Hierdie brief het in die Afrikanerkoerant van die Herstigte Nasionale Party verskyn. Die AVP plaas dit met die doel om kommentaar daarop te lewer
Die verdiepende krisis in die land laat baie Afrikaners só moed verloor dat hulle meer oor die probleme kla as wat hulle iets daaraan doen. Dit geld selfs vir diegene wat al dekades gelede die komende krisis voorsien het, in ’n tyd toe hulle vir hulle versiendheid aangeval en uitgestoot is as politieke uitgeworpenes. Die gevaar bestaan dan dat mense ’n soort leë troos vind in die feit dat hulle reg was, in plaas daarvan om dit wat verkeerd is, reg te maak. Dit kan daartoe lei dat hulle in die praktyk merendeels heimweeklubs kan word wat terugdink aan ’n verlede toe dinge gewerk het, in plaas daarvan dat hulle skeppende en energieke organisasies is wat aan ’n beter toekoms bou.
Heb. 2:1-18:“maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.” (:6&7). Die skrywer herinner ons aan die bekende Psalm 8 waarin koning Dawid van dieselfde saak spreek. “wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
Wyle mnr. Jaap Marais wie se beginsel en beleidsrigting steeds deur die AVP verteenwoordig word, word tenspyte van die meerderheid Afrikaners se gebrek aan ondersteuning, feitlik daagliks reg bewys. Die feit dat Isaac Matshego, ekonoom van Nedbank, verduidelik dat Nedbank die regering se doeltreffendheid in die lewering van onderwys, behuising en sekuriteitsdienste monitor en hul maatstawwe daarop wys dat Suid-Afrika se regeringsdoeltreffendheid sedert 1996 in 'n afwaartse spiraal neig, bevestig die korrektheid van daardie herhaalde waarskuwings!
Dertig jaar gelede is die voorafbeplande oorrompeling van ons land en witmenseradikasie in werking gestel met die Afrika slagwoorde vryheid, vrede en voorspoed. Een man een stem, is besing as die alfa en omega van ‘n politieke wonderwerk in wording. Die Afrikaner haters het in hul mou gelag en gejuig oor die sukses van hul politieke toertjie, en die naȉwiteit van die goedgelowiges.
Die hele ou spul, die NP, DA en VF+ is die kous oor die kop getrek. Daar is gesmous met verleidende woorde soos een menslike ras, gelykheid, inklusiwiteit, wegbeweeg van diskrminasie, wigte en teenwigte, broederskap, reënboognasie, regstellende aksie, ens, ens.
Die WGO se voorste entstofdeskundige het in 'n regsgeding getuig dat sy COVID-entstofpaspoorte afgeraai het, aangesien die entstowwe nie die oordrag van die virus stop nie en 'n valse gevoel van sekuriteit gee.
Deur Paul D Thacker: Global Research, 12 April 2024. The DisInformation Chronicle
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Dr. Hanna Nohynek het in die hof getuig dat sy haar regering in kennis gestel het dat entstofpaspoorte nie nodig is nie, maar geïgnoreer is, ondanks die verduideliking dat die COVID-entstowwe nie virusoordrag stop nie en die paspoorte 'n valse gevoel van sekuriteit gee.
Die AVP vestig graag u aandag op die oorsprong van bekende name van mense en organisasies in omgang, wat voorkom asof hulle onaantasbaar in die openbaar kan optree en uitlatings maak wat die hele mensdom negatief raak, sonder dat hulle hoegenaamd aanspreeklik gehou word!
Navorsing deur ander wat ook daaroor bekommerd is, werp lig op met wie en wat ons te maak het en vestig opnuut ons aandag daarop dat diésulkes ook net gewone mense is wat gebruik word omdat hulle daarvoor beskikbaar is sonder om die uiteindelike prys wat hulle gaan betaal, in berekening te bring!
Ons vind berusting in die feit dat ons hemelse Vader ook die Beskikker is van die lotgevalle van Volkere en nasies en ons dus geregverdig is wanneer ons ons leefwyse, ons lewens-en-wêreldbeskouing begrond op reg en geregtigheid, verantwoordbaar op Sy Woord as riglyn.
2 Kron. 16:1-14: “En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak. Was die Kusiete en die Líbiërs nie ’n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het; want die HERE – sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.” (:7-9).