Waarvoor ywer julle? As Helen Suzman se pogings deur die ANC geminag word, waarvoor ywer julle? Hier is die sekerste bewys dat blankes wat van mening is dat om die Swart ras te steun en in besonder die ANC-regime, hulle te help en by te staan om behoudende blankes te ondergrawe, te adviseer hoe om “apartheid” te ondermyn, hulle te befonds, te help struktureer en hulle flaters, foute, korrupsie en moorddadigheid te verdedig om daarmee hulle, die swartes se welwillendheid mee te verdien, verstaan niks van die swart ras se politieke verwagtings en metodes om dit te verwesentlik nie! Julle is deur julle moedswillige naïwiteit gevonnis om geassimileer te word totdat daar slegs ‘n donker skakering van julle pigmentasie en geërodeerde breinfunksie oor is om by die Afrika-mentaliteit aan te pas terwille van eendersheid! Selfmoord by implikasie indien jy nie betyds gevlug kry nie!
ANC: Helen Suzman didn't act against apartheid
19 Apr 2013 06:24Sarah Evans, Nickolaus Bauer
Die AVP wonder wat is by Rapport aan die gang? Dié “hogere” en in die algemeen onbekende caveatwoord, met “regterlike waarskuwing, of protes” as betekenis, pas hoegenaamd nie in Rapport se mondering indien die tema wat onder bespreking geneem is, in aanmerking geneem word nie. Op bladsy twee van Rapport van 30 November 2014 verskyn ‘n artikel onder die opskrif: “Rapport sê, Verwerp Blade se dreigemente”. Hierdie opskrif wat reeds op die voorblad van dieselfde Rapport in ‘n fokuskol beklemtoon word met die verstommende aanbeveling van: “Hou op skaam wees vir Afrikaans en sê vir Blade: ’Nee’” Sou eerder in Volkstem van die AVP verwag word as in die Afrikanervyandige en tot nou toe, uiters linkse Rapportkoerant!
Hierdie kommunis se openlike aggressie jeens die Afrikanervolk soos gepubliseer in die media, is die soort optrede wat nodig is om Afrikaners op hulle agtervoete te kry. Sy wanstaltige vertolking van rassisme en die gebrekkige, indien nie géén insig in die gevolge van hulle verminking van die onderwys in Suid Afrika, roep ‘n uitspraak van mnr. Jaap Marais op toe hy by geleentheid van iemand gesê het, “this man was educated beyond his intelligence!” Sy benadering oor Afrikaners druip van rassisme terwyl hy verklaar dat daar geen plek vir rassistiese instellings is nie! Die AVP verwys na Nzimande se opmerking: “Ek sal julle toemaak” op die voorblad van Rapport van 30 November 2014. Nzimande verbeel hom dat Suid Afrika aan hom en sy paar kommunistiese tydgenote behoort. Hy vergeet egter dat sy posisie nie spruit uit enige stryd, ywer of vindingrykheid, om nie eers die terme vermoë van die swart ras te noem nie. Hy het bloot daar gekom omdat ons deur de Klerk en sy verloopte kabinet van 1994, verraai is. Hy moet dus maar sy vinger swaai terwyl hy kan!
MNR. ARJAN VERSTEEG:" DAAR IS 'N SKOOL WAT AL LANK WAG VIR 'N PLEK EN HIERDIE IS IN ONS OË BAIE BELANGRIKER".
Ons het 'n insiggewende gesprek in die Nederlands met mnr. Arjan Versteeg die faksievoorsitter van die Staatkundige Gereformeerde Party oor die plan van die munisipaliteit van die stad Gouda om in 'n voormalige kaserne die grootste islamitiese sentrum van Wes-Europa te vestig waarin glo dié drie huidige moskeë 'n plek sou kry. Hierdie sou plek bied vir omtrent 4500 besoekers. Saam met die ChristenUnie in Gouda bevraagteken die SGP faksie hierdie bou.
Gouda-Noord is 'n wyk waar baie min Moslems woon dus die wykbewoners is van mening dit is heeltemal nie nodig dat daar 'n islamitiese gebou kom nie. De enigste ondersteuners van hierdie moskee is die wethouers van die links-liberale Demokrate'66, die sosialiste van die Party vir die Arbeid, Groen Links en Gouda Positief. Ons moenie glad verwonder wees hieroor nie want daardie Moslems stem as daar verkiesings is, meestal op hierdie politieke partye omdat hulle baie lief is vir hulle.
ns: Ons het reeds geskryf oor die feit dat die stad Gouda jare lank ernstig deurloop onder misdaad van veral die Marokkaanse jeug wat vreedsame inwoners blatant aanrand, eiendom beskadig en selfs die polisie nie spaar nie. Ook Openbare Vervoer en Ambulansdienste word bedreig wanneer hierdie jeug klippe gooi. Jong meisies word in die strate geterroriseer, soos u sal onthou daar ook vroeër berig is oor die twee susters Laura en Rowan wat weerstand gebied het toe hulle aangerand is. Marokkane so jonk as 13 jaar was hierby betrokke en is deur die polisie aangekeer, maar na ses ure weer vrygelaat omdat die klagtes nie ernstig genoeg bevind is nie.
Hierdie optrede van die polisie word nie verstaan deur die inwoners wat daagliks met die jong kriminele te doen het nie. Veral die ouer mense loop kwaai deur onder hierdie aanrandings.
Kyk net na die opskrifte in Nuus24 van artikels wat verband hou met munisipaliteite om te begryp waarom Escom en die regime nie meer geld het nie!
Emfuleni: Kragtoevoer na 80 ondernemings afgesny
2012-06-09 10:21:35 AM
Die Emfuleni-munisipaliteit in die Vaaldriehoek het sedert die begin van die jaar die elektrisiteitstoevoer na sowat 80 ondernemings afgesny
R19 milj. begroot om beamptes hul werk te leer
2012-06-07 11:15:30 AM
Limpopo sal R19 miljoen in die volgende drie finansiële jare op konsultante spandeer om munisipale amptenare te leer hoe om hul werk te doen.
Uitstaande rekeninge in Dbn beloop R5,7 miljard
2012-06-06 12:00:17 PM
Die LUR vir finansies in KwaZulu-Natal, Ina Cronje, sê Durban word sowat R5,7 miljard geskuld in uitstaande rrekeninge.
In ‘n beproewende tyd vir gelowiges waarin die waarhede van die Bybel en die bestaan van God betwis word, verdag gemaak word, deur kerke en kerkleiers verdraai word, uit die skole geban word en deur regerings gering geskat en selfs geïgnoreer word, kom maak professor H.G. van der Westhuizen weer die ankers vas wat die ongelowiges en ateïste poog om los te ruk! Die AVP vind dit noodsaaklik om om die dertien dagstukkies wat prof. Van der Westhuizen geskryf het te plaas as bevestiging en versterking van ons wat glo en weerlegging van hulle wat dwaal.
Hoog bo die engele
Die Duiwel weet dat Jesus die Seun van God is
Die Demone weet dat Jesus die Seun van God is
Vroue weet dat Jesus die Seun van God ís
Heidene weet dat Jesus die Seun van God is
Afrikane weet dat Jesus die Seun van God is
Dissipels weet dat Jesus die Seun van God ís
Apostels weet dat Jesus die Seun van God is
Paulus weet dat Jesus die Seun van God is
Engele weet dat Jesus die Seun van God is
Jesus weet dat Hy die Seun van God is
Die Vader weet dat Jesus die Seun van God is
Die kerk weet dat Jesus die Seun van God is
VRYDAG 20 MAART 2015
Die Duiwel weet dat Jesus die Seun van God is
Lukas 22:54-62 Vers 61:”En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” Dit is vir ons maklik om Petrus te verkwalik wanneer ons hierdie gedeelte lees. Ons sal maklik by onsself dink dat as ons maar die geleentheid gehad het om dag vir dag saam met Jesus te kon wandel en al Sy wonderwerke en kragte met ons eie oë te kon sien, ons Hom in der ewigheid nie sou verloën het soos wat Petrus gedoen het nie. Is dit werklik die geval? Het ons nie al elkeen in ons eie lewens gesien hoe die beloftes van God wat Hy aan ons maak in Sy Woord waar word in ons eie lewens nie en daar is nie een van ons wat kan spog daarmee dat ons Hom nog nooit verloën het nie. Hoeveel maal het ek myself nie al in ‘n geselskap bevind waar Sy Naam ydellik misbruik word en dan maar eerder geswyg om myself die hoon van mense te spaar nie? Hoeveel maal moes ek maar beginsels en waardes prysgee om mense ter wille te wees, al sou dit veroorsaak dat ek doelbewus aan God ongehoorsaam moet wees?