GEEN PLEK VIR DIE AFRIKANER NIE
In 1983 was Marthinus van Schalkwyk die NP se voorbok op RAU. Hy en Peter (let wel: Peter en nie Pieter nie!) de Lange het toe saamgesweer en ‘n
massavergadering wat deur meer as ‘n 1000 van die 5000 studente aangevra is om beswaar aan te teken teen integrasie op RAU, bekook en bewimpel om studente te paai dat RAU kwansuis nie sy identiteit sou verloor as net ‘n “kwota” anderskleuriges toegelaat word nie. Dit was so tipies van die NP en Broederbond se leuens en gekonkel.
Op daardie vergadering het ‘n student (met ‘n baard – en dus “ver-regs”) opgestaan en gewaarsku dat RAU sy identiteit sou verloor, dat ‘n muur om RAU gebou sou moes word en dat Blanke vrouestudente sou verkrag word as die deure van die universiteit vir anderskleuriges oopgegooi sou word. Hy is gekoggel en uitgelag deur van die gebreinspoelde studente oor sy lagwekkende standpunt. Tog is op daardie vergadering daarin geslaag (ten spyte van Van Schalkwyk en De Lange se geknoeiery) om ‘n mosie aanvaar te kry dat ‘n referendum op die kampus gehou moes word oor die vraag of die universiteit oopgestel moes word, al dan nie. Van Schalkwyk het as voorsitter van die studenteraad nie die moed daarvoor gehad nie. Sy meesters destyds was immers Leon Wessels en Roelf Meyer en dit was nie deel van die beplanning nie! Hulle was toe reeds geprogrammeer om alles in hierdie land te integreer. Hulle het geweet hulle sou verslaan word in daardie referendum.
Die res is geskiedenis. RAU het sy identiteit verloor. Die Afrikaner universiteit “aan die
Nou kla selfs Deon Geldenhuys oor wat van RAU se Afrikaans geword het. Nou toe nou! Selfs hierdie liberalis
Die situasie is nie te red deur ‘n Christen-owerheid, ‘n staatsbeheerde onderwys-owerheid of meer Afrikaanse studente aan sekere universiteite nie. Ons is op pad na volledige integrasie soos die Kommunis dit wil en die liberalis daartoe meehelp. So ‘n revolusie word net gekeer deur ‘n teen-revolusie. Jy
In hierdie revolusie word jy soos die vyand (Van Schalkwyk) of stel jy jou op teenoor hom. Daar is geen goue middeweg nie.