Tim du Plessis, daardie opgeblase, opgesmukte klein mannetjie van Beeld, kan tussen al die kaf wat hy kwytraak, so nou en dan ‘n lucidum intervallum beleef - ‘n helder oomblik!
So voer hy onlangs in Beeld in ‘n artikel met die titel “Velkleur versus realiteit” aan dat velkleur ‘n onveranderlike is, en daarom nooit ‘n argument mag wees nie. Hy is duidelik baie liggeraak oor die verraaiers-mantel wat al vir jare om sy nek hang, ondanks die feit dat hy kwansuis nie verder aan artikels lees wat hom as ‘n verraaier uitkryt nie.
Pous Benedictus het pas ‘n boek die lig laat sien met die titel Jesus of Nazareth: Holy Week. Daarin word onder meer aangevoer dat die Jode nie te blameer is vir die dood (kruisiging) van Jesus nie en dat Jode nie bekeer moet word om in Christus te glo nie.
Die pous se uitspraak oor die kruisiging is natuurlik deur die Jode wat Judaïste (en Sioniste) is, verwelkom. Hierdie Jode het vir baie jare verkondig dat hierdie uitspraak, naamlik dat die Jode verantwoordelik was vir Christus se dood, een van die redes vir “anti-Semitisme” is. Benyamin Netanyahu, voorslag Sionis, het die volgende aan die pous te sê gehad:
Psalm 94:
94:1 God van wraak, o HERE, God van wraak, verskyn in ligglans!
94:2 Verhef U, o regter van die aarde, vergeld die trotsaards hulle dade!
94:3 Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?
94:4 Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd- al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
Die DA voorspel dat hulle baie goed gaan doen in die komende munisipale verkiesings - veral in
Die DA is ‘n liberale party wat die Grondwet met sy menseregte ondersteun. Dus, enige god
Die vraag het onlangs weer ontstaan waarom Afrikaners nie eendragtig bymekaar kom in verset teen die onreg waaroor almal dit eens is, onregmatig teen ons gepleeg word nie. Waaroor selfs weinig, indien enige, verskil dat dit deur veragtelike verraad oor ons gebring is nie! ‘n Interressante berig in Beeld, een van weinige reaksies op sinvolle beredenering vanuit regse geledere, wat in 1987 verskyn het, werp lig op die vraag.
Soos in 1987 is die vraag egter steeds, waarom nie eenheid of waarom selfs nie eens samewerking nie? En net soos in ’87 is die antwoord steeds, omdat al die splintergroepe waarin die Afrikanervolk verdeeld is, spesifiek gestig is omdat hulle nie met die bestaande weerstand wóú saamwerk nie!
GEEN PLEK VIR DIE AFRIKANER NIE
In 1983 was Marthinus van Schalkwyk die NP se voorbok op RAU. Hy en Peter (let wel: Peter en nie Pieter nie!) de Lange het toe saamgesweer en ‘n
massavergadering wat deur meer as ‘n 1000 van die 5000 studente aangevra is om beswaar aan te teken teen integrasie op RAU, bekook en bewimpel om studente te paai dat RAU kwansuis nie sy identiteit sou verloor as net ‘n “kwota” anderskleuriges toegelaat word nie. Dit was so tipies van die NP en Broederbond se leuens en gekonkel.
Beeld - 24 Maart 2011
Beswaarde lidmate van die Hervormde Kerk dreig nou met die hof tensy kerkleiers ’n besluit oor apartheid terughou. Hulle het by die algemene kommissie beswaar gemaak teen Besluit 54 van verlede jaar se algemene kerkvergadering, waarin die kerk apartheid verwerp het. Hulle meen die besluit is “nie prosedureel regsgeldig geneem nie”. Dis volgens hulle ook ongeldig omdat dit te vaag is. Die besluit het apartheid nie gedefinieer nie, en selfs die huidige ondersteuning van ’n volkstaat word daardeur tot sonde verklaar, sê hulle.