1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9196830

Besoekers aanlyn

Ons het 186 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

LIDMATE DREIG MET HOF OOR APARTHEID

Beeld - 24 Maart 2011

Beswaarde lidmate van die Hervormde Kerk dreig nou met die hof tensy kerkleiers ’n besluit oor apartheid terughou. Hulle het by die algemene kommissie beswaar gemaak teen Besluit 54 van verlede jaar se algemene kerkvergadering, waarin die kerk apartheid verwerp het. Hulle meen die besluit is “nie prosedureel regsgeldig geneem nie”. Dis volgens hulle ook ongeldig omdat dit te vaag is. Die besluit het apartheid nie gedefinieer nie, en selfs die huidige ondersteuning van ’n volkstaat word daardeur tot sonde verklaar, sê hulle.

Hulle meen ook die beswaar verander die kerk se belydenis. Dit verskil nie wesenlik van die Belhar-belydenis nie en volgens hulle weerspreek dit die kerk se reformatoriese teologie.

Die algemene kommissie het nie een van die besware gehandhaaf nie, maar het die teologiese kwessies wat die beswaardes geopper het na die algemene kerkvergadering in 2013 verwys. Nou voer die beswaardes aan die kommissie mag nie op grond van Besluit 54 optree voordat die volgende algemene kerkvergadering oor die teologiese kwessies gepraat het nie.

Hulle het die kommissie om so ’n onderneming gevra. As hulle dit nie kry nie, sal hulle ’n hofbevel aanvra om dit af te dwing. Ds. Dries Beukes, ondervoorsitter van die algemene kommissie, het gesê hulle het die versoek ontvang en sal dit op hul vergadering op 18 April oorweeg.

Die kommissie het egter reeds op sy onlangse vergadering besluit om op grond van Besluit 54 aan die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke oor die Hervormde Kerk se moontlike hertoelating tot die gereformeerde ekumene te skryf.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie