Spr. 1:7-19: “DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.” (:7). Ons is almal bekend daarmee dat koning Salomo ’n besonderse wyse man was. “So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.” (1 Kon. 10:23). En deur sy mond het God ook aan sy volk ontsettend baie lewenswysheid geleer. Die eerste ding waarvan ons in Spreuke lees, is wat die grondslag van kennis is. Die vertrekpunt, die fondasie van kennis en wysheid is ’n vrees vir God. “Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis;...”. Dit word vir ons ook in Spr. 9:10 bevestig. “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.”
MEV. GINGER VAN DEN OEVER: "ONS HET DIE WERKGROEP OPGERIG VANWEE DIE ENORME DRUK WAT OP DIE BURGERS WORD UITGEOEFEN OM IN ONS DORPIE HEERLE 'N ASIELOPVANG TE REALISEER"
Geagte leser. Op Donderdag 18 April het die COA (Centraal Orgaan opvang Asielzoekers) in die Noord-Brabanste dorpie Heerle 'n byeenkoms gehou om inwoners wat sorge geuiter het vanwee
die koms van 'n groot asielsoekers sentrum in hierdie klein gemeenskap van 1850 mense probeer gerus te stel .
Mev. Ginger van den Oever was aanwesig op hierdie informasieaand om die dorpelinge 'n riem onder die hart te steek. Sy het toe namens die bewoners vrae gestel aan die COA
As die Roosendaal munisipale raad dit goedkeur, sal 300 asielsoekers in die AZC woon: 250 statushouers en 50 minderjarige asielsoekers. Altesaam 300 persone.
In 'n insiggewende onderhoud wat ons met mevrou gehad het, het sy o.a. gewys hoe die aand verloop het.
"VLAAMS BELANG-VOORSITTER MNR TOM VAN GRIEKEN: "DIT IS IN MY OË MAAR NET DIE BEGIN EN EK IS DAARVAN OORTUIG DAT IN DIE HELE EUROPA 'N REGSE WIND SAL GAAN WAAI NÁ DIE 6 JUNIE VERKIESINGS"
Geagte leser. Ons het n.a.v. van die vorming van 'n sentrum-regse regering in Nederland insluitende Party vir die Vryheid, Boer Burger Beweging, Nuwe Sosiale Kontak en die liberale
VVD, 'n insiggewende tiende onderhoud gehad met Vlaams Belang voorsitter mnr. Tom van Grieken. Ondanks dat die situasie op 'n politieke vlak in België verskil van dié van buurland Nederland, glo hy dat 'n dergelike konstruksie ook in sy land moontlik moet wees. Dit spreek vanself dat die regse wind oral in die Europese Unie sal gaan waai, want in lande soos b.v. Duitsland, Switserland is daar ook baie konserwatiewe kragte wat sterker word, ondanks alle teenskanting wat hulle ervaar en ondanks die gedurige ignorering van hul partye op radio en televisie en in koerante. Ons het vir hom o.a. vrae gevra oor hoe hy dink -- gegewe die komplekse situasie in Vlaandere --, dat sy party net soos in hierdie buurland in die middel van mag kan beland.
Uit die staanspoor wil ek sê dat ek nou rêrig geen simpatie het met die stemvee wat wil gaan stem. Jy het nou jou lot verdien. Mag die onreg jou nou teister vir die volgende 5 jaar. Jy het jou ore uitgeleen aan die “moonshot” mense, wat vir jou gelieg het dat hulle die onderduimste politiek van die nuwe Suid-Afrika kan rehabiliteer. As jou verstand swak is sal ook jou liggaam daaronder ly. Ek wil my verlustig in jou lyding.
Jeremia 50:6 My volk is verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ‘n verkeerde koers gelei, en agter gelaat om in die berge rond te dwaal. Hulle dwaal rond van heuwel tot heuwel, sonder om te onthou waar hulle rusplek is. Geen wonder dat baie Afrikaners hulle nie meer gebonde voel aan sy volk nie, maar geestelik migreer het na Afrika barbarisme, wie loer kry niks en wie gryp kry ‘n handvol. Die parlementêre elite het nou die grootste risiko geword vir harmonie in ons land.
MEVROU ROOSMARIJN BECKERS: "DIT IS AL SKAARS AS VLAAMS BELANG DEUR SOGENAAMDE 'ONAFHANKLIKE' MENINGSPROGRAMME GENOOI WORD EN AS 'N PARTYMAAT VAN MY DAN TOEGELAAT WORD OM SY OF HAAR VERHAAL TE VERTEL KRY DIE PERSOON NOULIKS DIE KANS OM SO TE MAAK"
Geagte leser. Ons het n.a.v. die ignorering van die Vlaams Belang-politicus mev. Roosmarijn Beckers wat op Maandag 9 Mei by die meningsprogram 'De Afspraak' van die Vlaamse
Staatsomroep genooi was, 'n insiggewende onderhoud met haar gehad. Dis bekend dat hierdie party net in geval van nood mag meepraat met politici van ander politieke partye in soortgelyke televisie- en radioprogramme. Ook tydens sulke 'onpartydige' diskussies huldig die gesprekleier dikwels 'n vooringenome standpunt in waardeur politici van Vlaams Belang sonder blik of bloos in de rede geval word of eenvoudig die woord ontneem word. Ondanks dat die klein Kommunistiese partytjie PVDA en verlinkse partye soos 'Groen' min invloed het, word hulle baie meer genooi vir 'n onderhoud as bogenoemde nasionalistiese party. Ons het vir haar o.a. die vraag gevra hoekom sy ondanks hierdie ignoreer tog besluit het die uitnooi te aanvaar.
Joh. 3:1-21:“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (:16).
Hoe pragtig is hierdie baie bekende gedeelte uit God se Woord nie. En hoe hartseer is dit nie dat hierdie gedeelte ook waarskynlik een van die meer bekende gedeeltes uit God se Woord is omdat dit een van daardie verse is wat menigmaal deur dwaalleraars in hul kettery uit verband uit aangehaal word. Maar ons mag nie hierdie kosbare skat in God se Woord verswyg of verberg bloot omdat daar sommige is wat dit moedswillig verdraai nie. Dit is hulle skandelike en skaamtelose optrede en handeling met hierdie skat wat verwerplik is en nie die skat self nie.