Per definisie is ‘n hinderpaal ‘n obstruksie of belemmering wat voorkom dat ‘n doelwit bereik kan word. Dit is ‘n presiese beskrywing van die DA, VF+, Solidariteit, en Afriforum se politiek met betrekking tot voortbestaan in geregtigheid in ons land. Hul verklarings in die media betreffende die grondgryp wetgewing is ‘n openbaring in oortreffende trap van naȉwiteit. Die baanrekord van die ANC die afgelope 30 jaar was nog altyd om die een ding te sȇ, en dan die ander te doen. Lippetaal in die opebaar ter wille van fatsoenlikheid en ‘n agteraf geknoei om die teenoorgestelde te verwesenlik.
MNR. BERT SCHOUWSTRA: "EK VOLG MY HART, PROBEER OM NABY MYSELF TE BLY, DIE SWAKKES VAN DIENS TE WEES EN TEEN ONREG TE VEG"
Geagte leser. Ons het die genoeë gehad om 'n interessante onderhoud in Nederlands te voer met mnr Bert Schouwstra, wat, benewens 'n rubriekskrywer by 'Elkeen sy Eie', ook 'n toegewyde
Christen is en patriotisme hoog in die vaandel staan het. Die skrywer het vir ons gesê dat hy sekerlik nie gekant is teen die Party vir die Vryheid nie, en die afgelopen verkiesings vir mnr Martin Bosma gekies het. Hyself noem dit 'n weloorwoeë stem.
Ps. 22:1-32: “Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.” (:23).
’n Naam is een van daardie dinge wat ons dalk verniet ontvang, maar die waarde daarvan is bykans onberekenbaar. Luister gerus na die getuienis uit die mond van die wyse koning Salomo in hierdie verband. 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.” (Spr. 22:1). Dit is een van daardie dinge wat moeilik is om in stand te hou en maklik om te vernietig. ’n Goeie naam word gevestig en in stand gehou deur volgehoue goeie optrede en besluite terwyl dit deur slegte en verkeerde optrede vernietig word. Daar is nie alleen ’n persepsie van ’n persoon in ’n naam opgesluit nie, maar ook ’n verwagting. En hoe groter die verwagting daarin, hoe groter die naam.
Ek wens dat die DA en VF+ dit ook met ‘n eerlike hart sou kon bely. Hul nuwe verduideliking is dat die nuwe grondroofwet eintlik niks verander aan die vorige grondroofwet nie. Die vraag is nou, as dit so is, waarom dan die nuwe wet? Wat ook in die debat gemis word is dat grondroof al ‘n geruime tyd in Suid-Afrika plaasvind. Plakkers plak op jou plaas of eiendom, en bestaande wetgewing maak dit vir jou finansieël onmoontlik om hulle verwyder te kry deur regspraak, wat aansienlike jare kan voortduur.
Hy kon sy oë nie glo toe hy die ontdekking van sy lewe gemaak het nie. ‘n Vertikale gat in die grond, propvol gevul met die heerlikste sade. Dit het hom vervul met vreugde dat selfvoorsiening nie meer een van sy bekommernisse hoef te wees nie. Hy het dadelik begin om homself te oorvreet, dag vir dag, terwyl die vertikale gat al dieper geword het. Die gat was later so diep dat hy glad nie meer kon uitspring nie, want die wande van die gat was glad en dig gemessel, om te voorkom dat die graan nie bederf kan word nie.
Die sigbare nalatenskap van De Klerk en elkeen wat vir hom gestem en hom ondersteun het, saamgelees met die media wat hulle propagandamasjien was! No checks on imbalances for more than thirty years!!!!
Menere van die media, moet nie vergeet dat julle ge-ywer het vir die verandering waarvan die gevolge se resultaat voorspel was en julle doof en blind voortgestrompel het tot dit wat nou in hierdie artikel gekritiseer word!! Erken dit ‘n slag ruiterlik en kry julle selfrespek terug vir sover as wat dit moontlik is!!
NOG 'N TEKEN VAN INEENSTORTING IN SUID-AFRIKA SE RYKSTE STAD. (Businesstech 2Feb. 2025)
Johannesburg, Suid-Afrika se ekonomiese kragstasie, toon kommerwekkende tekens van ineenstorting, met sy verbrokkelende brûe wat nou by die lang lys van mislukte infrastruktuur aansluit.
Matt. 6:19-34: “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donk erheid is, hoe groot is die donkerheid nie! Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (:22-24). Geliefdes, hier het ons te make met een van daardie baie reguit stellings wat God maak. Hy praat nie hier deur gelykenisse of beeldspraak nie, maar onomwonde stel Hy dit – “Julle kan nie God én Mammon dien nie!”. En hoe nodig is dit nie dat hierdie boodskap hard en duidelik in ’n sekulêre en materialistiese wêreld verkondig word nie. Ja, ook onder ons volk waar hierdie materialisme aan ons kom kleef het, is dit nodig om hierdie boodskap duidelik aan te hoor.