Psalm 8
“wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.” (:5&6)
Ons lees in hierdie gedeelte hoedat die psalmdigter God se grootheid beskryf en in verwondering hieraan kom die nietigheid van die mens na vore. Dawid besef dat God wel die mens as die kroon van God se skepping gemaak het om oor die aarde te heers volgens God se opdrag, maar in vergelyking met die skeppingswerk van God is die mens maar net ‘n stofdeeltjie.
‘n Gedeelte soos hierdie waarin ons lees dat God die mens maar ‘n weinig minder gemaak het as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon het, is gewoonlik ‘n gedeelte wat ‘n mens laat goed voel oor die wese van die mens. Dit is egter gedeeltes soos hierdie wat maklik uit verband geruk word deur dwaalleraars om die mens te verhef as ‘n Opperwese wat nie meer afhanklik is van God nie, maar soveel eer en heerlikheid ontvang het dat die mens die REG gegee word om vir God voor te skryf. Die dwaling van humanisme veroorsaak soveel ellende omdat hierdie dwaling die mens verhef as ‘n wese wat gelyk is aan God en dus veroorsaak dit die waansinnige gedagtes dat die mens maar God kan voorskryf in Sy Raad.
MEDIAVERKLARING
Die AVP maan F.W. de Klerk en sy hele kabinet van 1990 wat nog in die lewe is. Gedenk Sodom en Gomorra. Die aanhoudende stelling dat wat Suid Afrika nou het en is, is beter as voor 1994, met die strekking dat dit beter as tydens die apartheid era was, is geesvernietigend en dra die kiem van die ewige dood.
Dit was Lot se vrou wat omgekyk het na die brandende Sodom en Gemorra en ‘n soutpilaar geword het! As die voorblad van die Sowetan van Dinsdag die vyfde Mei 2015 met dik vet letters dit uitbassuin: Students sex Spree shock, verwys hulle na die kulminasie van die versaking van beginsel en beleid met die Godsuitdagende gesindheid wat tot die vernietiging van die twee stede en hulle algehele inhoud gelei het. Die tekens daarvan is reeds duidelik in Suid Afrika sigbaar!
Wisselkoers op Maandag 4 Mei 2015:
EenBritse pond = 18,2343 Suid Afrikaanse Rand
Een Amerikaanse Dollar = 12.0575 Suid Afrikaanse Rand
Dit was mnr. Willie Marais, voormalige en laaste bevoegde leier van die Herstigte Nasionale Party, wat intussen ook net ‘n beweging geword het, wat by herhaling verduidelik het: Op die Internasionale politieke terrein is die benadering dat Indien iemand iets het wat jy wil hê maar wat jy nie kan bekostig nie, moet jy hom net bankrot kry en dan kan jy daardie kommoditeit op ‘n bankrot vandisie teen jóú prys aankoop.
In terugskouing is dit presies wat met Suid Afrika gebeur het.
Suid-Afrikaanse Rand volgens Wikipedia, die vrye ensiklopedie se ontleding bevestig grootliks die AVP se standpunt.
Die Rand is die geldeenheid van Suid-Afrika sedert die republiekwording en desimalisasie in 1961, toe dit die Suid-Afrikaanse Pond vervang het. Die naam is afgelei van die Witwatersrandgebied, Suid-Afrika se skatkamer van minerale rykdomme.
JUBEL, AFRIKANER!
Hábakuk 3:17-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
Ons as kinders van God Drie-enig het die verantwoordelikheid om ons ondernemings teenoor Hom na te kom en daardeur vir die wêreld rondom ons ‘n boodskap uit te dra.
Ek kan aan min geleenthede dink wat meer geleë sal wees om tydens Hemelvaart hierdie jaar (14 Mei 2015) aan ons ondernemings gehoor te gee en na te streef om aan die wêreld ‘n kragtige boodskap uit te dra.
Lukas 23:33-49
In die gelese gedeelte is daar vir ons drie getuienisse sigbaar, nl. die getuienis van Jesus Christus as volmaakte Lam geslag vir sy kinders wat in Hom glo en die getuienis van die twee kwaaddoeners wat saam met Hom gekruisig was.
Ons fokus gewoonlik op die getuienis van Hom wat gekruisig is, maar vergeet maklik dat hierdie getuienis en aanvaarding daarvan die begin van my verantwoordelikheid is om ook ‘n getuienis te lewer. Die twee kwaaddoeners wat saam met Christus gekruisig was, het in hul laaste lewensure ook elkeen ‘n getuienis gelewer, alhoewel die een nie ‘n positiewe getuienis was nie. Die een kwaaddoener se gesindheid was eie aan die omstanders en die massa se mening en gesindheid van versmading en veragting en spot van Christus. Hy versoek Christus in die gedeelte deur sy woorde in vers 39 “En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.” Hy gee dus te kenne dat hy dalk in Christus sou glo, afhangend van wat Jesus vir hom sou kon doen, al dan nie. Hy wou ‘n voorwaarde daarin stel waaraan voldoen moet word alvorens hy sou glo dat Jesus die Christus is en mag het om te verlos.
Suid-Afrika dien as skouspel van die mens se dwaasheid om die leuen te glo dat jy vry sal wees wanneer hy van God en Sy verordeninge kan wegvlug. Die realiteit is egter dat laasgenoemde eerder jou verlorenheid as jou vryheid sal waarborg.
Die satan en sy bose trawante wat die aardbodem bewandel het met groot sukses daarin geslaag om by mense die illusie te skep dat hulle vry sal wees daar waar hulle onafhanklik van God is en van Hom ontvlug het. Hierdie leuen is lynreg in stryd met die mens se totale afhanklikheid en hunkering na God as jou Verlosser en Helper wat regdeur die Skrif verkondig word. Ps. 139:7&8:”Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!”
Die beste alternatief tot die bose se beskikking is dus om God se verordeninge te probeer verbreek ten einde hul “vryheid” daar te stel, aangesien selfs die bose weet dat die aarde en die volheid daarvan aan God behoort en dat daar nêrens heen gevlug kan word om van Hom af weg te kom nie. Ps. 2:2&3:”Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!”
EUTHANASIA
http://www.news24.com/MyNews24/Euthanasia-How-is-this-even-a-debate-20150430
Ek wou ‘n kommentaar lewer op bogenoemde artikel wat sy verskyning in een van die bekende dagblaai gemaak het, maar die hoeveelheid onsinnighede wat in hierdie artikel kwytgeraak word, laat ‘n mens rondskarrel na waar jy eintlik moet begin.
Dit is duidelik uit hierdie artikel dat die skrywer enigsins die bestaan van God erken deur sy uitlating dat “enige geloofsargumente totaal irrelevant en sonder meriete is.” Dit sou dus vir sinneloos wees om met die skrywer van die artikel in ‘n argument betrokke te raak, aangesien alle bewys wat ek uit die Skrif sou haal sal volgens hom “irrelevante bewyse” wees.
Ek voel myself egter geroepe om hierdie kwessie meer breedvoerig te bespreek – veral ter wille van jongmense wat dalk in onkunde nie die verkeerdheid hiervan kan insien nie, aangesien hulle gedurende hul skoolloopbaan so oorspoel word met die kettery van menseregte dat dit bes moontlik vir die meeste jongmense na jou goeie reg lyk om die besluit te neem om jou eie lewe te beëindig.