1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8334758

Besoekers aanlyn

Ons het 109 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE DA EN VF+ SUIG DIE ANC FOPSPEEN

Klaas WaarseggerHierdie hanskakies is so toegewyd aan die Regering van Nasionale Regering dat hulle, hulle eie volk sal verkoop vir ‘n vuil R10.00 noot. Swakkelinge en opportuniste word altyd deur hul dade ontmasker. Die DA was voor in die ry met die ja-stem in die referendum wat nou ‘n ketting om die nek geword het. Hul verraad brand nou soos ‘n gloeiende vuur in ons land. Hierdie twee partye is besig om ons Afrikaners se moer te koer. Dit is tog bekend dat die DA kreature terroriste huisvesting gegee het. Geen wonder dat hulle nou in die eg verbind is met die ANC.

Hulle sal vir jou vertel dat ‘n redetwis in die huwelik dood normaal is. Soortgelyk is die VF+ ook nie meer standaard Afrikaners nie. Pietertjie het ook nou rug gedraai. Hul Afrikanerskap word nou ten onregte uit ‘n politieke korrektheid beleef. Hulle is ook nou deelagtig aan die “Afrikaners Must Fall” projek. Hul vuil pote vertrap ook nou dit wat ons voorouers tot stand gebring het. Grondhervorming en landsverwoesting moet nou net ordentlik gedoen word.

Hierdie verleiding en ingesteldheid reik tot in die hart van boosheid teenoor Afrikaners. Ons sovereiniteit en selfrespek is verruil, en hulle bepleit nou ‘n voorreg van oorlewing by die Afrikaner-hatige bewind. Die verknegtings ideologie het ook nou hul eie geword wat ‘n radikale afwyking is van ons Afrikaner strewe van selfregering. Soos wat met Jopie Fourie gebeur het, skiet julle ons in ons Afrikaner harte.

‘n Aura van besmetting vul die “wit” ruimte in ons blanke politiek. ‘n Doodsang word gesing voor elke plaasboer begrafnis, en ons moet nou kwansuis vrede maak daarmee. ‘n Heining van doringdraad is nou om die patriotiese Afrikaner gespan. Besef hierdie verloopte Afrikaners dan nie dat hulle nou bydra tot die voortsetting van onreg en politieke gevangenskap van die Afrikaner volk nie. Omdat hierdie verlooptes die realiteit van Afrika negeer, sal ons weer die bloedvergieting van die verlede herleef.

Die witman in hierdie land word openlik uitgetart met wetgewing soos BBBEE, grondroof, die Bela-wet en die gesondheidsverskering bedrog. Ten spyte hiervan suig die DA en VF+ steeds die ANC tiet. Generaal de la Rey; “Ons direkte toekoms sal een wees van harde werk, stryd, offers, daadkrag en moontlik selfs weer bloedvergieting. Ons skuld dit aan ons voorgeslagte, maar ook vir ons nageslag wat dalk nog nie eens gebore is nie” 

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie