Deut. 6:1-25
“Hoor, Israel, die HERE onse God is ’n enige HERE.Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.Ook moet jy dit as ’n teken bind op jou hand, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.” (:4-8).
Die Here herinner Sy volk daaraan hoedat Hy hulle van hul slawerny in Egipte verlos het. Hy beveel hierdie volk wat Hy vir Homself as eiendom verkry het om hulself met oorgawe aan Hom te wy. Hy eis hul onverdeelde liefde en trou.
Kuisheid volgens oudregter Johan Kriegler, is gelyk aan "vry en regverdig" wees. Of hy dit nou net bedoel gehad het met betrekking tot verkiesings in Afrika, is moeilik om te sê as die verloop van veral die politiek in Suid Afrika na daardie veelbewoë 1994 verkiesing in aanmerking geneem word.
Nietemin kan daar met stelligheid vanuit veral behoudende Afrikanergeledere 'n geldige befronsing geskyn word op die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing! Was dit dan nie juis ons "regse" Afrikaners wat met 'n geldige verwagting van oorweldigende welslae op die uitkoms van die ja/nee referendum, gebaseer op die voorafgaande tussenverkiesingsuitslae, ontnugter is met die onverwagte oorwinning van die ja-stemmers nie?
1 Joh. 2:3-17 “Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (:15-17).
Geliefdes, wat ‘n uitdagende vermaning is dit nie wat ons hier ontvang nie! Ja, as ons absoluut eerlik moet wees, sal ons ruiterlik erken dat ons almal dikwels hierin struikel. Ons is dan hier op aarde. Ons leef dan hier. Ons bring dag na dag ons tyd hier deur. En in die proses streef ons daarna om die tyd hier benede so gelukkig as moontlik te wees. Ja, ons wens om voorspoedig en gelukkig te wees. Ons raak ongelukkig dikwels in die nastrewing van ons geluk en voorspoed so maklik daarin verstrengel om ons doelwitte te bereik dat ons God se wil nie meer in ag neem nie.

UITGEKRUIS
In ruil vir jou gekose kruisie
kan jy van utopia niks wys nie
In die "bosse" buite jou huisie
is alles duidlik nie meer pluis nie
dit was toe al die tyd jou "huisie"
uitgekruis met 'n "gelaaide" kruisie
Pynlik moet daar maar weer en opnuut besef word dat die ankertoue van 'n volk is bloed en grond.
Voor ons die vraag kan beantwoord is daar eers enkele sake wat in oënskou geneem sal moet word. Die eerste is, of daar werklik 'n oorlog is en tweedens of Afrikaners dit glo.
Soos wat verset veelkantig is. net so is oorlog 'n saak wat fisies gewelddadig militaristies in die vorm van 'n burgeroorlog of staatsgreep, anneksasie, gebiedsoorname deur buurstate of selfs internasionale wêreldoorlog met wapens gevoer, of 'n geestelike oorlog teen waardes, sedes, moraliteit, identiteit, taal, godsdiens, kultuur, ens. op subtiele maar met dodeliker nadraai as die eersgenoemde.
Job 1:1-22
“Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond gevalen gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” (:20 – 22).
Daar is soveel te leer uit die Godvresende lewens voorbeeld van Job. En hoe kosbaar sal hierdie lesse nie ook vir ons in hierdie tyd wees nie.
Dit is belangrik om terug te kyk na afloop van die Senekalsaga teneinde helderheid te verkry oor oorsaak, hantering, oogmerk en gevolg van die afgelope gebeurde.
OORSAAK
Dit is voor-die-hand-liggend dat daar vanuit ons grootliks verdeelde geledere verskeie en uiteenlopende sienswyses sal wees. Wat egter hier belangrik is, is watter is die régte sienswyse! Laat my sommer uit die staanspoor sê dat elke betoog oor swak regering, onbevoegde polisie, gebrek aan wet en orde, misdaad buite beheer, verswakte wit/swartverhoudinge, werkloosheid, armmoede en watter ander simptoom van die werklike oorsaak uitgedink of sigbaar is, ondergeskik is aan die politieke beginselafwyking wat een-mens-een-stem en uiteindelik 'n swart meerderheidsregime met getalleoorheersing tot gevolg gehad het.