing is. Politiek is in die volkshuishouding en veral in die vorming en beheer van die maatskaplike orde, onontbeerlik. Individue, organisasies en bewegings het oor ’n lang termyn die Afrikanervolk polities ondergrawe en hoewel ons skade gely het aan nasionalisme, was dit die politieke leiers wat ons volk uiteindelik polities ontman het en is dit die politiek van die dag wat besig is om ons en alles om ons te vernietig! Dit is tog die politieke terrein waarop die volk se stryd om sy lewensbelang besleg word. U het langs dié weg, waar daar uit eie geledere sonder koeëls téén Afrikanerbelange gewerk is deur die Afrikanervyandige oogmerke van ons vyande te bevorder, beleef hoe die De Klerk-regering se politieke verraad as gevolg daarvan kon slaag en die kroonrat se tande gestroop het! Met daardie veldslag teen ons gewen, moet ons nou besin. Was hulle reg en ons verkeerd. Moet ons nou aanvaar dat ons heil lê in die saamwerk om ‘n reënboognasie te wees, ‘n identiteitversakende Suid Afrikaner word? Sou ons kon saamstem met die res van die wêreld dat afsonderlikheid onbybels en rassisties is? Was dit die Afrikanervolk se roeping om die land na eeue van beskawingstryd, met ander en veral ongelowige en onbeskaafde barbaarse swart volke te deel op gelyke vlak en alles wat ons voorsate opgebou het toe te vertrou aan die noodwendige swart meerderheid se politieke onvermoë?
Psalm 66:1-20
Vers 1 van die gelese gedeelte lui “…Juig tot eer van God, o ganse aarde!” Dit klink só wonderlik, dog so onwaarskynlik in die tydsbestek waarin ons leef. Hoe kan die hele aarde tot die eer van God juig indien hulle Hom nie ken nie? Hoeveel mense en volkere leef van so ‘n aard dat God se Naam daardeur verheerlik kan word? Ons was en is veronderstel om so ‘n volk te wees – ‘n volk aan Hom verbind met ‘n Gelofte om in trou voor Hom te leef. ‘n Volk wat op so ‘n wyse leef, dat Sy Naam daardeur verheerlik sou word en dat ons tot Sy eer kon juig. Wanneer ons egter na ons volk op die volkereverhoog kyk, faal ons klaaglik in hierdie roeping. Dit is egter onteenseglik waar dat daar volksgenote is wat besef dat ons heeltemal te ver gevorder het op die dwaalweg van ons God af en dat ons moet terugkeer na Hom. Dit is geen maklike koers om in te slaan nie, aangesien dit ‘n stryd stroom-op is waarin mense begeesterd in die teenoorgestelde rigting voorbeur. Die stryd terug na God en na Sy weë voel soms so lank en vermoeiend dat dit vir ons voel dat ons nooit weer daar sal uitkom nie.
Wie by sy volle positiewe wil sulke werkers in diens neem en in diens hou wat dit wat hulle van inkomste moet voorsien, telkens vernietig as hulle nie hulle sin kry nie? Mense wat nie ‘n snars omgee van hoeveel ander mense ongerief en skade berokken word deur hulle misdadige handeling. Hulle verdien nie om werk van enige aard te hê nie, net so min as wat die wat die land op só ‘n wyse regeer dat sulke optrede moontlik is, nie verdien om in enige posisie van bestuur of beheer te wees nie! Dit is die wetmatigheid van hierdie mense se kultuur wat de Klerk en die liberaliste nie kan of wil peil nie. Die gevolge is hier onder sigbaar en is slegs die voorspel tot ‘n “Marikana”.
BENONI POST OFFICE STONED, POST THROWN INTO STREET Several windows were broken and thousands of mail items were trashed all over the sorting room and street at the Benoni Post Office this morning, allegedly by striking employees. Kevin van der List | 6 October 2014 13:55 Benoni City Times. The damage inflicted on the sorting room at the Benoni Post Office.
Is dit toevallig (iets waaraan ek nie glo nie) dat die opspraakwekkende “lied” van die sogenaamde musiekgroep, Dookoom, juis getoonset is op die wysie van die liedjie “vader Abraham” wat menige van ons as kindertjies op skool gesing het? Ek wil u verseker dat hierdie wysie nie toevallig gekies is nie, maar juis só gekies is om vir ons as Christelike gelowiges aan die Suidpunt van Afrika ‘n verskuilde boodskap uit te stuur. Wanneer ons kyk na die wekroep wat gemaak word in hierdie lied om te verwoes en te verniel, kan ons dit as ‘n aanvalskreet bestempel. Is die aanvalskreet teen landbouers (boere) alleen gerig en gelowige Afrikaners in bv. die sakesektor staan dus veilig teen hierdie kreet? Dit is verseker nie die geval nie. Die enigste rede waarom landbouers (boere) uitgesonder word en die aanvalle op grond en dies meer op hulle toegespits word, is omdat die grootste konsentrasie van die Afrikanerbevolking hoofsaaklik ‘n lewe gemaak het uit die landbou en dit was nog altyd ‘n lewensaar van ons volk. Hier is die grootste konsentrasie van die Afrikanervolk waarteen die aanval dus gerig kan word, maar moenie glo dat dit daar gelaat sal word nie.
Dit is reeds geruime tyd dat daar deurlopend berigte in die media verskyn oor plaaslike owerhede wat bankrot is en deur die sentrale owerheid gestut moet word. Berigte van gesondheidsdienste wat só verswak het dat pasiënte vir ure en soms dae in die portale en/of gange van hospitale op aandag lê en wag en uiteindelik sterf. Dat skole teen die einde van ‘n skooljaar nog nie boeke ontvang het nie is na 21 jaar standaard praktyk. Onderwysers wat nie opdaag en konstante verandering aan leerplanne, swak opgeleide, indien enige opgeleide leerkragte wat die standaard van opleiding ernstig benadeel, word gelate verdra. Indien die huidige berigte oor die Poskantoor wat op sy laaste bene is, saamgelees word met die Suid Afrikaanse lugdiens, Telkom, Transnet, Waterwese, Eskom en die land se finansiële wanprestasies, is daar werklik nie veel oor van wat de Klerk en genote, vry, gratis en verniet aan die Swart ANC terroristebende oorhandig het en wat hulle lustig verteer deur buitensporige salarisse, luukse motors en sommer in die algemeen, finansiële uitgawes van miljarde rande waarvoor geen goedkeuring verkry is of rekenskap gegee kan word nie.