1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8132079

Besoekers aanlyn

Ons het 73 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HY IS!

Bybel2 Kon. 4:1-44:“Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie. En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie. Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is. Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in.

Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan. Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.” (:2-7).

’n Mens wonder waar om te begin met ’n bespreking uit hierdie wonderlike gebeure in die lewe van ’n weduvrou en haar twee kinders. Sy het werklik in ’n benarde situasie beland omdat sy nie die skuldeisers kon betaal nadat haar man oorlede is nie. En hoe hanteer sy hierdie situasie? Sy probeer nie op slinkse wyse om die skuldeiser te uitoorlê om sodoende nie die skuld terug te betaal nie. En sy vlug nie ver weg waar niemand haar sou kon opspoor nie, nog gee sy boedel oor en sit en bejammer haarself. Sy gaan met hierdie probleem na die man van God omdat sy weet dat daar by God hulp, raad en redding is. “BY Hóm is wysheid en mag; Hý het raad en verstand.” (Job 12:13).

Sy plaas haar vertroue op Hom. Hierdie God tot wie sy haarself wend om hulp en redding om nie uiteindelik in slawerny te beland nie is dieselfde God wat aan Moses verskyn het om Sy volk van hul slawerny in Egipte te verlos. Geliefdes, toe Moses aan Hom vra hoe hy die volk sal antwoord as hulle sou vra wie hierdie God is wat hom na hulle gestuur het, was sy antwoord as volg – “En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.” (Ex. 3:14). God IS. Hy IS die getroue God wat Sy kinders nie in die steek sal laat nie. “...Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Heb. 13:5). Dit is weereens in die lewe van hierdie wedevrou betuig. En spreek Ps. 55:23 nie op ’n besonderse wyse Sy getrouheid in haar lewe aan nie! “Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.” Dit is duidelik uit God se Woord dat dit belangrik is dat Sy kinders wéét van hierdie eienskap van Hom. Ons moet weet dat ons Hom kan vertrou. “Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7:9). Ons lees ook van die mooi getuienis in hierdie verband deur die mond van die wyse koning Salomo in 1 Kon. 8:22-24. “Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel en gesê: Here, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart, wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.”

Hy IS ook die onveranderlike God. In die dae van Moses het Hy sy volk van hul slawerny verlos. En in die tyd van hierdie weduvrou het Hy haar ook van die dreigende slawerny gered. Wanneer God Sy Seun, Christus Jesus na die aarde stuur, sit Hy hierdie verlossingswerk van God voort. Die getuienis van hierdie onveranderlike eienskap van God word deur die lewe en werk van Christus weer onderstreep. Hy verlos Sy kinders vandag steeds uit die mag en slawerny van sonde. “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” (Heb. 2:14&15).

Dit is vir my opvallend hoe die profeet optree wanneer hierdie vrou na hom kom, geliefdes. Hy verneem van haar wat sy het, m.a.w. wat het ons om mee te werk in hierdie situasie? En hoe tree Christus op wanneer Hy die wonderwerk verrig wanneer Hy die brode vermeerder – op dieselfde manier! “Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ’n paar vissies.” (Matt. 15:34). Net so ontoereikend as wat sewe brode en ’n paar vissies is om vierduisend manne, buiten hul vrouens en kinders, te voed, sou ’n flessie met olie wees om die skuld van die weduwee af te los en nog oor te hou sodat sy en haar twee kinders daarvan kon leef. En ewe ontoereikend sou driehonderd manne wees om die in die dae van Gídeon die Midianiete te verslaan.

Maar die feit is dat dit nie die olie, die brode en vissies of die dapper en vernuftige manne is wat in enige van hierdie gevalle die uitkoms tot gevolg gehad het nie, maar die God wat in elk van hierdie situasies opgetree het. Die weduwee kon ’n halwe flessie met olie gehad het of selfs geen flessie met geen olie nie – God sou steeds die uitkoms bewerk soos wat Hy aan Israel manna uit die hemel laat reën het. En dieselfde geld vir die sewe brode en paar vissies. Hierdie gebeure stel dit tog vir ons duidelik dat géén situasie vir God te groot is om uitkoms te bewerk nie. God het dit ook duidelik aan Moses gestel sodat Hy sou weet dat HY IS ook die algenoegsame, almagtige God (El Shaddai). “Toe sê Moses: Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal ’n hele maand lank eet! Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is? Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.” (Núm. 11:22&23).

Nee, Moses – God het nie al die visse in die see nodig om die probleem op te los nie. Die probleem word op Sy bevel opgelos. Hy IS die oplossing. Ek gaan ’n laaste eienskap van God aanraak wat vir my duidelik uit hierdie gebeure na vore kom. Dit is dat God ook die REGVERDIGE IS. God stuur nie die profeet na die skuldeiser om hom te berispe oor sy ongenadige optrede teenoor die weduwee in haar moeilike omstandighede nie. God tref nie hierdie skuldeiser met die dood om die probleem “op te los” nie. Nee, nadat God aan hierdie weduwee genoegsaam voorsien, is die eerste opdrag dat sy haar skuld moet gaan betaal – sy moet doen wat reg is. Hierdie regverdigheid van God wat ons ook sien in die wette en verordeninge wat Hy aan Sy volk gegee het, word weer vir ons uit God se optrede en bevel in hierdie saak bevestig. “Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.” (Lev. 19:15).

En hoe sien ons nie hierin dat God self handel volgens die insettinge wat Hy aan Sy kinders gegee het nie. Ons kan die getuienis van die kinders van Korag in Ps. 45:7 in hierdie verband beaam, geliefdes. “U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n Regverdige septer.” (Ps. 45:7). Nadat die weduwee al die kruike wat sy kon kry uit haar flessie met olie gevul het, het die olie gaan staan. Dit was genoeg. Hierdie flessie was nie skielik ’n towerstaf wat tot in ewigheid hierdie onophoudelike olie gelewer het sodat die weduwee later nie meer nodig gehad het om haar vertroue in God te stel vir haar versorging nie aangesien sy mos oor ‘n “wonderlike flessie” beskik. Nee, genoeg was genoeg. En wanneer daar weer ’n behoefte of nood sou ontstaan, het hierdie weduwee geweet dat die flessie bes moontlik ’n volgende keer nie weer in die prentjie sou wees nie, maar God wel. Sy sou weet dat sy Hom weer kon aanroep en Hy sou as die regverdige, die barmhartige, die ewige en algenoegsame, almagtige, onbeskryflik grote God weer help en red. Sy het geweet, soos wat ons veronderstel is om ook te weet, dat HY IS die algenoegsame en ons saligheid is in Hom alleen. “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.” (1Tim. 6:6).

Amen

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie