1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8334973

Besoekers aanlyn

Ons het 42 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

AS RAMPOKKERS REGEER!!!!

Klaas WaarseggerAs rampokkers regeer is demokrasie so dood soos ‘n mossie. Baie hooggeplaastes wat tot onlangs as terroriste beskou was, swaai nou die septer in ons land, wat onregmatig aan hulle oorgegee is deur verraad in Afrikaner geledere. Neem kennis dat die DA en VF+ ook nou gekoöpteer is om dié onreg in ons land voort te sit.

Die afgelope 30 jaar is ons land geteister met swart burgerlike opstand, staatskapings, kriminaliteit, Afrikaner haat, menseregte skendings en alles wat boos en onhebbelik is. Die wanbestuur het ook die volgende afgryse tot gevolg gehad om net ‘n paar te noem: Suid-Afrikaanse Lugdiens, DENEL, Poskantoor, Eskom, Spoorwee en hawens.

Tenderpreneuring, diefstal, selfverryking en wetteloosheid het in alle gevalle ‘n rol gespeel. Die skandale is legio. Ten spyte van hierdie baanrekord is die DA en VF+ steeds toegeneë om deel te wees van die regering van nasionale eenheid soos die benaming sê, eenheid in motief. Hulle praat nou so eners omdat hulle siening so eners is.

Die onverstaanbare is dat die VF+ wat die buite-egtelike kind van die konserwatiewe party is, wat oorlog wou maak as gevolg van de Klerk se verraad, nou pêns en pootjies deel geword het in die voortsetting van Judas de Klerk se verraad. U sal onthou dat voor die afgelope algemene verkiesing ‘n pakt gesluit was tussen partye (die DA en VF+ ingesluit) om nie met die ANC saam te werk nie. Weereens is ons belieg wat aanduidend is van hul integriteit wat kennelik ontbreek.

Ons moet nou maar besef dat ‘n stem vir die DA of VF+ is ‘n stem vir die vrotsige regime. As jy enigsins ‘n greintjie Afrikanerskap besit, is dit van uiterste belang om die adder in ons midde te onthoof deur nooit weer vir hulle te stem nie. Geen reggeaarde mens kan hulle vertrou nie. Hulle sit hand om die blaas met die Afrikaner haters. Jou keuse is om deel te wees van die tirannie as jy vir hulle stem of om weg te bly van die stembus ter wille van selfverwesenlikking. Die ontgogeling onder die “wit stem” is steeds besig om astronomiese afmetings aan te neem. Aan hulle wil ek sê, ek salueer julle. Verwerp hierdie “woke” en bose regering van nasionale onreg en die toekoms sal weereens ons eie wees. Die politiek van die DA en VF+ is soos dié van ‘n hamster wiel, oppad na nêrens en beslis nie na selfverwesenlikking nie.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie