Miskien moet ‘n mens net eers sê van watter verraad praat ons hier. Die definisie van verraad is om troueloos te handel. Dit beteken dat daar vele en verskillende terreine is waar die geleentheid hom voordoen vir onbetroubares om troueloos op te tree. Die terrein wat óns van die AVP hier in gedagte het, is die politieke terrein, omdat dit die terrein is waar die vooruitgang en vryheid, of die ondergang en verknegting van ‘n volk bepaal word, deur die staatkundige beleid wat gevolg word.
DIE OORSPRONG VAN SUID-AFRIKA SE STAATKUNDIGE BELEID
Soos elke ander volk op aarde moes ook ons ‘n staatkundige beleid ontwikkel wat in óns beste belang sou wees. Reeds vroeg het die Witman in Afrika besef dat hy ‘n voorpos van die blanke beskawing in Afrika is en dat die bevolkingsamestelling hier, ander eise as in Europa vir die Blanke se voortbestaan gaan stel!
Gebeure uit die geskiedenis.
1811: Genl. J.C. Smuts skryf in sy boek "Een Eeu van Onrecht", toe hy ook nog 'n vevolgde Afrikaner was:"De worstelstrijd van bijna een eeuw, die begon toen aan de Hollandse bevolking van de Kaap een vreemde overheerser werd opgedrongen, spoedt ten einde. De ure is aangebroken wanneer beslist sal worden of Zuid-Afrika door het handhaven van haar vrijheid, een nieuw tydperk van haar geskiedenis sal ingaan, dan of ons volk zal ophouden te bestaan, uitgedelgd worden en overheerst zal worden deur gewetenloze goudkoningen, handelende in naam van een onrechtvaardig en gehaat gouvernement 7,000 mijl van hier."
Politiek as gedragslyn of handelswyse van ’n regering of die staatkunde, kan ook die handelswyse van ’n individu of volk beskryf. Dit het ’n tendens geword om ’n bepaalde politieke beleid en/of beginsel wat teen die gees van die tyd indruis, ’n etiket om te hang sodat mense daarvan terugdeins. Hierdie tendens is nie net ’n plaaslike verskynsel nie maar word wêreldwyd met groot sukses toegepas deur die internasionale magte wat poog om die wêreldlande saam te voeg in een identiteitlose gemeenskap, met een geldstelsel, een wêreldregering en vir sovêr as moontlik, een wêreldgodsdiens.
Ps. 100:1-5:“Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.” (:2).
Dien die HERE met blydskap. Geliefdes, hierdie voorskrif behels veel meer as net ’n bietjie vrolikheid. Wanneer ons hierdie saak in die Woord van die HERE ondersoek,vind ons dat hierdie blydskap waarmee ons die HERE moet dien ons toewyding vra.Dit vereis dat die HERE vir ons werklik ’n prioriteit moet wees en dat ’n gesonde verhouding met Hom en opregte liefde vir Hom tot gevolg sal hê dat ons vreugde uit ons diensbaarheid aan Hom put. Ons diens aan Hom behoort vir ons nie ’n moeite tewees nie, maar ’n voorreg en ’n vreugde.

Die post-negentigerjare is ‘n ontwrigte era. Orde in ons land het in die modder versink. Ons ankers is aan flarde geruk. Wit politiek in die parlement is klinies dood. In hierdie leemte klink luidrugtigte swart stemme so asof hulle gesalfdes is om Arikaners te fusilleer. Selfgesertifiseer om soos konings op ‘n troon te sit.
Die reënboogdroom het in waansin ontaard.
Die nuusmedia is begaan oor sewe vroue lyke wat in die afgelope drie maande in die omgewing van Kemptonpark opspraak verwek het. Sosiale media word ingespan om ‘n reeks berigte met foto’s van polisiebeamtes, voertuie en veral Le Sufi se uitsprake van “geen steen sal onaangeraak gelaat word om die moordenaar vas te trek nie!
Wat ‘n deursigtige slenter om die “bekende reeksmoordenaars” van tenminste 57 moorde per dag, waarvan die statestiek van die “owerheid” waarskynlik die punt van die ysberg is,onder die mat in te vee!
Ps. 16:1-11:“Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.” (:2). Dawid – ’n man na aan God se hart. Hy was nie sondeloos of volmaak nie. Maar hierdie man was opreg. Sy liefde vir God was nie uit voorgee of alleen die belydenis van sy lippe nie. Sy verhouding met God was opreg en daarbenewens ook vir hom belangrik. Tewens, dit was vir hom dié belangrikste verhouding in sy lewe. Geliefdes, hier in Psalm 16 lees ons waar Dawid uit eie beweging ’n gedig aan God skryf. Hy wil sy liefdesverklaring aan God neerpen om uiting te gee aan sy diepe liefde vir God wat in hom is. En in hierdie gedig stel Dawid dit dan duidelik dat daar vir hom in hierdie lewe niks beter as God is nie.
Alle deelnemende politieke partye is nie in staat om geregtigheid te verseker vir ons Afrikanervolk nie. Almal is ingekontrakteer (RNE) in die konsep van swart oorheersing. Slegs oningeligte Afrikaners hallusineer dat verkiesings ‘n verandering kan bring in die nuwe Suid-Afrika. Hulle kan net sowel glo dat ‘n skilpad ‘n boom kan klim.
In wese word daar gestem vir ‘n koalisie waar swart oorheersing dominant sal wees.