1 Petrus 1:3-12
Dit is maklik vir ons om vandag hier te sit en in ons harte onsself te verhef oor ons saligheid en hoe ons ten minste die moeite doen om ‘n erediens te hou terwyl die wêreld daarbuite vergeet van Hemelvaart.
Alhoewel ons byeenkoms voorwaar verkwikkend vir ons siel is en aangemoedig behoort te word onder mede-gelowige volksgenote, is dit nie ‘n geleentheid wat ons moet gebruik om ons teen die wêreld te beroem nie. Ons lees sommer in die eerste vers van ons gelese gedeelte(:3) dat ons wedergeboorte (m.a.w. ons ware geloof in Christus Jesus) aan ons geskenk is deur die Vader in Sy grote barmhartigheid. Dit is vir hierdie geskenk dat ons as gelowige volksgenote in Jesus Christus vandag byeen is om ook die God en Vader van onse Here Jesus Christus te loof en te dank.
Ons lees in vers 4 dat hierdie geskenk ons kinders en derhalwe ook erfgename maak wat ‘n onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry. Hierdie erfenis word vir ons bewaar in die hemele in die krag van God deur die geloof tot die saligheid. Wanneer ons die omvang van hierdie geskenk in oënskou neem, besef ons opnuut dat ons geloof waarlik ons kosbaarste besitting is – ja, selfs baie meer kosbaar as goud. (:7).
Die AVP herdenk vandag die hemelvaart van Jesus Christus saam met elke Afrikanergelowige en behoort dit nie te versaak omdat ‘n ongelowige heidense regime dit van die kalender verwyder het nie!
EFESIERS 4:8-10
8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
9 Maar dít: Hy het opgevaar — wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
Die inhoud van die artikel wat hieronder volg, hou gevaar in vir Christenkerke wêreldwyd! Uit ‘n nuusbrief van die Berean Call, blyk dit dat die moontlikheid bestaan dat kerke in Amerika gedwing sal word om die praktyk van Sodomie, wat deur die Bybel as ‘n gruwelike sonde veroordeel word, te aanvaar en selfs sulke huwelike te bevestig.
Kan daar dan nog enige twyfel bestaan waarom die huidige wêreld vernietig sal moet word?
DEAR CHURCHES IN AMERICA: PREPARE TO BE TREATED LIKE 1ST CENTURY CHRISTIANS IN ROME
The United States Supreme Court may soon liberate the biblically conservative church from old "prejudices" that should have long ago been "jettisoned," forcing it into "rightly bowing to the enlightenments of modernity," in the words of a recent writer in The New York Times.
Homosexuality must be removed from the "sin list" and...traditional marriage proponents must be forced "to do things they don't want to do." Sadly, this crusade will be like the Marxist "liberation" movements that promised to "free" people, but really were about control and suppression.
Pous Francis, hoof van die Rooms-Katolieke kerk, het die afgelope week die verstommende uitlating teenoor Italiaanse skoolkinders gemaak dat "many powerful people don't want peace". Hy het verwys na die "industry of death" wat bestaan en dat mense in magsposisies "live off war".
Dit is verstommend omdat die pousdom daarvoor bekend is dat dit die Joods-beheerde magte klakkeloos napraat en is uitlatings soos hierdie, wat die waarheid is, 'n rare verskynsel komende uit die Vatikaan.
Dit het egter nie daarby gebly nie. Hy het voortgegaan en gestel dat die wapen industrie agter elke oorlog in die wêreld sit:
"This is serious. Some powerful people make their living with the production of arms and sell them to one country for them to use against another country”.
Daar is groot bohaai nav. die koms van 'n islamitiese 'geestelike' wat wou kom preek in
die Al Fourqaan-moskee in Eindhoven. Die Lys Pim Fortuyn het dit ernstig bevraagteken en eis dat die Burgemeester vra beantwoord wat hierdie party op 28 April vir hom gestuur het.
Ons het 'n interessante vraaggesprek in die Nederlands gehad met mnr. Tjerk Langman 'n kommissielid van die LPF.
"Meneer Langman kunt u de lezer uitleggen wat er nu eigenlijk aan de hand is?"
"In Eindhoven staat een Salafistische moskee genaamd: Al Fourqaan. Dit 'gebedshuis' is in het verleden al meerdere malen in het nieuws gekomen i.v.m. radicalisering, ronselen van moslim jongeren en contacten met diverse terreurorganisaties zoals Al Qaida en de Hofstadgroep waar ook Mohammed B (de moordenaar van cineast Theo van Gogh) lid van was. Nu is deze moskee wederom in opspraak gekomen.
Mnr Jaap Marais het tysens sy leeftyd by herhaling klem daarop gelê dat die Afrikanervolk se selfrespek herstel moet word. En nie om dowe neute nie. Hy het presies geweet wat die gevolge sou wees van 'n volk wat in 'n skuldkompleks en 'n toestand van selfverwyt verkeer.
Reeds in Mei 1984 verklaar hy soos volg:
"'n Volk kan hom nie gedurig in die beskuldigdebank van die geskiedenis laat stel nie. As hy dit doen, kan hy nie reg wees nie. Sy lewe is gedoem tot selflikwidasie. En dit is wat hulle van ons wil hê: nie met wapengeweld nie, nie met konvensionele oorlog moet ons verower word nie, maar in 'n sielkundige proses waarin ons onsself sal likwideer in ons vertwyfeling aan onsself".
In Januarie 1996 stel hy:
"Solank Afrikaners ... hulle skaam vir (apartheid) ... sal hulle gebuk gaan onder 'n skuldbesef wat alle selfrespek en volkstrots sal onderdruk".
Kort voor sy dood in 2000 verklaar hy:
"Om Afrikaners se selfrespek te herstel, moet hulle tot die besef gebring word dat hulle nie hul vryheid weens slegtigheid verloor het nie, maar deur verraad".
Dit moet die grap van die jaar wees! 4,000 Blanke boere wat van hulle plase afgedryf is waarvan net 300 oorgebly het , gaan finansieel vergoed word, berig die Zimbabwe Herald.
Mugabe se Zanu PF regime het aangekondig dat hulle binnekort $5 per hektaar huur gaan begin invorder van die 245,000 nuwe swart boere wat nou die blanke plase beset, om die blankes wat sedert 15 jaar gelede met die goedkeuring van Mugabe en sy regime met geweld van hulle plase verdryf is, te vergoed.
Van die 300 blanke boere wat oorgebly het word steeds bedreig en van hulle eiendom afgejaag sonder dat hulle toegelaat word om enigiets saam te neem! Indien blanke boere daarop gaan peiltrek, sal die teleurstelling waarskynlik ewe groot wees as met die verlies van hulle eiendom. Om opgewonde te raak oor enige belofte wat hierdie ras uitspreek, gewoonlik sonder die berekening van die haalbaarheid daarvan, is in die lig van die kennis van hulle betroubaarheidsrekord, onverantwoordelik! (AVP)
Zimbabwe
Mugabe govt introduces 'land rentals' to pay back white farmers