1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7802487

Besoekers aanlyn

Ons het 176 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VOLKSVERBAND EN PRESERVERING

Klaas WaarseggerDit help nie om leunagtig voor te gee dat ons almal dieselfde is en ook almal gelyk is om guns te wen by ander volke nie. Dit is die wete in jouself wat bemagtig. Voksverband dui op ‘n eiesoortigheid, geneties asook kultureel en ‘n psigiese ingesteldheid wat te doen het met waardes. Tussen rasse is dit in ‘n groter mate geaksentueer. Jy is óf wit, óf swart, óf bruin. Geen mens op aarde word rasloos gebore nie. Die verbeelding dat Afrikaners ewe skielik Afrikane geword het is niks minder as kranksinnig nie.

Afrikaners is homogeen, wit Afrikaans sprekend met ‘n bepaalde geloof, geskiedenis, afkoms enkultuur wat hom onderskei van alle anderrasse, volke en mense. Ek kon nog nooit uitvind wat nie-rassigheid beteken nie. Jy is lief vir jou vrou en kind en oefen ‘n voorkeur vir hulle uit, nie omdat hulle mooier, slimmer of beter as ander is nie, maar bloot omdat hulle joune is.

Só is dit ook met jou volk gesteld. In die nuwe Suid-Afrika word daar gesmous met die drogwoord reënboognasie om valslik ‘n eenheid te impliseer, terwyl die reënboog kleuronderskeid onderstreep, sodat selfs die kranse antwoord gee. Dié swartpolitiek sukkel om hond haar af te maak, soos die dertigjarige mislukking aandui. Retief se voetfout in Dingaan se kraal vertel die storie. Vandag ervaar ons steeds die swart antagonisme van die setlaars uit midde Afrika. Die krisis in ons land is so ernstig dat ons toekomsvisie sterker sal moet wees as die huidige reëboognasie orgie. Ons het nie as ‘n tussenmens (nóg wit, nóg swart, nóg bruin) na Afrika gekom nie. ‘n Reënboognasie is ‘n ideologie, ‘n verbeelde (fancifull speculation), gemeenskap.

Afrikaner nasionalisme is onbeskaamd uitsluitend en was vir dekades die samevoegende krag in ons volkslewe. Dit is ‘n standpunt van goeie trou, lojaliteit en patriotisme teenoor jou volk en land. Enige volk haat dit om deur ‘n ander regeer te word. Ons volk se nasionalisme was juis die baanbrekende krag om beskawing in hierdie land, maar ook wêreldwyd, te vestig. Die Afrikaner kan nooit anders as Europees gekonseptualiseer word nie. Dit is nie ‘n anti-ander rassige uitgangspunt nie, maar eerder die wete van wie en wat jy is met die handhawing en beskerming van identiteit. Dit spreek vanself dat elke volk aan ‘n eie nasionaliteit behoort.

Dit is ‘n kwessie van broers teenoor bure, daarom is ‘n eie besit van ‘n grondgebied die harmoniese antwoord. ‘n Plurale gemeenskap skep noodwendig interne spanning soos nou in oortreffende trap gedemonstreer word. Apartheid het ten doel om ‘n normale gemeenskap byeen te bring, sodat geen volk demokraties uitgesluit word nie, soos nou waar die Afrikaner en ander volke polities en andersins uitgerangeer is. Die regering van multi-nasionale eenheid se sogenaamde nie-rassigheid gebruik juis rassisme as basis in kwotatelsels en BBBEE as voorskrif. Dit gaan en is onteenseglik so dat ‘n meerderheidsgroep wat in beheer is van ‘n staat dinge hanteer asof die burgers homogeen is. Sederd 1994 is Afrika-Nasonlisme die heersende ideologie in Suid-Afrika. Afrikaners is toevallig en ondergeskik. Wie die staat beheer ontvang daarmee saam die infrastruktuur, staatsdiens en inkomstestroom.

Dit is slegs die tussenin-Afrikaner wat polities korrek wil verbaster. Hulle sit almal in die veelrassige parlement soos brommers op ‘n ANC “vy”, instede daarvan om te sê ek is, sê hulle teenwoordigheid ek is nie. As jy werklik wil weet wie jy is, gaan lees Carl Gustav Jung se boek, The Archetypes and the collective unconscious.

NS: Daar is diegene wat wil voorgee dat die Afrikanervolk ‘n bastervolk is. Die genomiese navorsing van Sybrandus Adem het bewys dat die Afrikanervolk 95,3% van wes-europese (blanke) afkoms is.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie