Hoewel hierdie artikel al vantevore op ons webblad verskyn het, is dit noodsaaklik dat daar weer en weer na gekyk word sodat die werklikheid en veral die waarheid nie verlore sal gaan nie. Die moord op dr. Verwoerd se oorsaak en gevolg is die ellende wat die Afrikanervolk vandag beleef en daarom belangrik dat ons terwille van ons toekoms nie die verlede sal vergeet nie.
Dr HF Verwoerd, voormalige eerste minister van die Republiek van Suid-Afrika, is sowat 48 jaar gelede vermoor. Vir baie is dit ‘n afgehandelde saak. Word die beskikbare bronne oor die sluipmoord egter nagegaan en die saak nagevors, is dit baie duidelik dat daar meer vrae as antwoorde is oor hierdie dramatiese gebeure. Daar kan trouens geen twyfel wees dat die werklike moordenaars van dr Verwoerd nooit aan die kaak gestel is nie. En omdat dit so is, besef meeste Afrikaners steeds nie waarom ons sedert 1966 in ‘n proses van geleidelike oorgawe aan ‘n onbevoegde terroristebende uitgelewer is nie.
Maar het Tsafendas dan nie vir Dr. Verwoerd vermoor nie?
Deur Leonard van der Dussen - www.saonderwys.wordpress.com
Daar is tans groot ontsteltenis aan die een kant, maar helaas ook verlustiging aan die ander kant oor die eis wat ingedien is dat ses openbare skole hulself moet weerhou om as christelik voorgehou te word en om christelike geloof in die skool te beoefen. Dit word tereg aanvaar dat die saak op die oomblik nie gaan om die ses skole nie, maar ‘n landswye nasionale saak is, en kommentaar en menings flits van orals.
Daar is met die opstel van die grondwet van die nuwe Suid-Afrika meer as twee dekades gelede, gesê dat daar “wigte en teenwigte” is om die regte van belangegroepe te beskerm. Daar word op die oomblik in die skoleverband hewig gepraat oor godsdiens en meer spesifiek, christelikheid, op skole, maar hoofsaaklik met aanvoeling en emosie en min met helder verstand en inligting.
Die grondwet van die nuwe Suid-Afrika sê:
Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening
5. (1) Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening.
Die AVP se volgehoue kritiek teenoor georganiseerde landbou se tallose futiele gesprekke, samesprekings, onderhandelings en toegewings oor veral landbougrondbesit het uiteindelik tot die TLU deurgedring. Hoewel ons nie saamstem dat die waarskuwings uit monde van die TLU betyds is nie en maan dat waarskuwings alleen vrugteloos is as daar nie optrede beplan word nie, is ons dankbaar vir die lig wat daar opgaan.Die afgelope 20 jaar se verlies aan landbougrond, boere en landbouproduksie is die produk van ‘n beleid van toegewings in teenstelling met verset teen die onregmatige en niks minder as die onwettige aansprake, leuens, eise en beledigings wat die Afrikanervolk moes verduur nie. Hierdie land is ons land! Die swart meerderheidsregime deur kommuniste beheer en bedryf het onwettig aan bewind gekom deur verraad en behoort op georganiseerde wyse teëgegaan te word in hulle ongeldige aansprake, eise en dreigende grondbesettings. Wat Bennie van Zyl en die TLU hier onder ontleed het, is die arsenaal van die OORLOG SONDER KOEËLS wat teen die Afrikaner gevoer word waarvan die Grondwet ‘n kanonskoot verteenwoordig. ‘n Oorlog waarteen ons onsself moes verweer het in teenstelling met vredespraatjies wat geen ander prestasie gelewer het as om ons vyande meer tyd te verleen vir verstewiging van hulle greep op Suid Afrika. Die AVP kan ons egter vereenselwig met die laaste paragraaf van die TLU se inleiding tot die ontleding, wat reeds met hulle bepleit is deur ‘n afvaardiging van die HNP onder leiding van mnr. Willie Marais in die omgewing van 2006 toe hy aan die TLU gevra het, "Hoe lank wil julle nog wag? Totdat ons almal uitgemoor is?"! (AVP)
(VOORSITTER VAN DIE ORGANISASIE VIR GODSDIENS-ONDERRIG EN DEMOKRASIE)
3 September 2014
Mnr. Pietersen,
I/S: BERIG IN DIE VOLKSBLAD, 2 SEPTEMBER 2014
Luidens bogenoemde berig in die Volksblad meen u dat u organisasie se aanval op die Christelike geloof nie ‘n heksejag is nie. Wanneer ‘n persoon homself of sy argument in dieselfde asem verdedig as wat die argument gestel word, moet die vraag gevra word wat is daar wat nie op die tafel geplaas is nie? ‘n Mens vra mos nie om verskoning vir iets wanneer jy nie oor iets skuldig voel of weet dat jy verkeerd is nie?
Afrikaners wat trou is aan hulle volk se eer, hoef nie met die ANC-SAKP regime gesprek te voer nie. Mnr Jaap Marais
Die HNP, as prominente lid van die Boere Afrikaner Volksraad, het met laasgenoemde se onderhandeling met die verteenwoordiger van die geldmagte in Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, sy aanspraak om enigsins nog as 'n verteenwoordiger van Afrikaner-nasionalisme op te tree, finaal versaak. Wat ter aanvang gestel moet word, is dat 'n politieke party wat die volgende beginsels handhaaf, nie deelgenoot van so 'n vernederende proses kan wees nie:
* Hierdie land is ons land;
* Ons onderhandel nie met terroriste nie;
* Die proses waardeur die mag aan die ANC-SAKP-regime oorhandig is, was onwettig en daarom is die huidige regime onwettig;
* Die Afrikaner sal sy vryheid net buite die huidige bedeling kan verkry en wel deur verset.
Hierdie “BOERE-AFRIKANER VOLKSRAAD”, wat beslis níé die gedeelte van die Afrikanervolk wat lede van die AVP is en daarby ingesluit alle lede van die HNP, ANB, AWB en elke ander organisasie wat die standpunt handhaaf dat Suid Afrika die Afrikanervolk se land is verteenwoordig nie, het reeds met die aanvaarding van die beginsel om te onderhandel oor dit wat volgens elke bestaande regsreel ons s'n is, Afrikanerland prysgegee!In die onderstaande samesprekings met die Swart, Kommunistiese meerderheidsregime vir ‘n volkstaatjie, iewers waar dit die Swartes behaag en so groot as wat hulle bereid is om af te staan, in ruil vir ons Godgegewe erfenis, is die regmatige aanspraak van hulle deel van die Afrikanervolk op Suid Afrika prys gegee en in beginsel die reg van die Swart volke op ons vaderland erken. Dit was van meet af duidelik gemaak dat geen diskriminasie van welke aard ookal voortaan in Suid Afrika geduld sal word nie en is dan ook so in die Afrikanervyandige grondwet vasgelê wat sal geld waar en indien hulle ookal so ‘n grondjie afgebedel kan kry.
Rigters 10:6: “EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.”
Ons kan so verdraagsaam wees teenoor die kwade en bose, maar teenoor mekaar se gebreke is daar feitlik nie eens ‘n fraksie van hierdie verdraagsaamheid te bespeur nie.
Hierdie verkeerde gesindheid van misplaaste verdraagsaamheid is by ons gekweek deur die werkers van die bose magte. Soos wat hulle ons lewens kom vul het met nietige afgode wat ons van ons God en die Waarheid (God se Woord) sou vervreem, só is ons ook oorspoel met booshede wat ons maar móés verdra om ‘n daaglikse bestaan voort te sit. Die probleem is egter dat ons só gewoond geraak het aan verdraagsaamheid teenoor die kwade/bose gedurende die afgelope paar dekades, dat ons talle verkeerde dinge in ons lewens tot ons eie ondergang gewilliglik “verdra” of selfs genot daaruit put deur onwetend mee te doen daarin. Om onkundig te wees, is seker menslik. Om onkundig te bly, is egter ‘n dwase keuse.
Ons verdra . . .