So asof dit iets nuuts is. Behalwe dat die Nasionale Polisiekommissaris nou openlik erken dat misdaad toeneem, is dit in wese ook ‘n erkenning dat die polisie of klaaglik faal in misdaadbekamping, of dat misdaad deel is van die regime se ekonomiese beleid en die polisie daarom nie onder druk geplaas word om effektief te werk nie. Miskien moet ‘n mens dit saamlees met die Konstitusionele hofuitspraak oor die Renate Barnard aangeleentheid.
Dat daar in afsienbare tyd ‘n bom gaan bars in Suid Afrika, is ‘n nugtere beoordeling van die regime se regeringspraktyk. Sou Moeletsi se insig iewers in Afrika ondersteuning kry van die swart ras waarvan hy ‘n ongewaardeerde voortreflike leiersfiguur is, sou hy ‘n voortreflike president of eerste minister onder sy eie mense kon wees, mits hy bly by wat hy hier onder in sy beoordeling van die ANC regime kwytraak. Sy kritiek en verwysing na Mugabe se Chaotiese beleid in Rhodesië neem nie Mugabe se openingstoespraak van 1980 in aanmerking, toe Mugabe ook sulke wonderlike wyshede as beleid in Rhodesië onder swart beheer in die vooruitsig gestel het. Hy het egter gaandeweg daarvan vergeet en die Afrika patroon gevolg waarvan die uitkoms terug is by die bedelstand.
Moeletsi Mbeki se herhaalde kritiek en beredeneerde remedie op die ANC se bestuurstyl en beleidsrigting, is egter ook ‘n bewys dat nie alle swartes Zumas en Malemas is nie. Hy is egter ook ‘n gevangene van getalle, soos almal wat ‘n volk reduseer tot die getalsbegrip van minderheid en meerderheid, waar die minderheid noodwendig ondergeskik is aan die meerderheid. Sy betoog is dus ‘n fluit in die wind en ‘n verlore stem wat roep in die woestyn.
SOUTH AFRICA: ONLY A MATTER OF TIME BEFORE THE BOMB EXPLODES Moeletsi Mbeki (Thabo Mbeki's brother)
Wat ‘n wonderlike land... die nuwe Suid Afrika waarin ons nou woon. Baie beter as voor 1994 sê de Klerk, die hoofknoeier in die oorgawe sonder grense! As die polisie se beroep op lede van die publiek nie resultate oplewer nie, het misdaad voorwaar ‘n hoogsbetalende beroep geword. Van speurwerk het daar waarskynlik ook nie veel oorgebly nie, veral nie in Soweto waar die “publiek” waarskynlik dieselfde voordeel uit vry brandstof trek as uit vry water en krag wat sommer deur die regime se handlangers in plaaslike owerheid self bewerkstellig word deur dit af te skryf en dan te verhaal uit verhoging van die blanke gemeenskap se tariewe.
Mia Lindeque JOHANNESBURG – Police are appealing to members of the public to come forward with any information after a truck transporting 35,000 litres of petrol was hijacked in Johannesburg.
WAAROM WIL ONS ONS TYD OP HIERDIE WYSE VERMORS?
Die stryd wat AO. Malan met die hatige swart vroue brigadier-generaal gehad het en wat hy nou wil voortsit om haar ontslaan te kry of ten minste te verhoed dat sy bevelvoerder van die weermag word, is vermorsing van energie en kosbare geld en tyd. Die AVP het al by herhaling verduidelik dat die swart ras se verwysingsraamwerk so radikaal verskil van die blanke, dat daar geen gronde bestaan vir rasionele gesprek of debat nie. Die bewys daarvoor setel in die feit dat haar seniors ten spyte van haar optrede haar nogtans geoormerk het vir die hoogste pos in die weermag. Wat vir ons reg is, is vir hulle verkeerd en andersom. Neem byvoorbeeld hulle uitgesproke standpunt dat Suid Afrika van hulle gesteel is en hulle dus die reg het om ons eiendom sonder vergoeding te vat.
Haar uitsprake en handeling verteenwoordig die oorgrote meerderheid van die nagenoeg 50 miljoen swartes in Suid Afrika se gevoel en gesindheid teenoor die blanke. Ons word nog net verdra omdat die tyd nog nie ryp is om ons eenmalig te verwyder nie. Daar is nog te veel wat vir inkomste van die blanke afhanklik is asook die feit dat hulle ons militêre vermoë ken. Dit is by dié wat met outoriteit beklee is, waar die haat openlik sigbaar is. Vreedsame naasbestaan met swart volke sal net geskied wanneer ons en hulle elkeen oor hom self regeer volgens eie aard en behoefte binne elkeen se eie grondgebied. Dit weet ons egter is nie in belang van die imperiale magsugtige een wêreld voorstanders, op pad na die tweede Babel nie.
BOON'S MARKT HET TANS TWEE WINKELS IN NEDERLAND EN OPEN IN DESEMBER 'N DERDE WINKEL
Ons het 'n baie insiggewende gesprek in die Nederlands met meneer Joop Groeneweg die Vlaardingse bestuurder van Boon's Markt. Hierdie is 'n nuwe supermark wat tans twee winkels het in Woudrichem (provinsie Noord Brabant) en in Vlaardingen (provinsie Suid Holland) wat respektiewelik geopen is in Desember 2013 en Maart 2014, en hulle se plan is om meer winkels te gaan oopmaak. Die bestuurder verseker ons dat al die winkels op Sondae gesluit sal bly, nou en in die toekoms.As ons die winkel binnegaan sien ons op die broodafdeling die brode netjies in rakke en ook die groenteafdeling is 'n lus vir die oë. Die sfeer asem rus uit en al die medewerkers en medewerksters is baie vriendelik. Kortom dis baie uitnodigend om daar inkopies te doen. Die grond is skoon en die winkel mooi verlig en gemaklik ingedeel.
"Meneer Groeneweg allereerst willen we u zeggen dat het zeer verheugend om bij al die berichten over winkels die op zondag hun deuren openen eens een positief geluid te horen. Fijn dat dit nog kan".
"Ja gelukkig hebben we nog die vrijheid".
Olisa Agbakoba: So, I think the time has come for us all to agree that if we cannot stay together as a country, we should go our separate ways. There is nothing intrinsically correct by saying that Nigeria must continue to exist. (In wese niks anders as apartheid nie!)
Die voortdurende konflik in Afrikastate was nog altyd ‘n voorbeeld vir die Afrikanervolk sedert ons volksplanting, van wat polities haalbaar is en wat beslis katastrofaal sal wees, afhangend van die stelsel wat toegepas word waar verskillende etniese groepe binne dieselfde landsgrense ywer vir voortbestaan.
Daar word reeds eeue lank gepoog om Afrika te beskaaf en dieselfde norme en waardes aan te leer en te probeer handhaaf soos in die Westerse beskawing, sonder kollektiewe sukses. Dit is wel waar van enkelinge wat aanpas en bereid is om vir ‘n tyd hulle afkoms op sy te skuif wanneer hulle uit hulle omgewing tussen westerlinge opgevoed word. Terug in hulle volksverband gebruik hulle egter hulle opleiding om hulleself te verryk ten koste van ander etniese groepe en selfs hulle eie mense.
Dit is interessant om in die onderstaande artikel te lees wat so ‘n opgeleide Nigeriër te sê het van die nasionale eenheid van Nigerië.
1 Petrus 3:1-7
Ons raak soms so maklik verstrengel in die stryd vir ons geloof en beginsels in die bose samelewing waarin ons leef, dat ons soms amper uit die oog verloor waarvoor ons stry en selfs skuldig raak daaraan om nie meer self gehoorsaam te wees aan die Evangelie waarvoor ons eintlik stry nie.Ons stryd aan die Suidpunt van Afrika is ‘n edel stryd teen die bose en vir die behoud van die Christelike geloof en Evangelie in ons land, want sou ons volk as ligdraer hier ten gronde gaan, word die Evangelie bes moontlik saam met ons begrawe. (1 Petrus 2:9&10: “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.”). Dit is daarom lewensnoodsaaklik dat ons nooit sal ophou stry hiervoor nie, maar net so lewensnoodsaaklik dat ons steeds ook self gehoorsaam sal wees aan hierdie Evangelie waarvoor ons stry, want dit is waarlik die weg van die lewe.