1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6458128

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

GOEDGELOWIGE AFRIKANERS DIE VYANDE VAN ONS VRYHEID

Cele ministers visit SenekalDie woord "goedgelowig" kan op verskeie maniere vertolk word. Dit het in die eerste plek egter niks te make met 'n geestelike gelowigheid nie en nog minder met 'n sterk, vaste of "groot" geloof nie! Goedgelowig is verwysend na iemand wat onvoorwaardelik glo dat dit wat vir hom gesê word, die waarheid is en ongeag die feitlike en/of sigbare bewyse en waarskuwings dat die teendeel waar is daarby staan.

Dat die woord sy oorsprong het in die aanvanklike vaste geloof en integriteit van die Afrikanervolk in die algemeen en dan in die besonder sy leiers in die vorm van predikante, onderwysers, polisie en politieke leiers, is ongetwyfeld waar. Ons voorgeslag het gestaan en geval by sy besondere verkose leier omdat hulle eerlik, opreg en openlik ingestel was op die Woord van God en so geleef en vrug gedra het wat sigbaar was.

Dit het gaandeweg begin verander. Dit was ds. Willie Marais wat by geleentheid na 'n opname wat hy gedoen het in die sewentiger jare, dat 74 van die respondente waarmee hy gepraat het, nie meer geglo het dat dit wat van die kansels af verkondig word, die waarheid is nie. Daarna het die politieke knoeiery en doelbewuste uitoorlêery van ons volk deur die politieke leiers na dr. Verwoerd, 'n aanvang geneem.

Dit was egter feitlik onmoontlik om van die ouer garde te oortuig dat daar afwyking van beginsel en beleid besig was om in die Nasionale Party en in die kerke plaas te vind. Om die waarheid te sê het die liberalisme so stil, stil sedert die sestigs in ons volk ingesypel dat die weerstand teen bv. die publikasieraad en sensorraad wat ongewenste vorms van "letterkundige", romans, kuns en kultuurverskynsels afgewys het, op die spits gedryf is.

Die skeuring in 1969 in die Nasionale Party oor die afwyking in die sportbeleid het Afrikaners in twee kampe verdeel en is diegene wat daarteen beswaar gemaak het as skeurmakers, dwarstrekkers, ossewaryers en verkramptes etiketeer. Suggestiewe kleredrag, taalgebruik, seksvoorligting in die skool en derglike vreemde invloede was aan die orde van die dag en het kinders daarmee grootgeword. Toe die NG Kerk in 1986 apartheid as 'n sonde verklaar het, was dit in lyn met die wêreldaandrang op verandering en was magsdeling in 'n multikulturele omgewing, se pad feitlik skoongeskraap en reg vir ingebruikneming. In 1990 het de Klek met sy skokkende "rooi Vrydag" toespraak steeds net 'n klein kern Afrikaners die gevaarligte laat raaksien.

Dit was die betoog van die duidelik goedgelowigbesoedelde Gert Jacobs van Senekal landbou wat in sy betoog die "vordering wat bereik" is by Senekal in hulle gesprek of onderhandeling met Beki Cele, nie verongeluk wil sien deur 'n saamtrek van boere aldaar nie, wat reaksie vereis. Die AVP se probleem met Gert se afleiding dat daar iets bereik is, setel in 27 jaar se onderhandeling wat agter ons lê en wat nog niks vir ons volk beteken het nie. Behalwe dat Cele self korrup is, is hy ook 'n blanke hater wat in terme van sy uitsprake en optrede goed gedokumenteer is. Sy omkeer is baie duideklik na die eerste demonstrasie van verset by Senekal, deur sy hanteerders op hom afgedwing. Dit is opsigtelik in teenstelling met sy moedswillige en veragtelike gebrek aan verantwoordelike optrede as minister om sy onbeheersde polisiemag wat duidelik inherent korrup en buite beheer is, te dissiplineer.

Die polisie se betrokkenheid by veediefstal en onbetrokkenheid by die handhawing van wet en orde wat bygedra het tot die moord op Horner, reflekteer op Cele se bevoegdheid en sou enige ander minister in Europa in skaamte uit sy eie bedank het as gevolg daarvan. Cele se ondernemings is nie die suurstof wat hy gebruik het om dit te uiter, werd nie. Hy koop tyd by Gert en die wat saam met Gert in goedgelowigheid glo dat hulle iets bereik het deur sy beloftes.

Intussen sit 'n Boer in die tronk en weier die "magistraat" sy borgaansoek omdat bloed dikker is as water! As Gert en sy mede onderhandelaars daardie boer se onmiddelikke vrylating beding het, wat in die tronk sit as gevolg van Cele en sy mag se onvermoë, indien nie onwilligheid, om veiligheid, wet en orde in Suid Afrika te handhaaf nie, sou dit iets beteken het. Intussen gaan die moorde, aanrandings, diefstal en nou nog die vergiftiging van ons boere se diere soos by Delmas ongebreideld voort!

Nee Gert, onderhandeling is 'n kommunistiese strategie soos uitgespel deur Joe Slovo en daarop gerig om jou wapens te laat sak. Dit is mos wat fisies gebeur as jy in 'n geveg is met 'n vyand en hy oortuig jou om te onderhandel, dan sak jou wapen. Cele is gedwing om sy agressie in sy sak te steek omdat die werklike vyand die Afrikaner se vermoë ken en dit tot nou toe kon vermy deur 'n oorlog van lae intensiteit teen ons te voer! Soos Cyril verduidelik het, die padda in die pot! Die AVP het ons standpunt oor konfrontasie by Senekal uitgespel en staan daarby. Jy en al die ander onderhandelaars, in watter organisasies hulle ookal saamgetrek sit, word vyande van ons vryheidstryd, hoe opreg en eerbaar julle bedoelings ookal mag wees.

Julle wat nie meer glo dat hierdie land ons Afrikanervolk se land is nie en wat dink dat ons vreedsaam onder hierdie getaloorheersde onwettige swart kommunistiese rowerbende kan bly saamleef, leef in 'n droomwêreld wat reeds 'n nagmerrie geword het! Word wakker seun, ons is nie vir jou kwaad nie maar roep jou van die ossewa af, julle wat daar voor hardloop onder die sambreel van die menseregte-akte, oppas vir die afgrond daar voor jou!

Verset is huidig die sterkste wapen in die aanslag op ons. Senekal was die eerste sigbare gesamentlike teken van verset, bo-oor grense heen omdat dit oor 'n gemeenskaplike belang gaan. Ons moet daadwerklik poog om daardie samehorigheid nie ongedaan te maak deur onverantwoordelike optrede nie, ongeag of dit onderhandeling of verkeerde vorm van verset is nie.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie