ROMEINE 4:4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste
EFÉSIËRS 4:28
Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het
EFÉSIËRS 4:31
Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
II THESSALONICENSE 3:10
Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
II THESSALONICENSE 3:11
Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.
Laat U wil geskied soos in die hemel, net so ook op die aarde. AMEN.
KYK NOU OM JOU EN KYK DAN NA DIE GESKIEDENIS! Ja, spreekwoordelik is die Afrikanervolk nou aan alle kante blootgestel aan verskeie vyande wat ons met die banvloek wil tref! Hoewel daar sedert die ontstaan van ons volk aanslae teen ons was, het die Afrikanervolk nog altyd daarin kon slaag om dit of af te weer en waar ons nederlae gely het, weer op te beur en opnuut op te bou wat tot in die grond toe vernietig was. As ‘n nuutgeworde volk, opgegroei binne die beskerming van die geloofsmure wat gevestig was op die vaste fondament van HOM wat die mure van Jerigo van ‘n ongelowige volk kon laat instort sonder dat daar ‘n hand op die muur gelê was, kon ook ons aanslae afweer, uit neerlae opbeur en uit die as uit opbou.
GELOOFSMUUR VAN DIE AFRIKANERVOLK
Die 1961 grondwet het die “geloofsmuur” van die Afrikanervolk beskryf en ook beskerm: In die handleiding Persone en Familiereg van J.D. van der Vywer en Joubert, is daar op bladsy 40 ʼn bespreking van die bepaling van Artikel 2 van die grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 110 van 1983. Maar wat het u en ek gedoen toe die Drie-Enige-God van die Christendom waarin ons Afrikaners geglo en dit so bely het in die 1961 Grondwet van Suid Afrika vervang is met die Almagtige God van die bevolking van Suid Afrika in 1983? Ons ongeërgdheid oor sake van uiterste belang het reeds toe al duidelik geblyk!
Berig in Beeldkoerant wat die gewelddadige optrede van stakers bevestig terwyl die polisie bloot toekyk!
Woensdag 09 Julie 2014
Andries Crosby, regs, met sy haelgeweer.
“Ek is ou skool en nie bang om my haelgeweer te gebruik nie, Boet.”
Andries Crosby van CMS, ’n veiligheidsmaatskappy aan die Oos-Rand, ry daagliks saam met die polisie rond om seker te maak sy kliënte se ondernemings bly veilig tydens die Numsa-staking.
Crosby het Vrydag daad by die woord gevoeg met sy haelgeweer.
Hy was by Victor Holding in Dunswart buite Benoni toe sowat 200 stakers die onderneming aangeval het.
Die staking van Numsa-lede is besig om onberekenbare skade in die yster en staalbedryf in die Oosrand aan te rig. Behalwe vir die verlies aan inkomste omdat besighede en hulle werkers met geweld intimideer word sodat hulle deure nou-al vir meer as ‘n week gesluit is, is daar op verskeie plekke deur die omheinings van ondernemings deurgebreek, die persele se kantore binnegedring en administratiewe toerusting soos rekenaars en algemene administratiewe toerusting ter waarde van honderde duisende rande verwoes.
Met die afsterwe van ds. Hennie vd Merwe in Augustus 2013, oom Janie Meyer in Maart 2014 , dr. Botha en mev. Schoeman in Julie 2014, het die Afrikanervolk verlies gely aan opregte en ware Afrikaners wat in woord en daad deel was van die ruggraat van ons volk.
Die AVP het met deernis teenoor hulle wat agterbly kennis geneem van die afsterwe van mev. Schoeman, die moeder van mnr. Leon Schoeman, voormalige sekretaris van die AVP asook dr. J P Botha, vader van mev Jeanette Koekemoer, voormalige webmeester van die AVP.
Die voorbeelde wat elkeen van hierdie strydrosse nagelaat het om te volg, eerste vir dié naby aan hulle en in wyer verband vir elke Afrikaner in Suid Afrika, is van onskatbare waarde indien jy dankbaar vir en trots is op jou afkoms. Tot aan die einde van elkeen van hulle lewens was hulle lewende voorbeelde van hoe ‘n Afrikaner se samestelling behoort te lyk. Nederig maar doelgerig gelowig en onwrikbaar volksgetrou. Diensbaar aan hulle Godgegewe vaderland en mede Afrikaners, wat uit hulle harte bygedra het van dit waarmee God hulle geseën het.
Ons eer hulle nalatenskap, ons dank God vir wat hulle vir hulle gesinne, familie en ons volk beteken het en ons bid God se genesende krag en vertroosting toe aan elkeen se naasbestaandes. Saam met hulle is die AVP bly dat waar hulle nou is, nie vergelyk kan word met die plek waarvandaan hulle vertrek het op pad na hulle ewige tuiste nie en gun ons hulle die rus in Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.
Aan elkeen van u wat agterbly: Die HERE sal julle seën en julle behoed; die HERE sal sy aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor julle verhef en aan julle vrede gee.
( So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën. (Numerie 6:))
Indien een land teen ‘n ander in oorlog verkeer, spreek dit nie vanself dat elke burger van daardie land in oorlog teen die ander land is nie? Ek sluit nou die Humaniste en Liberaliste uit wat die mening toegedaan is dat hulle teen niemand in oorlog verkeer nie en met alles en almal “vrede” het!
Is u bewus van die oorlog waarin ons verkeer? Die geestelike oorlog? Weet u dat dit ewigdurend is en dat u onwillekeurig opgeroep is tot stryd? Is u verder op hoogte met die feit dat hierdie oorlog tussen twee koninkryke woed en dat u aan een van hierdie koninkryke behoort en dus ‘n soldaat in daardie koninkryk is, opgeroep tot stryd? As jy nie met die een koninkryk is nie, is jy noodgedwonge teen hom en verstrooi jy eerder as om bymekaar te maak!
In MATTHÉÜS 12 verwys Jesus self na die bestaan van hierdie twee koninkryke
Die vraag is, het die Afrikanervolk reeds die wil om te stry verloor? ‘n Baie sinvolle artikel wat op die webblad van Mike Smith verskyn het, het hier betrekking.
Mike Smith's Political Commentary. Where the truth hurts 02 July 2014
Resistance to resistance - Learned helplessness and the psyche of White South Africans
In the history of genocide and atrocities we often see people not fighting back. Whether it is the Nazi holocaust, Stalin killing 20 million Russians. Mao killing 70 million Chinese in his “Great Leap Forward” or the Hutus massacring the Tutsis in Rwanda…The story is always the same. Millions of people are slaughtered without fighting back or even fleeing to improve their situation. Rather it seems as if they simply accept their fate. The same can be said of people in Communist hellholes such as North Korea and the former GDR. Sure some tried to escape and were successful. Most of them probably wanted out, but stayed even if the opportunity was there to escape. Why? It is a question I have often battled with, because it is difficult for a sane mind to grasp the psychology of the victims of atrocity.