Die AVP se tema vir die jaar wat voor ons lê, is ‘n oorlog sonder koeëls, so besluit op ons afgelope kongres. U mag tereg vra, waarom ‘n oorlog sonder koeëls? Veg ‘n mens dan nie ‘n oorlog met allerhande konvensionele wapens nie en deesdae nogal formidabele, gesofistikeerde en moderne instrumente wat aangepas is vir die bepaalde omstandighede waaronder hulle aangewend moet word.
So woed daar op hierdie oomblik oorloë wêreldwyd in Sirië, Irak, Libië, Afganistan, Oekraïne, Nigerië en is daar gewelddadige opstande oral waar die opstandelinge met van hierdie moderne wapentuig toegerus is asof daar ‘n onuitputbare bron daarvan bestaan sodat selfs die kindersoldate in Afrika geen tekort daarvan ondervind nie! Dit is skynbaar net in Suid Afrika waar die onderdrukte Afrikanervolk, wie se land op verraderlike wyse in die hande van swart kommunistiese terroriste beland het, geen toegang tot hierdie soort wapentuig het nadat daar met deeglike beplanning deur die verraaiers van ons volk, van al ons eie wapens ontslae geraak is. Toenemend woed daar egter ‘n oorlog teen die Afrikanervolk met, én sonder wapens!
Daar heers tans byna 'n massa-histerie om van Jacob Zuma ontslae te raak. Afrikaners doen gedweë mee aan hierdie veldtog omdat hulle grootliks oningelig is oor die gebeure agter hierdie fasade. As redes word aangevoer onder meer sy vermorsing van belastingbetalersgeld op sy paleis, Nkandla. Alle aanduidings is dat die aanvalle op Zuma sal verskerp in 2015 en dat gepoog gaan word om hom uit die kussings te lig.
Wat mense natuurlik vergeet, is dat die einste magte wat Zuma aan bewind gebring het, nou van hom ontslae wil raak. En dit het absoluut niks met Nkandla te doen nie. Hulle het immers al voor sy verkiesing as president geweet hoe korrup (teerbaar) Zuma is met die hele sage rondom die wapenskandaal. Nogtans het hierdie magte hom gesteun en dit teen 'n persoon (Thabo Mbeki) wat self vroeër hulle kandidaat was!
Mbeki was die sake-sektor (geldmagte) se kandidaat en het inderdaad veel gedoen om Joodse geldbelange in Suid-Afrika te bevorder. Hy het egter nie genoeg gedoen nie! Toe hy boonop sy steun vir Robert Mugabe uitgespreek het en geluide begin maak het wat begin klink het na stappe om die geldmagte se planne in die wiele te ry, was die gort gaar. Die res is geskiedenis.
Lukas 19:1-10
In hierdie gedeelte lees ons van ‘n man wat so eie is aan karakters van ons huidige samelewing – iemand wat van Jesus gehoor het, maar Hom nie ken nie. Hy weet van Hom en het al van Hom gehoor, maar hy ken Hom nie. Die persoonlike verhouding ontbreek.
In vers 5 nooi Jesus hierdie sondaar wat so oor Hom wonder om nie alleen na Hom te kom nie, maar om ook aan Hom blyplek vir die aand te verskaf. Hierdie sondige tollenaar wat openlik mense inloop in transaksies en nie eers vir Jesus ken nie, word deur Jesus genader om vir Hom blyplek te verskaf. So kenmerkend aan ons Meester, Jesus Christus, stel Hy nie eers die voorwaardes alvorens Hy by Saggéüs sou tuisgaan nie, maar gaan by hom tuis ten spyte van sy foute en sondige gebreke. Hierdie gesindheid van Jesus tesame met Sy Goddelike heiligheid en heerlikheid is so oorweldigend vir Saggéüs dat hy summier sy sonde teenoor Hom bely en onderneem om dit ook reg te stel.
Hoséa 6:1:”KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.”
Ek is seker dat die jaar 2014 deur die oorgrote meerderheid volksgenote voorwaar as ‘n stormagtige jaar beskryf kan word. ‘n Jaar waarin storms op alle lewensterreine gewoed het en ons in vele opsigte benoud gemaak het. Juis hierdeur kon ons in retrospek weer die waarheid en toepaslikheid van God se beloftes ook in ons huidige lewensomstandighede ervaar – Jesaja 43:2:”As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” Alhoewel die storms rondom ons hewig was, is ons egter nie daardeur oorweldig nie.
Die onderstaande artikel deur Hoffman werp opnuut lig op die onderduimse metodes van geheime organisasies om politiek wêreldwyd te beïnvloed om ‘n bepaalde doel te bereik. Dit bring onwillekeurig die moord op dr. H. F. Verwoerd in herinnering waar daar steeds baie meer vrae as antwoorde bestaan.
Terwyl die spreekwoord wat lui: “Al gaan die leuen hoe so snel, die waarheid agterhaal hom wel”, sonder twyfel oor en oor bewys is, is die dig bewaarde waarheid oor die moord op Robert Smit en sy vrou asook die sluipmoord op dr. Verwoerd besig om bladsy vir bladsy blootgelê te word. ‘N sameswering is nie noodwendig altyd teorie nie!
The CIA and The Process of Mind Rot — Then and Now
By Michael Hoffman
www.revisionisthistory.org “...the heirs of the conspirators are now so powerful they can afford to openly tease us with evidence of their guilt.”
No one must lightly dismiss the question of race. It is the key to world history and it is precisely for this reason that written history so often lacks clarity - it is written by people who do not understand the race question and what belongs to it. Language and religion do not make a race, only blood does that. Benjamin Disraeli
'n Onderwerp wat deesdae taboe is in die openbare media is die bespreking van ras. Daarmee saam natuurlik die verskille tussen rasse. Dit is juis die liberalis (gefinansier deur die Sionistiese magte) wat wil verhoed dat die feitelike en waarneembare verskille, en veral die effek wat dit op samelewings het, geopenbaar word.
Rasseverskille is nie net fisies waarneembaar nie, maar onomstootlik bewys. Daar bestaan boonop 'n onewewigtigheid wat betref intelligensie en vermoëns en is dit so dat dit 'n saak van onmoontlikheid is om 'n uitnemende kultuur voort te bring wat gebaseer is op lae intelligensie. En ondanks die feit dat die Jode as groep dalk 'n hoër intelligensie het as die Blanke, is dit wat voortgebring en daargestel is in die wêreld en wat van waarde is, deur die Blanke beskawing (die Westerse Christelike mensdom) daargestel. Die Jode het min daartoe bygedra, juis omdat hulle hulle uitsluitlik toegespits het op die ekonomiese, eerder as die opbou van samelewings.
Jeremia 18:1-23 “Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!” is die woorde van die HERE aan Sy volk om hulle te herinner van hul nietigheid en afhanklikheid van Hom.
Die Afrikaner, wat ook natuurlik nie anders beskou kan word as ‘n volk van God nie, aangesien ons trou aan Hom beloof het gedurende Desember 1838 en onsself daardeur onlosmaaklik aan Hom verbind het as Sy volk, moet hierdie woorde van die HERE vandag beslis ter harte neem. Soos klei in die hand van die pottebakker is ons in Sy Hand en as ons ons volk se geestelike lewe in oënskou neem, het ons as “‘n voorwerp” van God, tot ‘n klaaglike mislukking misvormd geraak. Aangesien ons net maar ‘n voorwerp in Sy Hande is en Hy die Pottebakker wat ons vorm, gaan ons seker die skuld vir ons mislukking op Hom plaas? Is dit dan nie Hy wat toegelaat het dat ons misvormd raak nie? Die woorde in verse 7 – 10 stel dit vir ons duidelik dat die volk weens sy eie ongeregtigheid misvormd raak, maar ook deur sy eie keuse van bekering herstel kan word tot ‘n pragstuk in die Pottebakker se Hand. Ons mag nòòit die wekroep tot ootmoed en nederige onderdanigheid aan Sy Wil en Raadsplan as ‘n opdrag tot pasifisme beskou nie. Die wekroep tot ootmoed en onderwerping aan Sy Wil is juis ‘n wekroep wat lei tot bekering wat sal aanleiding geen tot aanmelding vir diens in Sy Koninkryk in gehoorsaamheid aan Hom en met ‘n gesindheid van dankbaarheid teenoor Hom.