Die versaking van beginselstandpunt se impak op ‘n leier se vermoë is deur mnr. Johan Theunissen van die AVP op 21 Maart 2017 onder oë geneem. Die newe effek daarvan slaan huidig soos vetkolle uit in verskeie organisasies wat streef om in Afrikanerbelang leiding te gee.
Dat leiding huidig krities noodsaaklik is, is onteenseglik! Dat effektiewe leierskap daarvoor egter uiters selektief noodsaaklik is, is net so belangrik!
Wanneer omstandighede belangriker word as beginsels.
Gepubliseer op 21 Maart 2017 | Geskryf deur Johan Theunissen AVP.| | | Trefslae: 2525
(Andries Breytenbach en die HNP se versaking van die beginselpad van Jaap Marais) – Johan Theunissen
Wannneer daar binne volksgeledere gesoek word na leierskap, word oordeelkundige foute nie veroorsaak deur faktore van buite nie, maar deur gebrekkige oordeel in die binnekring.
By die verlies van kragtige, beginselvaste Afrikaner volksleiers wat verbind was in voortsetting van leierskap deur die goue draad van die beginsel van nasionalisme, is ons die afgelope sestig jaar getref deur hoofsaaklik gebrekkige oordeel in die binnekring! Die resultaat daarvan bedreig ons volk se voortbestaan!
Na die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd wat die laaste beginselvaste Nasionalistiese verkose Afrikanerleier was, moes Afrikaners voorberei word vir 'n heel nuwe bedeling in die politiek en in hierdie nuwe bedeling sal daar volgens aanduidings 'n poging wees om 'n nuwe leier aan die volk op te dring met die versugting van eenheid onder Afrikaners terwille van weerstand teen die A.N.C.
Matt. 5:1-12:“Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” (:9). ’n Onmiskenbare eienskap van God – vrede. Hy is ’n God van vrede en sy kinders sal ook aan hierdie eienskap geken word. Maar ons moet dalk begin om te vra wat vrede is, geliefdes? Is vrede bloot die afwesigheid van twis en vyandigheid teenoor ‘n ander? Myns insiens is dit veel meer. Vrede is die salige, genoegsame en volkome tevrede toestand in ’n mens se hart. Laasgenoemde is nie te vinde daar waar twis bloot afwesig is nie. Daar is byvoorbeeld tydens ’n skietstilstand tussen twee partye dalk nie aktwiewe twis en vyandigheid nie, maar daar is beslis ook nie ware vredeFRAKSIEVOORSITTER MNR. HANS VAN DE BREEVAART: "EK IS TELEURGESTELD DAT DIE KERKRAAD VAN DIE EVANGELIESE-LUTHERSE GEMEENTE HIERDIE BESLUIT GENEEM HET"
Geagte leser. Ons het nav van die feit dat die kerkraad van die Evangelies-Lutherse gemeente 'n lesing deur Fraksievoorsitter Forum vir Demokrasie-Dordrecht, Mnr Hans van de Breevaart gekanseleer het, 'n baie insiggewende onderhoud in Nederlands gehad met hom. Sy lesing sou handel oor 'kulturele Christendom" en "die Christelike wortels van ons beskawing"
Hy is sedert vanjaar die plaaslike fraksieleier vir FvD Dordrecht. Mnr. van de Breevaart was voorheen aktief as 'n historikus vir die Wetenskaplike Instituut van die Staatkundige Gereformeerde Party, maar het daar vertrek. In ons voorgesprek het meneer gesê: "Ek sou graag die inhoud van my lesing wou bespreek, oor hoekom ek as Christen 'n FvD-lid is en vind dit buitengewoon teleurstellend dat die lesing gekanselleer is".
Volgens die kerkraadsvoorsitter is die redes vir die kansellasie 'voor die handliggend': "Ons wil nie 'n platform bied aan partye soos Forum vir Demokrasie nie," het mnr Bart Stegeman van die Evangelies-Lutherse gemeente in Dordrecht gesê. "Dit is teen ons beginsels. Hul populisme veroorsaak baie skade. So 'n byeenkoms pas nie by die karakter van die kapel nie, en is dus teen ons reëls." Die kerkraad het eers Vrydag van die lesing geweet; 'n stigting hanteer die huur van die gebou.
Job 28:20-28:“Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.” (:28). Die wysheid en waarheid van hierdie woorde is alreeds in die lewe van die eerste mense op aarde bevestig. God het vir Adam en Eva in die tuin van Eden gestel om daarin te woon. En hier kon hulle in vrede en in die nabyheid van God leef. Hier was aan niks gebrek nie en hulle kon ’n veilige en salige lewe geniet.MEV. ANDREA SPEYERBACH: "NA MY SIENING VERSUIM DIE NEDERLANDSE STAAT EENKANT OM DIE EIE IDENTITEIT EN KULTUUR TE BESKERM, MAAR ANDERSYDS HET HULLE TOEGELAAT DAT ALLERHANDE VREEMDE TRADISIES HUL PLEK INNEEM"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad 'n insiggewende onderhoud in Nederlands te hê met mev Andrea Speyerbach wat in September 2025 die Stigting 'Democratische Vernieuwing' opgerig het. Mevrou het eers filosofie gestudeer, dog was teleurgestel in de akademiese en joernalistieke wêreld.
Sy het toe besluit, self wat gaan filosofeer op haar solderkamer en daar het 'n Substackartikel uitgekom.
In ons voorgesprek het sy vir ons gesê: ' Dit was die eerste in 'n reeks waarin ek die geskiedenis van verteenwoordigende demokrasie begin verken en analiseer het, en sodoende by die asimmetrie in menseregte uitgekom het wat die kern van die regsgeding vorm: die migrantindividu is volkome leesbaar vir menseregte, maar die burgerindividu is onsigbaar.
Hierdie regsongelykheid lei tot baie ontevredenheid en ontwrigting in die samelewing, veral wat asiel- en migrasiebeleid betref.Ons het haar onder andere vrae gevra of sy weet hoekom die seine van baie mense geignoreer word ten spyte van die protesdemonstrasies wat dwarsdeur die land gehou word teen die vestiging van asielskuilings.
1 Kron. 29:10-30:“En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het. HERE, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so ’n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U; en gee aan my seun Salomo ’n volkome hart om u gebooie, u getuienisse en u insettinge te hou, en om alles te doen en om die paleis te bou wat ek voorberei het.” (:17-19).