Dit is met dankbaarheid oor die nugterheid van die Afrikanerkiesers, wat gekies het om nie die Republiek van Suid-Afrika te verruil vir ’n volkstaatjie waarvan die grootte en ligging deur die swart kommunistiese regime bepaal sou word, dat die AVP na die uitslag gekyk en dit ontleed het.
Eerstens, die AVP standpunt ten opsigte van Afrikanerpogings in ons vryheidstrewe. Laat dit bekend wees dat, om Afrikaners as ‘n hegte eenheid saam te snoer, of ’n volksregister saam te stel, kan nie fout mee gevind word nie. Inteendeel is dit ’n positiewe verwikkeling op pad na samehorigheid. Wat vir die AVP belangrik is, is wat die bedoeling met die VVK-verkiesing is.
Volgens Statistiek SA is daar 50,5 miljoen mense in SA waarvan daar 4,5 miljoen blankes is.
Kom ons veronderstel net die helfte daarvan is Afrikaners. Dan is dit 2,25 miljoen Afrikaners namens wie Paul Kruger homself aangestel en ’n verkiesing gereël het. Met die uitslae bekend en volgens hulle eie syfers, blyk dit dat slegs 1% van Afrikaners aan die VVK verkiesing deelgeneem het.
NIE NET JULIUS MALEMA NIE, MAAR OOK MOORDE OP BLANKES DEUR SWART MISDADIGERS IS BUITE BEHEER!
Uit die onderstaande uittreksel uit ‘n berig deur Media 24, is dit duidelik dat die ANC ten spyte van Zuma se verklaring tot die teendeel, nie alleen deur Malema dikteer word nie, maar ook aandadig is aan sy optrede.
“Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, is nié in beheer van die land nie. Die ANC is, het pres. Jacob Zuma gister in Sandton op vrae oor Malema gesê.
Die ANC en die regering bestuur die land. Zuma het gesê die ANC het probeer om die ANC-jeugleier te beheer en het besluit om teen hom op te tree toe hulle besef hy raak buite beheer”.
JEREMIA 10:1-25
1 HOOR die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel!
2 So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
3 Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ’n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ’n ambagsman met die byl.
4 Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
5 Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
In Die Afrikaner van 9 tot 15 September 2011 het mnr Mynhard Peters ‘n artikel geskryf oor Otto van Bismarck en die taak van die politiek. Mnr Peters is vir baie jare bekend vir sy belesenheid en politieke insig en getuig hierdie artikel dan ook daarvan. Enkele opmerkings verdien wel kommentaar.
Inderdaad is die vertrekpunt van enige beredenering oor die politiek die beginsels waarop ‘n mens staan soos mnr Peters dan ook duidelik uitwys. Dit is vanuit ‘n beginselbasis wat politieke aksies oorweeg moet word. Word sake vanuit ‘n nasionalistiese beginselbasis beredeneer, is sekere opsies in die politiek onmoontlik om te bedink. Die “kuns van die moontlike” moet immers altyd vanuit ‘n beginselbasis beredeneer word, en nie vanuit omstandighede nie.
DA sê oor taal en hoekom hy nie bid
Hierdie artikel verskyn op bladsy 6 van die Beeld koerant van Woensdag 28 September 2011 waaroor die AVP al op ons webblad reageer het. Dit is egter interessant om dit te vergelyk met die geloof van Christene waaruit die Afrikanervolk sy grondslag as gelowige volk gekry, gehandhaaf en gehou het. Die onverskilligheid wat tans heers in ons volksgeledere, saamgelees met ons gebrek aan weerstand teen die ondergrawing van elke Christelike waarde in die voortslepende stryd tussen lig en duisternis, is in skrille kontras met die verhaal van Marie Durand uit die 1700’s!
’n Verhaal van moed en oortuiging. Een van die aangrypendste verhale van Hugenote-lyding, al het dit in Frankryk plaas gevind lank na die eerste Hugenote al hier aan wal gestap het, is die van Marie Durand.
Soos vroeër berig is daar ’n verskerpte aanslag op die Christendom. Dit is nou duidelik dat die grootste opposisieparty (Demokratiese Alliansie) in Suid-Afrika ook die Christendom versaak. Hoewel daar baie Afrikaners is wat daarop aanspraak maak dat hulle christene is wat die DA ondersteun, is dit ’n skande dat hulle die Drie-enige God gelykstel aan al die afgode. Hoe kan ons as Afrikaners enigsins seën verwag in ’n land waar afgodediens hoogty vier?
II KORINTHIËRS 6:14
Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Beeld van 27 September 2011 het die volgende berig:
Die DA sê hoewel die meeste van sy ondersteuners in Tshwane waarskynlik Christene is, sal dit onvanpas wees om Christelike beginsels in dié party se koukus na te streef.
Mediaverklaring
DIE WAPENWET
AS NUGTERHEID SELFS BY SOGENAAMDE “GELEERDES” TROEBEL WORD….
Die Konsepwetsontwerp op Gevaarlike Wapens is nie ’n poging om mense te ontwapen nie, sê dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS).
Malema sê as ek sê skiet die Boer, dan beteken dit nie skiet die Boer nie. Só het die afgestorwe Wimpie de Klerk by geleentheid vir my gesê dat die betekenis van die woord Demokrasie, lankal nie meer beteken wat dit beteken nie omdat daar verskillende vertolkings aangeheg word.
In die “Nuwe Suid-Afrika” het die lig nou donker geword soos wat die waarheid nou die leuen geword het. Mense se moedswillige argumentasie bloot terwille van die vergoeiliking van dit wat ooglopend verkeerd is, het eerder die reël as die uitsondering geword. Nugterheid en redelikheid is ’n luukse wat uiters kosbaar geword het.
Wat die rede ook al is vir die wet wat ter sprake is, is dit mos onvermydelik dat die toepassing daarvan deur onbevoegde en magsbehepte geregsdienaars misbruik gaan word soos die brutaliteit wat reeds die polisie miljoene rande gekos het aan eise vir onregmatige arrestasies, aanranding en so meer.