Lukas 15:11-32
In hierdie baie bekende gelykenis lees ons hoedat die jongste seun in die gelykenis nie die waarde van sy vaderhuis besef nie en in eiesinnigheid daarvan wegbreek om agter die oënskynlike geluk van die wêreld aan te dwaal.
Ons lees in vers 13 dat hierdie seun sy besittings in losbandigheid deurgebring het en dit moes seker vir almal wat hom aanskou het gelyk het asof hy die mees sorgvrye en begeerlike lewe leef waarvan enige mens kan droom. Om hierdie rede ook het hy baie “vriende” gehad wat hom gehelp het om sy besittings te verkwis en deur te bring, maar toe hierdie kortstondige geluk van losbandigheid tot ‘n einde kom, bevind die seun homself stoksielalleen in sy ellende. Almal wat hom oor die afgrond gehelp het, het hom alleen daar oorgestoot en nou moes hy self sy weg uit sy ellende probeer vind.
Die Passiespele van Oberammergau
In 1633 het builepes die dorpie Oberammergau in Beiere (Duitsland) getref. Aanvanklik was net naburige gemeenskappe geraak en het die dorpie 'n streng kwarantyn gehandhaaf ten einde die pes weg te hou. 'n Sekere Caspar Schuchler wat by sy vrou en kinders wou gaan kuier in Oberammergau het egter die maatreëls geminag en het toe die plaag in die dorp ingedra. In slegs 33 dae vandat hy die dorpie binnegekom het, het hy en 83 ander mense gesterf. Daar was geen menslike maatreël oor om die plaag te keer nie
Die totale onbevoegdheid van ‘n swart regering om eerstewêreld standaard te handhaaf, word hier in Suid Afrika hard en duidelik bevestig vir die hele wêreld om te sien! Uit die berig van Moneyweb is dit duidelik dat die ANC nie instaat is om sy agtergeblewenes, ten spyte van buitensporige salarisse te motiveer om selfs net die instandhouding van die bestaande infrastruktuur op peil te hou nie.
Daar moet nou onomwonde besef word dat de Klerk-en-genote se onheilspellende eksperiment met goed en bloed, klaaglik gefaal het! Hierdie feit moet ook hard en duidelik aan die internasionale klok gehang word vir die wêreld om te sien en te hoor dat die Britte en Amerikaners se ongewenste indringing in die binnelandse aangeleenthede van veral Suid Afrika, maar ook van ander lande, vernietigend en kontraproduktief was en is. In hulle oorlog sonder koeëls teen Suid Afrika het hulle waarskynlik alreeds meer skade aangerig as wat moontlik sou wees in ‘n konvensionele oorlog mét koeëls.
LETHABO POWER STATION DROWNING IN ASH
Die ontstaan en bestaan van die Gelofte van Bloedrivier word in talle geskrifte in besonderhede beskryf. Oor die geskiedkundige werklikheid daarvan bestaan geen twyfel nie. Daarvan getuig geskrifte van ooggetuies en ander betroubare persone, ook van Zoeloe kant. Dit is egter noodsaaklik om oor die inslag van die Gelofte te besin ten einde die saai van twyfel teen te werk.
Die Gelofte was deel van die gebed van Sarel Cilliers op Sondag 9 Desember 1838 te Waschbank tydens die aand erediens. Later, en tot vandag toe, word dit as 'n verklaring herdenk. Dit kan nie weer in ‚die gebed opgeneem word nie, aangesien dit op 16 Desember 1838 volbring en die belofte van jaarlikse herdenking tot in die opkomende geslagte bevestig is. Meestal word dit vandag tydens 'n erediens herhaal en bevestig en word in die gebed en prediking op die onderhouding daarvan in die volkslewe klem gelê, tot bemoediging en aansporing van die Afrikaner. Die nakoming van die Gelofte is en bly 'n vereiste vir elke Afrikaner, hetsy van bloedafkoms of dat hy uit vrye wil hom by die Afrikanervolk gevoeg het en voeg.
Sedert die VF-Positief in die ANC-Parlement teenwoordig is, was hulle nie instaat om iets te doen wat die verval in Suid Afrika kon keer nie. Dat hulle wel in ‘n posisie is om die omvang van die verval bekend te maak na buite toe, is sekerlik iets werd, maar die beletsel om iets daaraan te doen is die meerderheid swartes wat hulleself beskerm bloot deur die opsteek van hande.Dit is adv. Anton Alberts wat kon uitwys dat die Ouditeur-Genl. se verslag oor staatsbesteding daarop dui dat staatsdepartemente in die laaste boekjaar nie minder as R62,7 miljard ‘onregmatig bestee’ het. In die vorige boekjaar (2012 / 2013) was die bedrag R26 miljard en ten spyte van die kennisname daarvan, was nie een van die opposisie partye daartoe instaat om die meer as verdubbeling daarvan in die huidige boekjaar te stuit nie. Vir die gewone belastingbetaler het die staatskas ‘n bodemlose put geword waar amptenary se korruptiewe inslag onbeheerst voort spoed na totale ineenstorting.
Die NSA lê aan skerwe! Dan is dit baie lig gestel indien dit vergelyk word met hoe die Republiek van Suid Afrika in 1966 daar uitgesien het onder die bekwame en Godvresende bestuur van dr. H.F. Verwoerd en sy kabinet van daardie tyd. Ons kyk na die turbine by Duhva kragstasie in die foto’s hieronder, wat onmiddellik dieselfde onbekwame en meesal onverantwoordelike optrede van die swart bevoordeeldes wat ongeag ervaring, vermoë en opleiding oral ten koste van bekwame mense aangestel word en begryp dan onwillekeurig dat hierdie turbine ‘n toonbeeld is van die Nuwe Suid Afrika na dr. Verwoerd. Dat diegene wat in die parlement aangebly het na die moord op dr. Verwoerd en aktief of stilswyend die versaking van beleid en beginsel meegemaak het, daardie voorwaardes vir vreedsame naasbestaan gefaal het, is sekerlik so! Dit is egter belangrik om dieper en deegliker te kyk na die oorsake en veral die oorsprong van dié handomkeer wat binne die NP plaasgevind het! Dit het dan tyd en nodig geword dat die Afrikanervolk wat vandag gebuk gaan onder die voorspelde ellende wat voortspruit uit die handomkeer wat na die moord op dr. Verwoerd plaasgevind het, die oorsaak vir ons ellende aan die regte kapstokke hang, naamlik Brittanje en Amerika! Dit was die twee vernaamste hefbome wat teen die Afrikanervolk aangewend is.
Spreuke 3:1-35: Vers 5:”Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” Dit klink tog so eenvoudig en eintlik lekker. Ek kan maar rustig agteroor sit en net glo, want dit is al wat God van my vra. Was dit maar net vir ons so maklik om waarlik onvoorwaardelik te glo en op God te vertrou! In ‘n lewe waar die samelewing voortdurend gedryf word na groter, beter, meer, is dit soms moeilik om die pas vol te hou. Kort voor lank bevind ons onsself op ‘n weg waar ons so ingestel is op ons eie vermoëns, insig en bedrywighede dat ons vergeet dat ons ‘n hemelse Vader het wat vir ons deur genade voorsien in dit wat ons nodig het. Ons is sò besig om met ons eie insig te probeer om dinge uit te redeneer en te verklaar, dat ons deur ons foutiewe redenasies en gebrekkige menslike insig, menigmaal situasie vererger i.p.v. om ‘n verbetering teweeg te bring. Enige kind van God het egter daardie wonderlike gerusstelling en voordeel dat ons net ons beste hoef te probeer en dit wat buite ons vermoë is, na ons God kan vat in ons gebede – en onthou, by Hom is geen ding onmoontlik nie.