Dit help nie om leunagtig voor te gee dat ons almal dieselfde is en ook almal gelyk is om guns te wen by ander volke nie. Dit is die wete in jouself wat bemagtig. Voksverband dui op ‘n eiesoortigheid, geneties asook kultureel en ‘n psigiese ingesteldheid wat te doen het met waardes. Tussen rasse is dit in ‘n groter mate geaksentueer. Jy is óf wit, óf swart, óf bruin. Geen mens op aarde word rasloos gebore nie. Die verbeelding dat Afrikaners ewe skielik Afrikane geword het is niks minder as kranksinnig nie.
Ps. 147:1-20:“Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. Die HERE het ’n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.” (:10&11).
’n Mens hoor die afgelope tyd op politieke gebied gereeld die wekroep – “Ons sal self”. Dit weerklink omtrent oraloor soos ’n nuwe gonswoord. Dit is dus nodig dat ons oor hierdie wekroep of ingesteldheid sal besin om vas te stel of dit met die riglyn vir ons lewe vanuit God se Woord belyn kan word.
Hierdie artikel wat in duits geskryf is het onder my aandag gekom. Ek het dit in Afrikaans vertaal aangesien dit ‘n treffende boodskap vir die tyd waarin ons onsself bevind bevat en in lyn is met wat ons in Jeremia se profesie in Jeremia 30 vers drie-en-twintig lees: “23 Kyk, 'n storm van die Here, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
24 Die toorngloed van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.”
Heb. 1:1-14:“U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.” (:9&10).
Daar is ‘n wesentlike verskil tussen gelowige en ongelowige mense en volkere. Die verskil is nie net sigbaar in die uitspraak en optrede van sulke mense en volke nie, dit is ook sigbaar in die wyse waarmee ons hemelse Vader met die onderskeie mense en volke omgaan. Hy wat die Skepper van hemel en aarde is en wat nadat hy tevrede was met sy skepping, die mens as kroon van sy skepping formeer en oor sy skepping aangestel het om daaroor te heers!
Die riglyne waarbinne die geskape mens homself moes orden en sy opdrag en verantwoordelikheid moes nakom, het God in Sy Lewende Woord laat opteken.
Ps. 32:1-11:“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (:8). Hoe kosbaar is hierdie versekering uit God se Woord nie. Dit laat my ook dink aan God se woorde uit Deut. 8:5. “Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig,”. En uit hierdie gedeeltes openbaar God vir ons iets van Sy Vaderhart – ’n hart van omgee en liefde teenoor ons. Hy wil ons leer, Hy wil ons onderrig omdat Hy ons heil in die lewe begeer. Dit is ook uit Eségiël
Esra 5:1-17:“En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, ...” (:11).
Hierdie woorde uit Esra laat my opslag aan die pragtige woorde in die vierde strofe van Die Stem dink – “Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry”. En dan dink ek met hartseer aan die realiteit dat laasgenoemde in die breë oor ons volk ongelukkig vandag nie meer waar is nie. ’n Volk wat hierdie voorreg prysgegee het om van sy Godvresende lewe “vry” te breek en knegte van die wêreld te word. En die gevolge hiervan oor die laaste vyf tot ses dekades is vir ons duidelik.